Jump to content

Trekboer: Hi almal


Trekboer

Recommended Posts

Hallo aan almal.

Ek lees al 'n geruime tyd die forum en vind die inligting van onskatbare waarde. Ek voel sommer tuis na die hartlike verwelkomings epos wat ek van Riekie ontvang het.

Ek, my vrou en twee seuns (6 en 9 jaar oud) oorweeg dit baie sterk om die groot stap te neem. Ons woon in Centurion. Ek is arbeidsaam in die akademie en my vrou is 'n sielkundige.

Ons was gedurende November 2006 op ons "LSD trip" na onder andere, Perth, Melbourne, Brisbane en Sydney. Ons was mal oor Perth maar dit blyk dat daar meer geleenthede is aan die ooskus.

Om die waarheid te sê het ons baie getwyfel na die besoek. Twee weke terug in SA het egter meeste van die twyfel soos mis voor die son laat verdwyn.

Ek glo dat so 'n groot skuif geleentheidsgedrewe en nie uit nood gebore moet wees nie. Daarom neem ons 'n langtermyn benadering om te verseker dat ons op die geleenthede daar sal fokus eerder as die negatiewe drukfaktore hier.

Ons is tans besig om al die dokumentasie reg te kry vir ons PR (136) aansoek en hoop om dit teen die middel van die jaar in te dien. Ons het reeds die IELTS toetse afgelê en al die ander vragte dokumentasie bymekaar gekry. Dit lyk asof ons maar weer SAPD klaring sal moet verkry aangesien die huidige klaring alreeds 4 maande oud is.

Is daar enige afsny of keerdatums vir inhandiging gedurende 2007?

Ek sien uit daarna om kennis te maak.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Welkom!!

Net gou 'n nota, moet nog nie aansoek doen vir SAPD klaring nie, dit is net 9 maand geldig. Visa aansoeke kan tot 2 jaar vat vir goedkeuring en is dus risky om dit vooraf te doen. Beste is om te wag laat DIMIA dit request van jou saam met jou medicals.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Welkom.

Julle het die regte houding. Geniet dit en sterkte.

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Welkom, Trekboer. Nog een van Centurion? SJOE! :unsure:

Link to comment
Share on other sites

En die huispryse se reuse styging beur maar net voort al emigreer die helfte van al die inwoners.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...