Jump to content

Afrikaans oppad na Perth


m&sdeklerk

Recommended Posts

Hallo almal

Is al 'n rukkie bedrywig op die forum, en vandag besluit om my formeel voor te stel. My naam is Salomè de Klerk(36) my man is Martin(42) en het twee kinders Shani(8) en Martin(12). Ons proses het 2 weke gelede begin met die inhandiging van al ons dokumente by 'n agent.

Die emosies ry maar woes wipplank maar ons is oortuig ons neem die regte besluit. Ons is tans besig om ons besigheid te verkoop en hoop om teen die einde vd jaar oppad te wees(weet nie of ek oor optimisties is nie!).

Ons doen aansoek v 'n besigheids en 136 visa(as ek reg is). My man is gekwalifiseerde "Die & Toolmaker" en is wel op die lys. Ons kan nog nie besluit of ons dadelik 'n besigheid wil koop of eers vir my man 'n werk moet soek nie???

Wil graag hoor van mense wat of oppad is of reeds in Perth is. Ek wil asb weet of enige iemand my kan raad gee oor die skole en voorstede?.

Ek dink die forum is briljant! en het my al op baie maniere gehelp. Kan enige iemand (jammer as dit die 700ste keer is!!) vir my 'n aanduiding gee van hoe ingewikkeld/moeilik die engelse toetse is? Wat is die beste manier om op dit voor te berei? Het die Boek en CD gesien/geluister maar wil graag by iemand hoor wat dit fisies onlangs al afgelê het bv. gee hulle 'n mens genoeg tyd met die ''comprehension test''?

Jammer maar ek stres vooruit!!

Baie dankie byvoorbaat

Groete

Salome dK

Link to comment
Share on other sites

Hallo, en welkom by die forum.

Kyk bietjie na die volgende 'links' vir meer info oor Ielts, daar is ook tips:

http://www.ielts-test.com/

http://www.ielts-test.com/news.htm

http://www.aesa.org.uk/ielts-english-test.html

http://www.ielts.org/_lib/pdf/Information_...es_May_2006.pdf

dalk is dit als ou-nuus :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Bianca

Baie dankie vir die inligting- die ielts sites het ek reeds bekyk maar die ander nog nie, lyk of ek daar hulp gaan kry.

Groete Salome de Klerk

Link to comment
Share on other sites

Hi Salome

Welkom by die forum, dis die plek waar jy alles kan leer van immigrasie hoor. Dit hou mens nogal besig , maar ek leer elke keer iets. :ilikeit:

Jy moenie stres nie, dit is 'n lang proses en mens se emosies ry wipplank. My man het ook sy eie besigheid hier, maar ons gaan die besigheid toemaak. Hy het besluit om eers vir iemand te gaan werk, en sal dan na so jaar of wat weer sy eie besigheid begin. :ilikeit:

Sterkte met julle aansoek. Ons gaan die 24 ste Februarie vir ons Engelse toetse. Hoop maar dit is nie te erg nie. Ons doen ook aansoek vir PR 136.

Raad vir julle ...... :ilikeit: Wees geduldig baie geduldig. :whome:

Groete

Sheila2oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Salome!

Ek het met 'n vriend van my gepraat. Hy het al die Engelse toets gedoen en ek wou ook weet hoe dit is...

Volgens hom is dit regtig maklik.

Hulle wil maar net kan sien of jy kan engels praat.

Daar is mense wat by die toetse opdaag wat net gebroke engels kan praat en baie sukkel.

So - dit behoort regtig nie 'n probleem te wees vir julle nie.

Die toets bestaan uit die volgende:

Oral: jy moet met hulle ('n persoon) gesels oor 'n onderwerp - soos 'n oulike boek wat jy gelees het, ens. Hulle neem die gesprek op 'n bandopnemer op terwyl julle 'n gesprek voer. Hulle lei die gesprek en sal die onderwerp noem waaroor julle gaan gesels.

Listening: hulle speel 'n CD vir jou en vra na die tyd vrae oor dit waarna jy geluister het wat jy op 'n papier neerskryf.

Reading: Hulle gee vir jou 'n stukkie om te lees en vra jou ook paar vrae daaroor.

Writing: Dis weer soos op skool waar jy 'n opstel moet skryf oor 'n onderwerp, asook 'n Brief of 'n Complaint. Ek dink jy kan kies uit hierdie 3 watter 2 jy wil doen.

En dit is dit!

Hulle wil jou maar net aan die gesels kry en hoor of jy darem Engels kan praat as jy in Aus aankom. :ilikeit:

My vriend het ook genoem dat die voorbeelde wat hulle op die IELTS website wys, wel is wat hulle vra.

Dis goed as julle daarna kyk.

Hoop dit help.

Lekker dag!

Link to comment
Share on other sites

Hi Sheila

Baie dankie vir die verwelkoming- ons toetse is die 31 Maart jy moet my ASB!!! laat weet hoe dit was. Ek probeer my bes om nie so vlak asem te haal nie!!!

Daar is soveel ander dinge wat nou om my gebeur met die besigheid en ander eiendom wat verkoop/verhuur moet word, dat my kop stilstaan. Ag maar ek wil nie net kla nie, ons is almal gesond en het besluit ons gaan dit ons grootste avontuur nog maak. (Was al met 'n daktent 9000km deur Namibie!!

Mense soos jy wat moeite doen om kennis en raad te deel maak dit SOVEEL beter!

Lekker week- en hoop jy draf die "ingels" sommer tjop-tjop kaf!

Groete Salomè

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...