Jump to content

Gesponsor op 457, einde Feb vlieg ons al


Aneldari

Recommended Posts

Hi daar almal!! :holy:

Ek weet ek het nie veel van my laat hoor na die coffee club in November nie :whome: , maar daar het ontsettend baie verwikkelinge gebeur van daardie tyd af. :ilikeit:

Ja ek het nogal GROOT nuus om te vertel. Johan het 'n onderwys pos gekry en die skool het hom gesponsor met die 457 visa :( . Ek's nou juis besig met ons e-application. As als goed gaan behoort ons min of meer einde Feb/begin Mrt al te vlieg!!! Ons is so opgewonde!! Ons het gedink ons sal op die vroegste aan die einde van 2007 kan gaan.

Dit gaan obviously baie dol nou by ons! Het ons huis in die mark gesit en bid dat ons ten minste voor ons vlieg al 'n koper het. Helfte van die huis is al opgepak, met die ander helfte leef ons nog innie huis. Het darem al ons police clearances en al die nodige dokumente vir die visa application.

I would like to thank all the people that helped us so far, Bob, 'Rison', THANK YOU, we couldn't have done without your support. :lol:

Sal jul op hoogte hou van al die gebeure.

Tot later

Tatta

Aneldari :lol:

Link to comment
Share on other sites

WOW dit was vinnig!!!

BAIE, BAIE GELUK! :ilikeit::(:whome::holy::lol::lol::lol::lol::lol:

Ek is so jaloers! :D

Ek hoop daai skool is in of naby Adelaide! :D

Ek is regtig baie bly vir julle part en hou duimvas dat alles sommer seepglad verloop vir julle!

Kan nie wag om die hele storie te hoor by die Coffee Club nie, sien julle daar!

Groete

W

:lol::lol:

Link to comment
Share on other sites

Dis nie "fair" nie !!! :blush:

!!!! Maar baie baie geluk :ilikeit::whome::blink::lol:

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Hi daar almal! :lol:

Het ons nou vir julle ‘n wille week gehad :blink: . Dinge is aan die rol, alhoewel ons nou weer in ‘n wagtydperk ingegaan het ;) .

Opsomming van ons datums:

10 Januarie 2007: Vind uit ons sponsor se nomination is goedgekeur.

10 Januarie 2007: Beide van ons ontvang positiewe skills assessments.

11 Januarie 2007: Lodge ons e-visa application.

12 Januarie 2007: Ontvang automatic notifications om vir medicals te gaan.

12 Januarie 2007: Beide van ons doen ons medicals.

Medicals: Ons het na Dr. Lingenfelder van Hatmed in Hatfield gegaan. Hy is baie aangenaam en uiters professioneel. Omdat ons albei onderwysers is wat met kinders gaan werk, moes ons vir alles gaan. Volledige mediese ondersoeke, chest x-rays, urine toetse en bloedtoetse. Chest x-rays is net om vir TB te toets; bloedtoetse toets net vir vigs en urine vir siektes soos Hepititus ens. Ek sal hierdie fasiliteit enige tyd aanbeveel. Alles het ons net so 45 minute besig gehou. Kostes was glad nie sleg nie, hier is ‘n uiteensetting van ons kostes:

R 375 p.p. – Mediese ondersoek

R 250 p.p. – X-rays

R 117.50 p.p. – Bloedtoetse

R 375 – Koerier alles na Local Clearance Unit (LCU) in Sydney

Ons is 2 persone; dus het dit ons R 1860 gekos. :blink:

Teen Dinsdag (16 Jan) behoort die dokter die uitslae en vorms te koerier. Dit vat so min of meer 3 werksdae. Dan neem dit die LCU sowat 24 uur om dit te prosesseer. Hopelik as niks fout gaan nie behoort die goedkeuring van ons visa nie te lank te vat nie. Sal jul definitief op hoogte hou.

