Jump to content

Helenastieger: Laat waai SA


Helenastieger

Recommended Posts

Hallo almal daar buite!

Ons gesin het ook maar lank gevat voor ons regtig besluit het nou is dit genoeg ons gaan vir ons 'n ander blyplek soek. So, rou is ons rou. Ons het darem al so ver gevorder om ons visum aansoek deur middel van 'n agentskap te laat instuur. Hopelik sal alles binnekort afgehandel wees en kan ons ook in Oz wees teen Julie 2007. Hou duim vas almal van julle asb dit sal darem baie lekker wees om almal van julle te ontmoet as dit moontlik is.

Ons gesin bestaan uit myself, Gustav en Cara(8), Annike(6) en Phillip(5). Ons is nog nie seker waar ons gaan woon nie maar ons kyk na Melbourne of Perth. Hang af waar Gustav werk kan kry. Hy is in IT en is ook sommer 'n baie baie goeie programeerder. :ilikeit:

Ek geniet alles wat julle skryf en het al baie raad gekry oor wat om volgende te doen.

Dankie almal

Helena :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Welcome, and if you need any info about Melbourne, just ask!

Link to comment
Share on other sites

Hallo Mara

Baie dankie ek sal beslis van jou aanbod gebruik maak sodra dinge vir ons meer seker begin lyk.

Groetnis

Helena

Link to comment
Share on other sites

Dagsê!

My naam is Salome en ons het ook nou onlangs met ons proses deur 'n agent begin. Wil net hoor, deur wie werk julle? Het by iemand verneem die agent waardeur ons werk, is 'n nagmerrie???

Op die stadium sit my hart in my skoene oor die vriende en familie wat ons moet agterlaat maar ons het finaal besluit genoeg is genoeg! Ons het nog nie geldige rede om te begin bekommer oor ons papierwerk nie maar ek wonder of mens hul iewers kan aangee indien dit voel asof hulle onnodig draai??

Sterkte v julle vorentoe.

Groete

Salome

Link to comment
Share on other sites

Hallo Salome

Jong ons het vir Celeste Enslin by Enslin & Associates gebruik. Hulle kantore is in Melbourne. Hulle is regtig baie goed vir ons het sy het elke keer vir ons laat weet wat om volgende te doen. Van wie maak julle gebruik. Ek dink 'n mens kan agente by "MARA" (www.themara.com.au) aangee. Dalk is daar iemand anders wat ons nog meer inligting kan gee.

Sterkte met die proses.

Helena

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Helena

Baie dankie vd inligting, ons agent is in JHB hou gereeld seminare in Rustenburg- ek dink ek moet die proses seker eers kans gee!? Ek dink net voorsorg is beter as nasorg.

Geniet jou week.

Groete Salome

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...