Jump to content

Jan Stoof: Hallo van 'n Palooka


Jan Stoof

Recommended Posts

Jammer as ek die verkeerde knoppies druk. Ek is 'n ou perd wat baie nuwe dinge moet aanleer en aanvaar. Party dae, vrek moeilik. My seun was altyd my IT man, maar nou is hy vêr en ek moet alleen opsnork. So, ek probeer maar. 'n Vriend van my, in Kanada, het my aangespoor om hier aan te sluit en deel te neem. Ek en my vrou is al 8 mde in Adelaide en bly by my dogter en haar Ossie man. Moeilik, vrek moeilik. 'n Ou hond leer nie maklik nuwe tricks aan nie, maar glo my die perd leer daagliks. Wat ek mis is die nonsense praat om die braaivleis vuur, met egte hout, en 'n Koos Wye Voete in die hand. My dogter se skoon familie het ons in hulle boesem in geneem, maar hulle humor is 200% anders as ons ou Afrikaansw perde sin. Maar ek leer, ek praat al glad deur my tande en binnensmonds en ons verstaan mekaar. Ek moet nog net leer om my "r'e" weg te gooi. Mag 'n ou die blokkie volskryf? My eerste probeerslag, hier gaat hy.

Link to comment
Share on other sites

Gelukkig - wat nie doodmaak nie, maak sterk :ilikeit: Ek glo natuurlik enige verandering maak mens 10 jaar jonger. Om daagliks nuwe goed te leer hou net jou brein aan die gang - dit is die beste manier om langer te lewe met 'n beter lewenskwaliteit!

Welkom & sterkte!

Elize (nog nie geland nie, wag in spanning, is een van die dae in Oz)

Link to comment
Share on other sites

Hie hie...dis magic blokkies die Jan...hoe meer jy skryf hoe meer spasie het jy so jy kan maar skryf tot jy moeg is..ek bewonder julle omdat julle kans sien om so laat in te spring en nog steeds te leer...hou so aan

Link to comment
Share on other sites

Hallo Jan

Goed gedaan met jou eerste poging! :) Jy moet glad nie bekommerd voel oor 'verkeerde' knoppies of so nie - my ma-hulle het nou eers Internet leer bemeester (hulle vorder goed!), maar party dae gaan dit maar nog effens sukkel-sukkel en dan moet ek of my sussie vir hulle verduidelik dat dit klap! Hoe meer 'n mens dit oefen, hoe beter, so sien saaustralia as jou eie persoonlike oefenblad!

Baie welkom op die forum - dis lekker om nog 'n stem uit Adelaide te hoor. As jy bietjie rondsnuffel op die forum, sal jy sien hier's baie SAfrikaners wat hulle reeds gevestig het of oppad is om hulself te vestig in Adelaide.

My sussie en haar man, asook ek op my eie, is in 2007 oppad Adelaide toe. Die plan is dat ons my ouers gaan sponsor sodra ons kan (so GOU as moontlik) sodat ons gesin weer almal saam is. My ouers kan nie WAG om in Oz te wees nie. ...Kanse is lyk my goed dat ek opland met my eie Aussie man :D:P , so dalk gaan my ouers, soos julle, ook opland by hulle dogter en haar Australiese wederhelfte! :D

Sien uit om jou weer raak te loop op die forum...een van die dae sien ons mekaar in Adelaide!

Groete

Liza B)

Edited by kangaroo
Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Hi Jan - Ek, my man and ons twee kinders is nou net 5 weke in Adelaide, en ons net tot nou toe NET Suid-Afrikaaners ontmoet! Ons 'social-life' was beslis nie so besig in Pretoria nie. :PB):D Daar is nogal baie van ons, jy hoef nie jou Afrikaans nou al te vergeet nie. Al is ons Engels-sprekend, kom ons nog reg in Afrikaans (well, sort of). In any case, hoekom wil jy jou aksent verander? Die meeste mense wat ons ontmoet hou baie van hoe ons praat :D al kyk hulle ons eers so 'n bietjie skeef aan. :)

My oupa van presies 80 jaar oud moes nou die dag e-mail and Skype leer, en hy is so oulik, hy stuur vir my boodskappies en bel op die Skype al! Hy weet nie eers waarvoor die 'caps-lock' knoppie is nie, so alles is maar in 'lower-case' maar ek hang nog steeds aan elke woord!

