jaxmvr Posted January 15, 2007 Report Share Posted January 15, 2007 Hi daarHierdie is wonderlik vir sommer 'n vinnige ete en mens kan selfs 'n "ommelet aand" hou soos 'n pizza aand waar elke gas sy eie ommelet optower:Vat 1 Ziploc sakkie (hoop mens kry so iets in Aus)Breek 3 eiers daarinVoeg melk bySeel sakkie (maak seker al die lug is uit) en skud tot alles gemeng is.Maak sakkie oop en voeg enige lekker iets by (My gunsteling is uie, green pepper, gebraaide sampioene, bacon, peppadews en mozzarella, sout, peper en knoffel) en seel weer die sakkie.So kan elkeen sy eie een optower. Sit 'n pot op die stoof met so helfte water en bring tot kookpunt.Sodra water kook sit die geseelde ziploc sakkies daarin en kook vir so 14 minute.Siedaar, mens het sommer gelyke tyd vir almal lekker ommelette sonder die pan skoonmaak agterna. Eet net dadelik anders trek dit water. Ons gesin eet dit ten minste een keer 'n week en dis sommer gesond ook (so sonder die bottertjies julle sien, veral as mens die bacon ook uitlos, maar dis boring) Probeer dit gerus en laat my weet wat julle dink. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Mara Posted January 15, 2007 Report Share Posted January 15, 2007 What a wonderful idea! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
catz Posted January 15, 2007 Report Share Posted January 15, 2007 Klink lekker... gaan dit definitief probeer!!!Caro Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Michelle Posted January 15, 2007 Report Share Posted January 15, 2007 Sjoe ja ek kan juis nie 'n omelet maak sonder om dit te flop nie. Sal dit definitief probeer! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.