Jump to content

Staproetes


LariV

Recommended Posts

Het enigiemand dalk vir my inligting oor staproetes in julle areas? In Namibië het ons al die Visrivier gestap. In SA die Strandloper, Otter, Tsitsikamma, Fanie Botha en nog 'n paar ander. Sal interessant wees om te weet wat Australië het om aan te bied in vergelyking met SA. :D

Link to comment
Share on other sites

Jy sal nooit genoeg tyd hê vir al die staproetes in Auz nie! Net in Namadji park in ACT alleen is daar meer as 20 dagroetes wat jy ook kan kombineer as jy langer wil stap. Daar is die Australian Alps roete wat ek dink 7 dae of langer is en strek van Victoria, deur NSW en eidig in ACT. En dan kan jy nog met 'n kaart en kompas jou eie roete stap in enige van die natuur reservate, en daar is baie! Ons spot daaroor, maar waar daar nie 'n dorpie of 'n plaas is nie, moet jy weet dit is 'n natuur reservaat.

Hoop julle sien baie uit!

Riana

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...