Jump to content

THIS SATURDAY GET TOGETHER


HouseInOz

Recommended Posts

Afrikaanse Klub Australië - 10 Jaar Feesviering

Die AKA vier hierdie jaar sy 10 de bestaansjaaren ons nooi almal hartlik uit om dit saam met ons te vier. Die herdenking van die groot mylpaal vind plaas op 9 Oktober 2010 in Runcorn, Brisbane.

Hier is die finale reëlings vir die dag – ons sien werklik baie daarna uit om almal saam met ons te hê, en die dag saam met ons te geniet.

Dit beloof om groot pret te wees!!!

Datum: Saterdag 9de Oktober

Waar: 3 Nathan Road, Runcorn

Tyd: Vanaf 12:00 tot laataand

Parkering: Parkering sal beskikbaar wees op die terrein en aanwysings sal gegee word by die hek. Parkering is gratis!

Publieke Vervoer:

Runcorn trein stasie is loop afstand van die terrein waar ons die fees hou. Die stasie is op Brisbane Central – Beenleigh lyn en is 30min van Central Stasie af. Daar is treine elke 30 minute – vir volledige trein tye gaan kyk asb. op www.translink.com.au

Kaartjies Kaartjies sal slegs by die ingangshek te koop wees:

$10.00 per volwassene

$5.00 per kind onder 14 jaar (Kinders onder 5 jaar gratis)

Daar is baie plek en ons verwag 1000+ mense. Elke persoon wat betaal kry ‘n bandjie wat aan die gewrig gedra word vir die dag. Die bandjie moet asseblief aan die gewrig gehou word vir die hele dag, sodat ons beheer kan uitoefen oor mense wat daar hoort en mense wat sommer van die straat af inloop en ons pret wil bederf.

Bring asseblief kontant saam vir ingangskaartjies en ander inkopies – daar is nie ‘n kitsbank op die terrein nie.

Program vir die dag

12:00 Hekke maak oop en die dag begin amptelik !!!

12:00 – 17:00 Stalletjies open vir verkope van allerhande kos en produkte

14:00 – 16:00 Musiek optredes deur:

Porseleintrein (Devon, Zander en Werner)

Raymond Koen

Michelle Kyper

13:30 – 16:30 Springkastele en gesigverf vir die jongspan

14:30 – 16:00 Boeresport met aktiwiteite soos sakresies, eiergooi, hoenderhaanskop, kruiwastoot, driebeenresies, bokdrol spoeg

16:30 – 17:30 Boeremusiek deur oom Vic en sy trekklavier

16:00 – 17:30 Braaiers en kole reg om te braai

18:00 – 21:30 Hoofvertoning van die aand met optredes deur:

Camel Horse

DOZI

Stalletjies Ons het reeds 25 stalletjies bevestig – onder andere:

Kosstalletjies

Vetkoek en maalvleis

Pannekoek

Kerrie en rys,

Boereworsrolle

Koffie

Koeldranke en water (Geen drank of bier sal verkoop word nie maar “BYOâ€)

Tuisgebak met eg SA - Beskuit, Melkterte, Koeksisters en sommer baie meer

Boerewors, droëwors en biltong

Suid-Afrikaanse produkte

Skilderye

Handgemaakte items

Braai benodighede

En vele meer

Vir diegene wat nog belangstel om stalletjies te hê op die dag, kontak asb. vir Enid Walker op epos:walkerinoz@optusnet.com.auof sel: 0421 585 142

Braai- Daar sal braaiers met kole voorsien word vir die mense wat ‘n vleisie wil gaar maak. Vure sal vanaf 16:00 reg wees – ons vra dat julle probeer klaar braai teen 17:30 sodat almal hulle sitpleke kan inneem vir die hoofvertoning wat 18:00 afskop.

Bring Saam:

Stoele en tafels– onthou asb om julle eie stoele en piekniek tafels te bring of piekniek kombers. Die dag is “BYO†of in Afrikaans, “bring jou eie bierâ€. As jy ‘n klein afdakkie of ‘gazebo’ het, kan dit ook opgeslaan word – ons sal vir julle plek gee aan die buitekant van die veld waar die optredes gehou gaan word.

Kos, vleis en drinkgoed. Onthou daar is kos te koop vir die mense wat nie wil braai nie.

Sonbrandolie / sambrele– ons glo dit gaan ‘n mooi dag wees – maar beplan maar vir sonskyn of bietjie reën !!!

Vertel en nooi asseblief julle vriende saam – ons wil graag almal daar hê om van die dag ‘n sukses te maak !!!!!

Vir meer inligting oor die groot fees en beplanning van die dag, kontak Ben Prinsloo, Klubvoorsitter byben@afrikaans.org.au

Groete,

BenPrinsloo

namens die AKA Bestuurspan

www.Afrikaans.org.au

Link to comment
Share on other sites

How about a reply to this? We will be there! (The girls hats have blue and green dots and are the same. My hat is beige.)

Link to comment
Share on other sites

I hope it's a regular thing to have get togethers/events like this, en ook dat ons tweede taal mense mag ook dit geniet! :blush:

Link to comment
Share on other sites

Dear HouseInOz,

Unfortunately, we won't be able to attend the day, but will do next time! Enjoy it!

Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

  • 6 years later...

Would it not be possible to delete some of these very old and irrelevant posts?

Link to comment
Share on other sites

  • Mara unpinned this topic

@Bonny I have now unpinned this topic, so it will fall to the bottom of the pile, eventually. There is nothing to stop you starting a new topic, if you wish to arrange a new get-together! If you do, let me know and I will pin it for you!

 

In general, we do not delete any posts off the forum, in this case there is nothing that warrants it being deleted, it just had to be unpinned.

Edited by Mara
Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Thanks Mara

 

Makes sense. Btw Pippa & I have been friends for about 12 years now and I see her about twice a month, so the old post was bugging me! Haha :)

 

 

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

@Bonny interesting.. please give Pippa my regards when next you talk to her.

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...