Jump to content

MariusVW: Ons begin nou met die proses


Marius VW

Recommended Posts

Hello Almal,

Ek is Marius van Wyk en ek het gister by die forum aan gesluit. Ek en my gesin het amper 8 jaar in Europa gebly (amper 2 in Engeland en amper 6 in België - amper maar nog nie stamper....) en het verlede jaar terug gekom na SA met die idee om hier nes te skrop vir die toekoms. Helaas, na 9 maande terug is ons vuis voos met die probleme in SA (wil nie te diep in gaan nie - ek dink meeste mense op die Forum is bewus van wat ek bedoel).

My vrou Liezel het einde verlede jaar haar graad as Primere Onderwyseres gekry aan Unisa en ons het besluit om die groot stap te neem na Australië toe (kinders se toekoms, Liezel se career, veligheid ens., ens.)

Ek sal graag in die volgende paar maande vir 'n week Sydney toe wil gaan om met van die ander Suid Afrikaaners daar te ontmoet, raad te kry, rond te kyk, ens. Enige voortselle (van watter aard ookal) sal waardeer word.

O ja, ek en Liezel het 'n dogtertjie Belisa (2 jaar en 2 maande) en ons seuntjie Dylan sal so rond einde April se verskyning maak (ons ken hom nog net van die Sonar en 3D af)...

Dis ek en my gesin in 'n nutshell...

Groete, Marius

Link to comment
Share on other sites

hi daar, dink ons ken mekaar! het pm gestuur.

Link to comment
Share on other sites

Hi marius en Hellenastiger

Weet julle van die koffie club wat nou binne kort in centurion gehou word. Ek glo nie julle wil dit mis nie. Kyk in die begin van die forum onder koffie club julle sal al die info daar kry.. Hoop om julle daar te sien.

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...