Jump to content

Besig om te dink oor OZ


jacquesd

Recommended Posts

Hi daar

Ons is nog besig om the dink oor die hele OZ ding.Julle weet mos.die een dag is jy so positief, dan die volgende dag voel jy so bang dat jou lewe slegter af gaan wees daar doer onder. ens ens,

My naam is Jacques(40 jaar jonk), en ek is in die IT bedryf met ondervinding in spesifiek die petroleum rigting.(Nasionale vulstasie stelsels).My vrou Trudie(39) is deel van die meublement by SARS(die ontvanger) vir omtrent 20 jaar.My twee dogters is 10 en 13, en een van my groot redes om hier weg te kom.Ons bly in Bloem, en alhoewel dit hier baie veiliger is as in Gauteng ens, is hier nie werk nie.

Ek is ook al deur 'n gedwingde BEE proses, wat my net geld gekos het. En om my eks partner te probeer opskroef wat hoog in die heersende party is, is onmoontlik.Die AA maak dit ook onmoontlik om enige toekomsplanne te maak hier.

In die forum klink dit vir my hier, of eerder daar onder, is almal meer positief en meer gemaklik, en het baie minder stress!!!

Ek sal met my elektrisien kwalifikasie kan inkom op 'n 136(hopelik), en dan kyk wat gaan aan.

Is dit die moeite werd on 'n agent te gebruik?Ek wil nie hulle bypass, en dan met probleme sit, of nie 'n visum kry nie.Wat dink julle??

Dankie

jacques :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

hi daar

Welkom. ;)

Sien niemand het nog ge-reply nie, so pos maar gou. Jy is op die regte plek! :ilikeit:

Jy sal nie spyt wees as jy emigreer nie, mits julle kan aanpas en sonder die 'bekende' kan doen. Vir meeste mense gaan dit dadelik beter of na 'n jaar gaan dit heelwat beter en dan kyk jy net vorentoe.

As jy wil bespaar, isdit nie nodig vir agent nie. Vra als wat jy wil vra op die forums. :blink:

Sterkte.

Bianca

Link to comment
Share on other sites

Hi daar en sterkte met julle dinkery oor OZ. Ek sien jy se jy is nou in IT, maar wil ingaan as electrisien- Jy sal net baie fyn moet trap as jy jou ding self gaan doen - ek ken nie die reels uit my kop uit nie, maar weet daar is 'n dinge soos onlangse of redelike onlangse ondervinding in'n spesifieke trade voor hulle jou gaan help. Die agente is baie goed om dinge in Engels te formuleer wat dit goed laat klink. Maar as jy van 'n agent gebruik maak, lees eers op die forum voor jy 'n agent kies. Hier was al baie positiewe en ook minder goeie goed oor mense se ondervings met spesifieke agente gese.

Link to comment
Share on other sites

HI ,Ek stem saam met Pixi so ver ek weet moet jy vir die afgelope 4 jaar in die trade wees waarvoor jy apply.

O ja ,baie welkom hier by die forum

groete,christelle

Link to comment
Share on other sites

Hi Daar,

Welkom op die forum, hierdie is die regte plek waar jy beslis al jou antwoorde gaan kry!

Ons is omtrent in dieselfde bootjie, my man het net sy eie besigheid en ons bly in die Kaap, dit maak die redes hoekom mens gaan effens moeiliker. Ons het nie die crime van Gauteng nie en ons sukkel nie met BEE of daai dinge nie.....dis maar 'n baie moeilike besluit en elke ou moet SELF daai besluit neem.

Oor die agent: Ons het 'n afspraak gemaak net om uit te vind waarvoor ons kwalifiseer ens. Het R 600.00 betaal vir die afspraak, maar sal dit vir enige een aanraai. Hulle kan vir jou net daar en dan sê hoe en vir wat jy moet/kan aansoek doen. Dan kan jy nogsteeds die hele proses self doen. Dit spaar baie tyd en onnodige stress deur met so ou/vrou te praat. Die mense wat ek verseker kan aanraai is:

HITCHCOCK & ASSOCIATES

Australian Migration Consultants

131 Riboda Street

Murrayfield

Pretoria 0184

Tel: 012 803 5660 or 012 803 5280

Fax: 012 803 0895

E-mail: hitchpk@worldonline.co.za

www.hitchcock.com.au

Die vrou se naam is Pauline Keys en sy sal jou in die regte rigting kan stuur. Ons het met die MD Cecil Bass in Kaapstad vergader, hy kom so elke nou en dan hiernatoe vir sulke afsprake. Sy (Pauline) sal vir jou een kan reël as julle wil.

Hulle het 'n baie goeie reputasie en is al 20 jaar in die bedryf. Gaan gerus op hul website en vind bietjie meer uit.

Daar is 'n groot tekort aan IT mense sover ek verstaan.....net gedog ek noem dit. Sterkte met al die groot besluite en pm of mail gerus as daar verdere vrae is.

Mooi bly,

Helena G :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Hi daar !

Ek sit ook nog in SA, maar het darem klaar gedink, ek WIL gaan !

Moenie vir 'n oomblik huiwer nie ! Dis amazing om jou motor enige tyd en ook snags, in die straat te parkeer en nie elke 5 min uit die venster hoef te loer of dit nog ok is nie !

Ek was vir 3 weke in Melbourne en het my hart heeltemal verloor !

Groete

Cristel :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...