Jump to content

heyjlpl: In die proses om die groot stap te neem


Heymanse

Recommended Posts

Hi daar almal!! Ek en my man en twee kinders (14 & 11 jaar) is nou al 2 jaar besig met die groot proses, genaamd immigrasie. As dit nie was vir die verskriklike dik pakke vorms wat ek moet invul nie, sou ons seker al lankal in Oz gewees het. :rolleyes: Nietemin, ek het hernieude krag en wil gekry om die dikste van die lot klaar in te vul. As my man net kan ophou om gedurig bevordering te kry, dan sal dit ook nie nodig wees om elke keer sy CV te verander nie!! :ilikeit: Ons het toe ons begin het met die proses gaan aanklop by 'n immigrasie agentskap wat ons tot dusver nog net van groot hulp was en altyd bygestaan het met enige vra wat ons gehad het.

Boonop het hulle ook nog vir my man werk gesoek, maar ons was bietjie skrikkerig daarvoor - sou verkies dat 'n maatskappy hom sponsor. Nietemin, my man is 'n gekwalifiseerde motor en dieselwerktuigkundige en is al die afgelope 15 jaar of so werksaam by 'n vooraanstaande motormaatskappy. Bewens sy ambag (wat ook deur Oz erken word na die nodige dokumentasie ingedien is) het hy ook 'n diploma in Road Transport. Ek is opreg trots op hom - hy het van onder begin in die maatskappy en het hom goed opgewerk en is nou 'n tegniese streeksarea bestuurder.

Hy sê as hy more 'n ordentlike werk kan kry, klim hy vandag die vliegtuig. Nou ja, die hoop beskaam nie, soos hulle sê. As die werk nie na ons toe kom nie, dan sal ons maar na die werk toe gaan. Maar indien daar iemand daar buite is wat wel weet of my man 'n aanwins vir hulle maatskappy kan wees, laat weet maar en ek stuur die nodige inligting deur.

Sien baie uit daarna om met julle te klets. B)

Groete

L

Link to comment
Share on other sites

Hallo en welkom, bly julle het die forum ontdek. :rolleyes:

Ja, jou man se werk is in aanvraag. Soms kry mens nie die bestuursposte vanuit SA nie, en gaan meeste mense op 'n laer posvlak as hul gesponsor word, net om eers daar te kom. MAAR omdat sy werk in aanvraag is, sal hy wel BAIE vinnig vorder sodra hy eers in OZ is en dis so-te sê gewaarborg. Hy sal net makliker dieselfde pos kry in Oz as wat hy nou in SA het, as hy eers daar is.

Sterkte vir julle reelings en dokumentasie.

:ilikeit:

Edited by Bianca.UK
Link to comment
Share on other sites

Hi heyjlpl

If it is a sponsor that you are after, do try http://www.seek.com.au/ you will find lots of jobs here. They do say that you should have residence status, ignore that, just apply anyway.

You can also do a search on http://www.yellowpages.com.au/ the bigger companies all have their websites listed. Email them direct.

Nothing ventured, nothing gained. I know of a number of people who have found sponsors by going the yellow pages route.

Good luck, I hope that everything is easier, from here on out!

Link to comment
Share on other sites

Hi Mara,

Thanks for the tip. Will certainly make use of the two websites. Am eager to get out of here as soon as possible.

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal!

Ons is ook nog nuut in die proses en los alles om die forum te lees! Dis wonderlik dat mense in vandag se "rat race" tyd maak om ander te help.

Uit ander se vrae is baie van my eie reeds beantwoord-alhoewel dit nie help met die onsekerheid nie! Ons het omtrent twee jaar terug besluit om ook Aust toe te gaan. Ons is in die proses om ons besigheid hier in Rustenburg te verkoop, as dit eers gefinaliseer is,is ons pad vorentoe oop!

Ons het laas week ons dokumente na die agent gevat en uit ons eie vd IELTS toetse bespreek-gedink hoe vroeer hoe beter. Het aansoek gedoen v besigheids en ambag visa omdat ons nie seker is of ons besigheid daar wil koop of eers vir 'n baas gaan werk nie. My man is 'n gekwalifiseerde "Die & Tool Maker" en is op die lys.

My grootste bekommernis is die hulp en bystand wat Afr kinders in die skole kry?? My seun is 12 en my dogter is 8.

Dankie vir die saam gesels.

Groete

Salome de Klerk

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...