Moenie alleen voel nie, ons kan enige tyd almal saamkom vir 'n geselskappie! Se maar net die woord...

B

Link to comment
Share on other sites

Hallo Jan, Welkom! :DB):P

Wat het mense in SA nodig om Skype te hê? Is dit duur? Is gewone dial-up Internet genoeg?

Ek weet ek sal dit hierdie kant kan regkry, maar die kostes daai kant is die belangrikste, en of dit moeilik :) is, ens. Ouers kom ook daar met die tegnologie so stadig aan en dit maak die verlang minder! :D

Link to comment
Share on other sites

Hi Bianca,

Nee, dis nie duur nie. Jy betaal nie iets sover ek weet nie, jy gaan net op die internet en download dit. My man het ons sin gedoen, ek kan hom altyd vra om vir jou te mail en te verduidelik....

ons het permanente internet konneksie, ons het R 2000.00 betaal om dit te installeer maar betaal net om en by R 240.00 'n maand vir ons internet. Dit werk baie duurder uit as mens 'n landlyn het, dan is dit soos om 'n oproep te maak elke keer wat mens "onl og". Die permanente konneksie is BAIE goedkoper en mens kan soveel keer "on log" - die kostes bly dieselfde.

Dis baie maklik om te werk ook, weet nie of jy dit ken nie?

PM my as my man jou moet verduidelik.

Mooi bly,

Helena G :)

Link to comment
Share on other sites

Dankie Helena!

Kan jy dalk laat weet wie jou verskaffer is (pm/email my - kyk op my username) - en kan mens dan gratis oproepe in SA maak - landlyn? Ek dink om my ma-le te help om dit in die hande te kry en dalk deel te betaal....., hulle het soveel probleme met hul internet (en kan nie self oplos, dan word dit 'n pyn eintlik), en sal graag deur Skype wil kommunikeer en so aan.

Dankie baie! :)

Bianca

Link to comment
Share on other sites

Dankie aan almal wat so fluks gereageer het. Ja, Elize, dit hou die grysstof besig. Ek skryf so 3 weekliks 'n nuusbrief aan vriende en familie in RSA oor my wedervaringe in Oz. ExASP, dankie, glo my dit vat aan 'n ouerige persoon om te "chop en change" Kangaroo jy sal 'n man hier kry. RSA se meisies is baie mooier as hier. Jy sal gesog wees. Persoonlik glo ek vandag nog dat die mooiste meisies uit Bloemfontein kom. Askuus as ek aanstoot vir ander dorpe se meisies gee. Alle RSA meisies sal altyd mooi bly. Bronwyn, dankie. Soos die tyd aanstap kan ons families nog in mekaar vasloop. Bianca in Uk. Ek Skype amper daagliks met familie in RSA. Partykeer is die beeld hakkerig as die lug vol is. Daars miljoene wat Skype. Ons praat heel gemaklik en dit is relatief goedkoop. Maar, dit bly lekker as die foon lui en jy hoor 'n bekende stem aan die anderkant. Iets waaroor ek wonder? Hoekom word ek 'n "Rookie" genoem? Ek neem eksepsie. Lankal opgehou rook. Ha ha. Toemaar ek weet Rookie beteken nuweling of Palooka. Verbeter 'n ou se status hoe meer jy skryf?

