Jump to content

neanderthal: OlA!


neanderthal

Recommended Posts

Dag mense!

Ek is baie mooi gevra om myself voor te stel aan die forum deur 'n ene Riekie. Dankie vir die verwelkoming Riekie.

Ek het op hierdie forum afgekom toe ek op soek was na kerke in Australië wat grotendeels in Afrikaans bedien, of dienste in Afrikaans het. My belangstelling spruit voort uit die feit dat ek teologie geswot het, begin het met 'n Meestersgraad en nou gaan opskop. Ek het 'n breuk nodig en dinge lyk op hierdie stadium vir my bietjie duister in SA. So toe besluit ek om bietjie rond surf op die web en te kyk hoe dinge lyk in Oz aangesien ek daaraan dink om later in die jaar daar 'n draai te maak.

Wat ek op ander forums afgelei het maak my baie belangstel in die hele fenomeen van Suid-Afrikaners oorsee. Ek was by verskeie forums, en het met verskeie "expats" gesels. Was onder andere ook op die RSA-O forum en CESA (laasgenoemde was ek nie mal oor nie). Die hoofredes waarom ek wil oorgaan is basies om 'n ander kultuur te ervaar en terseldertyd ook bietjie te sien hoe SAners oorsee vaar.

Wel dis my storie in kort. Sien uit daarna om tyd hier te spandeer.

Groete

Link to comment
Share on other sites

welkom Neanderthal

hoop jy geniet dit hier op die forum.as jy genoeg rond krap sal jy sien hier is darem redelik baie suid afrikaanse kerke.ons is hier in kalgoorlie wes australia en hier kom so 1 x n maand n suid afrikaanse dominee van perth wat vir ons n dien in afrikaans kom gee.

http://www.parc.org.au

sterkte vir jou

christelle

Edited by christelle
Link to comment
Share on other sites

Daar is 'n Afrikaanse kerk in Sydney! :ilikeit: Waarheen in Aus is julle oppad?

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...