Jul het al seker gewonder oor waarheen ons gaan en hoe als gebeur het. Wel, ons het uitgevind van ‘n pos by ‘n Christen skool. Johan het aansoek gedoen, die hoof het hom gebel, daar is ‘n telefoniese onderhoud gevoer en toe kry hy die werk! Die skool gaan ons nou sponsor met ‘n 457 visa en is ook bereid om ons te sponsor op die RSMS permanent residence visa op ‘n latere stadium. Dit alles het minder as ‘n maand gelede gebeur! :D;)

Die skool is in die plattelandse dorpie Port Pirie, sowat 200 km noord van Adelaide. Dus gaan ons definitief vir al die Adelaiders kom kuier. :ph34r:

Wel, laat ek nou eers gaan...

Groete

Aneldari :(

Link to comment
Share on other sites

Baie geluk! Ek hoop julle is sommer BAIE gelukkig daar!

Wanneer het jou man die eerste keer aansoek gedoen vir die job?

Link to comment
Share on other sites

hi, geluk van my kant af ook. Dalk sien ons julle nog later daar.

Ons wil graag na die kleiner dorpies in South Oz of dalk Vic toe gaan, is maar plattelande/plaas-siele, hoop om daar iewers in rural/regional areas te praktiseer, maar nog 'n lang pad :lol: .

Het jy al foto's van Port Pirie op Internet kon sien?

Sterkte en vertel ons als :lol:

Bianca

Link to comment
Share on other sites

Hi :lol:

Johan het so einde November sy CV vir die hoof van daardie skool gestuur. Begin Desember het die hoof hom gebel en so vinnige 'onderhoud' met hom gedoen. Maar die Board (beheerliggaam) van die skool moes ook saam met hoof 'n formele onderhoud doen. Die telefoniese onderhoud is gedoen op die 11 Desember en so 2 dae daarna het die voorsitter van die Board vir Johan gebel en hom die pos aangebied. Obviously het hy dit aanvaar, die skool het die kontrak na ons toe gefaks en Johan het dit geteken en teruggefaks en siedaar :lol: !!

Ons het al foto's van Port Pirie gesien, baie Karoo-agtig, maar ook mooi. Ons wil graag op 'n dorpie sowat 25-30km van Pirie bly. Die naam van die dorpie is Crystal Brook. Meer plaasagtig en mooier daar. Port Pirie is meer 'n industriële dorp, maar baie geskiedkundig.

Groete

Aneldari :D

Link to comment
Share on other sites

Die Karoo is baie mooi, ek wil nog eendag 'n skildery kry vd Karoo (windpomp, bossie, skape...) :lol:

Ek was tot 4 jaar oud in die Karoo, en elke keer as ons see toe gery het, het ek liewer geword daarvoor -HARDE wereld, maar sy eie mooi. My ouers (was albei o/wysers, hou steeds bietjie skool) is nou in die Kalahari, so weereens in woestyn :D

Hoop julle kry 'n mooi plekkie daar naby :lol:

Link to comment
Share on other sites

Liewe Johan en Aneldari,

Baie, baie geluk met julle wonderlike nuus :blink: ; ek is so bly vir julle :o ! Min het ons geweet dat as ons mekaar weer sien, dat julle byna oppad sal wees :angry: ! Wys jou net dat dit gedoen kan word :D .

Sterkte met al die reelings en beplanning. Ek kan dink dat dinge woes gaan by julle! Ek dink aan julle en sien uit om meer by die Coffee Club te hoor!

Groete, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Liewe Johan en Aneldari,

Baie, baie geluk met julle wonderlike nuus :blink: ; ek is so bly vir julle :o ! Min het ons geweet dat as ons mekaar weer sien, dat julle byna oppad sal wees :angry: ! Wys jou net dat dit gedoen kan word :D .

Sterkte met al die reelings en beplanning. Ek kan dink dat dinge woes gaan by julle! Ek dink aan julle en sien uit om meer by die Coffee Club te hoor!

Groete, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...