Link to comment
Share on other sites

Welkom Jan

Jou status sal verbeter, jy sal net meer, vinniger moet skryf. As julle ooit julleself in Melbourne vind, maak kontak, ek sal die ketel vol hou!

Van een gryskop aan 'n ander!

Link to comment
Share on other sites

Welkom Jan

Jou status sal verbeter, jy sal net meer, vinniger moet skryf. As julle ooit julleself in Melbourne vind, maak kontak, ek sal die ketel vol hou!

Van een gryskop aan 'n ander!

Hallo Mara. Jy herhinner my aan 'n eks kollega met selle naam. Eks minder grys as bles. Dik om die middelrif. proffesionele eter en verslanker. Jammer ek het nie geweet van jou nie. Ek en my vrou was nou die dag in Melbourne. Groete.

Link to comment
Share on other sites

'n Ou hond leer nie maklik nuwe tricks aan nie, maar glo my die perd leer daagliks. Wat ek mis is die nonsense praat om die braaivleis vuur, met egte hout, en 'n Koos Wye Voete in die hand.

Had to chuckle at your effort... good on you, mate! Or should that read, "good for you, boet"... :D

You know that old saying, "a change is as good as a holiday".... too true, too true! :blink:

Link to comment
Share on other sites

Wel Jan, kyk nou net wat jy gemis het...........volgende keer beter jy onthou, want dit word beter, ek het 'n spaar kamer, en vir 'n bottel wyn handig ek soms die sleutels oor!

Link to comment
Share on other sites

Eks minder grys as bles. Dik om die middelrif. proffesionele eter en verslanker.

He-He Jan! :lol::lol::lol: Ek moes nou net eers bietjie lag oor jou eerlikheid wat amper lees soos iets uit hoekie vir eensames!!! Met daai beskrywing weet ek nou nie of jy juis baie vroulike landbouweekblad lesers se aandag sou trek nie, maar hier is jy beslis welkom: "warts & all"! :thumbdown:

Ek kan nou maar net jou ouderdom probeer skat - afgelei uit die feit dat jy getroude kinders het - maar dit sou regtig interessant wees om te weet hoe oud jy is (aangesien ons nou alreeds van die boep en die bles weet..... :(:lol:;) ) Ek dink dit sal vir baie van ons wie se ouers net die gedagte aan so 'n groot stap vreesaanjaend vind, bietjie perspektief en begrip gee. Siende dat jy so fluks huis toe skryf en alreeds jou kommer uitgespreek het oor die moontlik beperking van tik-spasie, kan jy dalk jou ervarings en gedagtes met ons klomp forum verslaafdes ook deel..... Op daai manier kan jy sommer twee vliëe met een klap tref: jy kan ons ou spulletjie bietjie insig gee in die hart en gedagtes van 'n ou perd by vreemde waters en sommer vinnig vorder tot meubestuk status (en van jou "rookie label" ontslae raak! :whome: )

Link to comment
Share on other sites

Welkom in Adelaide Jan,

Ek maak gereeld 'n oordintlike braai met hout ( as daar nie fireban is nie :thumbdown: ). Dalk moet julle een of ander tyd so een kom bywoon, ek het van die medisyne ook :ilikeit:. Dalk so in vroeg Maart want ek gaan eers gou 'n ruk Duitsland toe vir werk tot dan van die Saterdag af. Laat weet maar wat jy dink.

Link to comment
Share on other sites

Ek skryf en skryf en skryf, maar sien niks. Ek ekperimenteer nou om te sien of my briewe ontvang word

Link to comment
Share on other sites

Dit lyk my ek het dit nou gemaak. Sal nou nou sien. 'n Vriend uit Kanada bel my nou die dag en vra my hoekom antwoord ek nie die mense nie. Ek sê toe maar daar gaan niks aan nie. Hy sê toe ek moet na die tweede bladsy toe ook gaan. Maak toe so. Wraggies nog skrewes. Dankie Marius ek sal jou aanvat as jy terug kom. Riekie ek probeer om op my palooka manier om ons nuwe lewe hier op 'n humoristiese manier weer te gee. Ek 56 en my vrou 53. Ons voel soos pioniers. Verlore en bedruk. Dinge lyk nou beter want ons albei begin nou werk na 8 maande. As iemand aanstoot neem oor my stukkies, sorry. Sal dit nie weer aanlas as dit die geval is nie. Kom ons kyk of dit deurgaan die keer. My 4 de poging.

