Jump to content

Afrikaanse Kerkdiens in Brisbane


Rialet

Recommended Posts

Hallo Almal

Ek het vrooer hierdie week hierdie e-pos van ons predikant van die Mansfield Reformed Church in Brisbane ontvang en plaas dit graag op die forum vir diegene wat sal belangstel:

Die Kerkraad het op 'n vergadering gehou 28 November 2006 besluit om voortaan een maal per maand, op die eerste Sondag van die maand beginnende 4 Februarie 2007, 'n Afrikaanse uitreikdiens in ons kerkgebou te hou om 4.00 nm.

Ons wil graag alle Afrikaanssprekende persone wat 'n geestelike tuiste vir hulle en hulle kinders soek nooi om hierdie dienste by te woon.

Ons nooi hulle ook om ons Engelse Gesinsdienste (9.30 vm) en Kontemporere dienste (7.00 nm) of meer Konserwatiewe dienste (5.30 nm) by te woon.

Hulle is meer as welkom om hulle kinders by ons Engelse Sondagskool (tydens die Gesinsdienste) te laat inskakel. Ons maak voorsiening vir kinders vanaf 4jr-15jr. Die 13-15 jariges funksioneer as selgroepe en het van tyd tot tyd interessante avontuur uitstappies.

Almal van 16j en ouer is welkom om by selgroepe van hulle eie keuse in te skakel of selfs om selgroepe te stig (ek fasiliteer die proses deur opleiding ens). Selgroepe funksioneer in die taal van die lede se eie keuse.

Ons will ook graag persone in nood ondersteun deur 'n professionele beradingsdiens wat tot hulle beskikking is, as 'n uitreikbediening van ons kerk (Good News Counselling). Die diens is in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Ons is baie entoesiasties oor hierdie besluit, en will graag ons beste gee om hierdie dienste aangename geestelike groei ervarings vir ons besoekers te maak.

Ons wil hierdie projek graag na die beste van ons vermoe aanpak, en sal ons deur die toekoms laat leer. Ons gemeente is nie in gewoontes of onnodige strukture vasgevang nie, maar funksioneer ordelik en volgens Bybelse beginsels, en in lyn met ons missie (Mattheus 28:19).

Alle Afrikaanssprekendes wat 'n geestelike tuiste soek is meer as welkom! Kom asb self, en nooi jou nuwe Afrikaanse vriende saam!

Ons lidmate is in die saak geken en is ernstig oor kerkwees... die Here is vir hulle belangrik en die Here se mense ook!

Ons gesels weer... indien julle enige vrae het... praat asb.

Vir meer inligting oor Mansfield Christian Reformed Church, besoek asb ons webwerf (www.freewebs.com/mansfieldcrc).

Groete In Christus

Dr. Johann Eloff (Predikant van Mansfield Christian Reformed Church)

Groete

Rialet

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...