Jump to content

Sommer net nonsense op 18 Januarie 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Op uidnodiging van Riekie, plaas ek my nuutste skrywe. Dit word gewoontlik aan familie en vriende in RSA gestuur. Ek probeer ons daaglikse wedervaringe in die nuwe land op 'n humoristiese wyse weergee. As iemand aanstoot neem, sê my asb. Dit is maar my manier van skryf en nie almal hou partykeer van wat ek sê nie. Ek vloek gereeld maar probeer darem myself sensor. Maar, partykeer moet ek net sekere dinge bekragtig en daar is geen beter manier om dit te beskryf nie. Ek is ook nog maar dom met met die webtuiste en druk nog die verkeerde knoppies. Hier gaat hy.

Sommer net nonsense op 18 Januarie 2007

Hoe vinnig kan dinge net nie verander nie.

Sondag kry Annatjie ‘n oproep van iemand, oor iemand, wat iemand in die kantoor soek. Sy bel. Die ou sê vir haar om Maandag in te kom. Maandag oggend vat ek haar. Wag buite terwyl sy haar onderhoud doen, of so dink ek. Die ou kom uit en stel homself voor aan my. Sê my, let wel, sê my, dat my vrou daar begin werk tot 1 uur. Ek kan haar dan kom optel. Ek is te verbaas om ‘n woord uit te kry. Hy sê toe dat hy hoor ek soek ook werk. Ek seg ja, maar ek is nou op pad na die Couriers toe om te hoor wat hulle wil hê en om my bakkie (Ute) te wys en te hoor of ek hom moet omskakel. Die perd sê toe dat hy ongelukkig alreeds Saterdag iemand nuut in die fabriek aangestel het, maar dat ons weer sal gesels. Ek is toe weg na die Couriers toe. Vrek nuuskierig om te hoor wat gebeur het.

By die couriers gekom gaan sien ek die bemarkings bestuurder. Hy sê toe ja hy het vir my werk maar hy wil nie my bakkie sien nie. Ek vra toe hoekom, het hy dan iemand in sorteer saal nodig? Nee, seg hy. Hy soek my met my stasiewa en al. Ek sê OOOO. Jy kon my met ‘n veer omslaan. By ‘n vorige ontmoeting het hy laat deurskemer dat hy nie my wa op sy erf wil hê nie maar my bakkie. Die bakkie se bak moes omgeskep word in ‘n “traytop with rails” Dan moet hy ook met ‘n gas tenk toegerus word om as ‘n “dual fuel” Ute te operate. Die omskakeling sou my omtrent so R30 – tot so R40 000 kos. Nou was daar geen uitgawes nie want my wa hol mos met gas. Ek moet net ‘n radio laat installeer.

Ek reël toe vir Woensdag vir die instalasie.

Die middag toe ek vir Annatjie oplaai, blink haar oë. Sy vertel. Sy kom in en stel haarself voor aan die perd wat agter die lessenaar sit en wat Peter Whittaker heet. Hy staan toe op en sê vir haar hierdie is jou lessenaar en daar is die telefoon wat sy moet antwoord. Hierdie is my ma, sy sal jou touwys maak. Ek hoor jou man soek ook werk, ek gaan met hom gesels. Die ma wys haar die rekenaar en verduidelik vir haar hoe om in die rekenaar in toe kom en vertel haar wat hulle doen. Die ma help net haar seun uit want hy weet nie meer waar om te vat of los nie. Annatjie sê dit is ‘n “piece of pie” maar dat daar baie agterstallige werk is. Die vorige dame het blykbaar siek geword en toe sy gesond word, kom sy agter dat sy nou aan geheue verlies begin ly en nie maar kan aangaan nie. Sy het blykbaar hier op die laaste die hele boekhou stelsel deur mekaar begin krap.

O ja, soos gewoontlik was Annatjie weer laat en laat my wag tot 1:30 voor sy uitkom. Sy word net vir 4 ure betaal maar sy spook vir 5. So ken ek haar.

Woensdag installeer hulle toe die radio. Werk nie. Moet weer terug. Annatjie probeer my naarstiglik aan die hande kry, maar ek kan nie my selfoon hoor lui nie. Later toe kry ek haar SMS. Die firma waar sy werk het ook vir my werk. Maar te laat, ek het alreeds kontrak geteken. Ek begin Maandag courier te ry. Sal maar sien hoe gaan dit aan.

In elk geval, ek stem toe in om Annatjie se bestuurder te gaan help vir die dag. Dit is Donderdag, natuurlik.