Sommer net nonsense op 18 Januarie 2007

Hoe vinnig kan dinge net nie verander nie.

Sondag kry Annatjie ‘n oproep van iemand, oor iemand, wat iemand in die kantoor soek. Sy bel. Die ou sê vir haar om Maandag in te kom. Maandag oggend vat ek haar. Wag buite terwyl sy haar onderhoud doen, of so dink ek. Die ou kom uit en stel homself voor aan my. Sê my, let wel, sê my, dat my vrou daar begin werk tot 1 uur. Ek kan haar dan kom optel. Ek is te verbaas om ‘n woord uit te kry. Hy sê toe dat hy hoor ek soek ook werk. Ek seg ja, maar ek is nou op pad na die Couriers toe om te hoor wat hulle wil hê en om my bakkie (Ute) te wys en te hoor of ek hom moet omskakel. Die perd sê toe dat hy ongelukkig alreeds Saterdag iemand nuut in die fabriek aangestel het, maar dat ons weer sal gesels. Ek is toe weg na die Couriers toe. Vrek nuuskierig om te hoor wat gebeur het.

By die couriers gekom gaan sien ek die bemarkings bestuurder. Hy sê toe ja hy het vir my werk maar hy wil nie my bakkie sien nie. Ek vra toe hoekom, het hy dan iemand in sorteer saal nodig? Nee, seg hy. Hy soek my met my stasiewa en al. Ek sê OOOO. Jy kon my met ‘n veer omslaan. By ‘n vorige ontmoeting het hy laat deurskemer dat hy nie my wa op sy erf wil hê nie maar my bakkie. Die bakkie se bak moes omgeskep word in ‘n “traytop with rails” Dan moet hy ook met ‘n gas tenk toegerus word om as ‘n “dual fuel” Ute te operate. Die omskakeling sou my omtrent so R30 – tot so R40 000 kos. Nou was daar geen uitgawes nie want my wa hol mos met gas. Ek moet net ‘n radio laat installeer.

Ek reël toe vir Woensdag vir die instalasie.

Die middag toe ek vir Annatjie oplaai, blink haar oë. Sy vertel. Sy kom in en stel haarself voor aan die perd wat agter die lessenaar sit en wat Peter Whittaker heet. Hy staan toe op en sê vir haar hierdie is jou lessenaar en daar is die telefoon wat sy moet antwoord. Hierdie is my ma, sy sal jou touwys maak. Ek hoor jou man soek ook werk, ek gaan met hom gesels. Die ma wys haar die rekenaar en verduidelik vir haar hoe om in die rekenaar in toe kom en vertel haar wat hulle doen. Die ma help net haar seun uit want hy weet nie meer waar om te vat of los nie. Annatjie sê dit is ‘n “piece of pie” maar dat daar baie agterstallige werk is. Die vorige dame het blykbaar siek geword en toe sy gesond word, kom sy agter dat sy nou aan geheue verlies begin ly en nie maar kan aangaan nie. Sy het blykbaar hier op die laaste die hele boekhou stelsel deur mekaar begin krap.

O ja, soos gewoontlik was Annatjie weer laat en laat my wag tot 1:30 voor sy uitkom. Sy word net vir 4 ure betaal maar sy spook vir 5. So ken ek haar.

