Jump to content

457 visa approved, net 11 dae geneem!!


Aneldari

Recommended Posts

Hi!! :)

Wel, soos topic title sê, ons 457 visa is vandag goedgekeur!!!!!!! :ilikeit::ilikeit::ilikeit:

Datums:

12 Jan: visa gelodge

23 Jan: visa goedgekeur

Kan dit nie glo! Dis seker 'n rekord. Ons moet nou net ons paspoorte laat stamp, dan wil ons via IOM vliegkaartjies bespreek, sal laat weet wanneer is vliegdatum.

Daar's nog soveel om te doen hier... :thumbdown:

Maar sal seker daar deur kom.

Groete vir eers,

Aneldari :lol:

Link to comment
Share on other sites

Hi Aneldari

Het julle die VISA online gelodge? Watter dokumentasie moes julle saam stuur?

Was die werkgewer alreeds goedgekeur as 'n sponsor?

Link to comment
Share on other sites

Hi Tanja

Baie dankie, hou duim vas vir julle s'n!!! :D

Hi Swerwer

Ja, ons het visa online gelodge.

Ons is mos onderwysers. Die skool wat Johan gesponsor het, het al voorheen iemand gesponsor, dus was hulle al geregistreer om dit te doen. Die hoof het die nomination gelodge en dit het omtrent so 2 dae geneem voor dit goedgekeur is. Intussen het ons seker gemaak dat als reg is aan ons kant, alle dokumente gescan en so aan.

Die nomination is 10 Jan goedgekeur en ons het ons visa die 11de Jan gelodge.

Ons het die volgende dokumentasie (certified copies) online gestuur:

- Beide van ons se kwalifikasie sertifikate in Afr en Eng

- Beide van ons se police clearances

- Beide van ons se skills assessments

- Beide van ons se unabridged geboorte sertifikate

- Ons unabridged huweliksertifikaat

- Paspoorte (afdrukke)

- Johan se CV

- Johan se werkskontrak

- Employment references van Johan

Ja, ek dink dis dit.

Ons wil graag more ons paspoorte na VFS toe neem dat dit gestamp word.

Groete

Aneldari :)

Link to comment
Share on other sites

Dankie Aneldari

Link to comment
Share on other sites

Baie geluk! Julle gaan in dieselfde rigting/omgewing waar ons graag wil gaan :) - hoop ons sien julle daar eendag.

Wanneer begin jou man te werk / trek julle? sjoe -so baie dinge so vinnig! :D

Laat weet hoe als verloop.

Bianca x

Link to comment
Share on other sites

Good on ya', Aneldari!

I dont think I've heard of anyone quite getting a 457 together in 11 days before???

P.S. the school year started yesterday for teachers in South Australia. The kids rock up for school next week :)

Link to comment
Share on other sites

Ja dit moet 'n rekord wees. Baie Geluk!

Sal net graag wil hoor hoekom julle Police Clearance & Unabridged geboortesertifkate & Skills assessments moet saam gestuur het? Gewoonlik is die goed nie nodig vir 457 visas nie.

Wanneer het julle dan medicals gestuur?

Link to comment
Share on other sites

Dit is fantasties, ons 457 (sponsord) is ongeveer 10 Januarie 2007 gelodge deur Hamilton Watss en ons is die 15de in kennis gestel om te gaan vir ons medicals (het toe die 19de gegaan).

Dit is ook vir my snaaks van die dokumente ons het net my dogtertjie se unabridged geboortesertifikaat, afskrifte van ons paspoorte en gewone huwelikssertifikaat gestuur.

Groete

Link to comment
Share on other sites

ek dink mens moet verkieslik al daardie dok's deurstuur vir onderwys (polisie-klaring is altyd nodig, asook skills assessment vir registrasie in die provinsie/state).

Link to comment
Share on other sites

Bianca jy is reg.

Onderwysers moet gewoonlik met 457 visa aansoek aantoon dat hulle "eligible' sal wees om te kan registreer by die relevante "Teaching Boards" om sodoende dan weer te mag skoolgee. Die Onderwysrade vereis 'n Polisie Klaring wanneer jy registreer en jy ook moet Noodhulp en die "Mandatory Child Protection" dag kursus doen sodra jy land in Australie. Dit is in elk geval goed om alle dokumentasie reg te kry sodat mens dadelik aansoek gedoen kan word vir bv. 'n "sponsored" RSMS permanente visa wanneer jy begin skoolgee.

Link to comment
Share on other sites

Hi

I.v.m. die dokumentasie: Ons het alles gehad en dus het ons sommer als saamgestuur. Soos Riaan sê moet onderwysers bewys kan lewer dat hul "eligible" is om te kan skool gee. Dit is waar die skills assessment inkom. Ek't iewers om die forum gelees dat dit nie so erg is om nie unabridged geboorte sertf. saam te stuur nie. Maar soos ek gesê het, het ons dit gehad, so why not.

I.v.m. Medicals. Ons het raad gekry dat ons sommer dadelik nadat ons die 457 visa gelodge het, afsprake kry vir die medicals en nie eers moet wag voordat hulle vir jou sê om te gaan nie. Visa is mos 11 Jan gelodge, het sommer daardie selfde dag vir die dokters by Hatmed (Hatfield) gebel vir afspraak, kon al die volgende dag (12 Jan) gaan. Ek het ook vroeër 'n posting daarvan geplaas. Ons medicals is al Maandag die 15 Jan na Sydney toe gekoerier en toe ons 22 Jan kyk is die meds al daar en ruk daarna is visa goedgekeur (dieselfde dag).

Lekker daggie verder vir almal!!

Groete

Aneldari

Link to comment
Share on other sites

WOW !!! :D:lol::(:ilikeit:

BAIE, BAIE GELUK!

Ons is so bly vir jou en Johan!

Weet julle al wanneer vlieg julle?

Ek wens ons was al in julle posisie!

Sien julle by die coffee club en daarna seker in SA (South Australia) !!

:ilikeit::ilikeit:

Groete

Werner en Renee

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...