Dit is nou Donderdag aand omtrent 7 uur. Ek tik mos met een vinger. Maar vanaand tik ek met my ander hand ook saam. Hoekom? Want ek is besig om dood te gaan. Laat ek julle manne iets vertel. AS JOU VROU VIR JOU WERK REEL. WEIER DIT. EK SE WEER. WEIER DIT. Hulle het geen benul van werk nie. Ek bedoel, wat weet hulle wat ons manne nou eintlik doen. Sy reel toe mos vir my die job vir een dag om te sien of ek dit laaik.

EK LAAIK DIT NIE. Weet julle wat moes ek doen. Ek moes pakkies opmaak. Die bestuurder het nogal die vermetelheid om vir my te sê “easy, you did this for Christmas” Wat hy nie weet is dat in ons huis Annatjie die opmakery doen. Ek betaal maar net.

In elk geval. Ek moes honderde pakkies in papiere toedraai, seël en op ‘n palet sit. Na ‘n uur was ek natgesweet. Ek sien Annatjie loer om die hoekie, maar sy kom nie naby my nie. Want sy weet, ek sou haar vloek dat die see haar nie kan afwas nie. Sy het seker kom kyk hoekom haar anale posterior al die tyd kramp. Ek het haar al begin verwens na 5 minute. Elke bleddie pakkie weeg 18kg. Ek sê weer. 18 KILOGRAM. Dit is wat my neefs se groot lammers weeg. Dra jy ‘n bietjie 18kg lammers rond vir ‘n paar ure en sien hoe voel dit. Ek eet nooit weer skaapvleis nie. Enige iets wat 18 kilogram weeg wil ek nooit weer in my lewe sien nie. 10 uur, toe sê ek vir die bestuurder perd. “I will only work until 1 o clock. I don’t intend to die in this warehouse. I paid a lot of money to come to Oz” Annatjie sê my later, hy kom by haar en sê toe hy dink ek gaan liewer die courier besigheid aanvat as om hier te werk. Tel julle seëninge boys. Die lekkerste plek op aarde was in Munitoria in die teekamer. Enige ander plek moet jy jou vrek werk.

Is my job nog oop?

“Moral of the story” 1. Moenie dat jou vrou vir jou ‘n werk reel nie. 2. Pik en graaf is harde werk. Baie beter om agter jou graad of diploma weg te kruip. 3. Hou wat jy het.

4. Drink op my kêrels, ek gaan nog dooi in die land waar jy jou eie arbeider is.

As ek dit oorleef gaan ek weer soos Ernie Terminator lyk en aan Robert Redford se gat vat.

Vrou waars my pille, ek kort krag.

Vannag droom ek van pakkies wat my wil insluk. Aan more se opstaan met ‘n seer lyf wil ek nie eers dink nie.

Kom nou net van Murray af. Het sy whiskey gaan uitsuip. Krag en moed nodig vir die dag van more.

Ons kyk toe op TV hoe ‘n perd ‘n uitnodiging aan Melbourne se mense rig, om ter wille van kuns in hul duisende in die straat te kom lê. KAAL. Wat ‘n gesig. Ek en Murray oorweeg nou om iets soortgelyk hier in Adelaide te organiseer. Die organiseerders kry die kans om duisende kales wat mooi is, dikkes, lelikkes, maeres van alle kleure en geure na sy hand te laat dans. Wat ‘n bargain.

Gaat nou lê. Moeg sien. Waars daai Voltarens? ZZZZzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzz

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit::whome: dankie dit was nou lekker! <_<
Link to comment
Share on other sites

Baie nice...

Dit is wraggies baie entertaining

Link to comment
Share on other sites

Jan

Kyk, jy het nou my Saterdag gemaak ;):ilikeit:

Het dit baie geniet, sien uit na die volgende :P:D

L'mari

Link to comment
Share on other sites

Hahahaha...ja well no fine..baie goed..miskien moet jy n skrywer wees... ;)

Link to comment
Share on other sites

;) Hierdie is baie goed en sal defnitief subscribe vir die volgende stories/gebeure.
Link to comment
Share on other sites

Jan

Ek en Liza het nou net so lekker gelag, dat die trane loop. Die kinders vra wat is fout. ;)

Cheers

Carlos & Liza

Link to comment
Share on other sites

Briljant!!!! Hoop daar is nog baie - is meer entertaining as TV kyk!!!

Cheers

Rialet

Link to comment
Share on other sites

Hi daar. Jissie ek en Jaco het nou gelag dat die trane rol. Jy moet meer skryf. Dit sal ons aan die gang hou hier in SA!!!!

Ek sweer as ons ooit in Adelaide opdaag moet ons jou ontmoet! Jy sal enige mens se dag ophelder!

Link to comment
Share on other sites

Dankie Jan Stoof!! (Sal graag wil hoor hoe jy by die naam uitgekom het)

Ek het nou so gelag dat die trane loop. Hie-ha!!

Wag nou vir Part 2.....

Tania

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...