Woensdag installeer hulle toe die radio. Werk nie. Moet weer terug. Annatjie probeer my naarstiglik aan die hande kry, maar ek kan nie my selfoon hoor lui nie. Later toe kry ek haar SMS. Die firma waar sy werk het ook vir my werk. Maar te laat, ek het alreeds kontrak geteken. Ek begin Maandag courier te ry. Sal maar sien hoe gaan dit aan.

In elk geval, ek stem toe in om Annatjie se bestuurder te gaan help vir die dag. Dit is Donderdag, natuurlik.

Dit is nou Donderdag aand omtrent 7 uur. Ek tik mos met een vinger. Maar vanaand tik ek met my ander hand ook saam. Hoekom? Want ek is besig om dood te gaan. Laat ek julle manne iets vertel. AS JOU VROU VIR JOU WERK REEL. WEIER DIT. EK SE WEER. WEIER DIT. Hulle het geen benul van werk nie. Ek bedoel, wat weet hulle wat ons manne nou eintlik doen. Sy reel toe mos vir my die job vir een dag om te sien of ek dit laaik.

EK LAAIK DIT NIE. Weet julle wat moes ek doen. Ek moes pakkies opmaak. Die bestuurder het nogal die vermetelheid om vir my te sê “easy, you did this for Christmas” Wat hy nie weet is dat in ons huis Annatjie die opmakery doen. Ek betaal maar net.

In elk geval. Ek moes honderde pakkies in papiere toedraai, seël en op ‘n palet sit. Na ‘n uur was ek natgesweet. Ek sien Annatjie loer om die hoekie, maar sy kom nie naby my nie. Want sy weet, ek sou haar vloek dat die see haar nie kan afwas nie. Sy het seker kom kyk hoekom haar anale posterior al die tyd kramp. Ek het haar al begin verwens na 5 minute. Elke bleddie pakkie weeg 18kg. Ek sê weer. 18 KILOGRAM. Dit is wat my neefs se groot lammers weeg. Dra jy ‘n bietjie 18kg lammers rond vir ‘n paar ure en sien hoe voel dit. Ek eet nooit weer skaapvleis nie. Enige iets wat 18 kilogram weeg wil ek nooit weer in my lewe sien nie. 10 uur, toe sê ek vir die bestuurder perd. “I will only work until 1 o clock. I don’t intend to die in this warehouse. I paid a lot of money to come to Oz” Annatjie sê my later, hy kom by haar en sê toe hy dink ek gaan liewer die courier besigheid aanvat as om hier te werk. Tel julle seëninge boys. Die lekkerste plek op aarde was in Munitoria in die teekamer. Enige ander plek moet jy jou vrek werk.

Is my job nog oop?

“Moral of the story” 1. Moenie dat jou vrou vir jou ‘n werk reel nie. 2. Pik en graaf is harde werk. Baie beter om agter jou graad of diploma weg te kruip. 3. Hou wat jy het.

4. Drink op my kêrels, ek gaan nog dooi in die land waar jy jou eie arbeider is.

As ek dit oorleef gaan ek weer soos Ernie Terminator lyk en aan Robert Redford se gat vat.

Vrou waars my pille, ek kort krag.

Vannag droom ek van pakkies wat my wil insluk. Aan more se opstaan met ‘n seer lyf wil ek nie eers dink nie.

Kom nou net van Murray af. Het sy whiskey gaan uitsuip. Krag en moed nodig vir die dag van more.

Ons kyk toe op TV hoe ‘n perd ‘n uitnodiging aan Melbourne se mense rig, om ter wille van kuns in hul duisende in die straat te kom lê. KAAL. Wat ‘n gesig. Ek en Murray oorweeg nou om iets soortgelyk hier in Adelaide te organiseer. Die organiseerders kry die kans om duisende kales wat mooi is, dikkes, lelikkes, maeres van alle kleure en geure na sy hand te laat dans. Wat ‘n bargain.

Gaat nou lê. Moeg sien. Waars daai Voltarens? ZZZZzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzzz

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...