Jump to content

wilna: Dit begin!


Guest wilna

Recommended Posts

Dit begin! :ilikeit:

Ons het vandag 'n agent gekontak wat ons gaan help om werk te kry in julle pragtige land Australia! Ek moet sê, my keel het maar bietjie toe getrek, ons praat al so lank hieroor en dit is nou ons eerste 'groot' tree nader aan ons nuwe toekoms. My man (38) en twee kinders seun (10) en dogter (11) wou al lankal gaan maar ek hou niks soos in NIKS! van verandering nie. Maar ek moet sê na baie ure op die internet en julle forum het ek besluit ek sal die stap neem en nie terug kyk nie. Ons gaan baie verlang (baie trane, ek het klaar my man gewaarsku) maar ek sien uit daarna en weet die belangrikste mense in my lewe,

my gesin gaan by my wees en veilig wees.

Ek hardloop dinge nou te ver vooruit, ek weet daar lê nog 'n lang pad voor met baie vrae wat ek julle gaan vra, so wees maar geduldig met my.

Opgewonde Groete

Wilna

Link to comment
Share on other sites

Welkom Wilna,

No doubt that a huge amount of your questions will be answered here. This site is fantastic source of information.

Regards

Russell and Mandy

Link to comment
Share on other sites

Congratulations, I am sure in time you will also be secure in the knowledge that this will be the best decision you ever made!

Link to comment
Share on other sites

Hi Wilna

Jong ek het by tye sulke toe- trek- keel gevoelens gekry wat nogal erg kon word as ek my gedagtes laat gaan oor hoe erg dit dalk kan wees, maar nou maak ek 'n punt daarvan om nie te veel te dink nie. (ek het soms 'n ryk verbeelding)

My motto nou is een treetjie op 'n slag, en as ek so luister na die ander lede van die forum, dan klink dit my die beste medisyne teen eensaamheid en verlange is om deel te raak van 'n vrywilligers groep waar mens van jouself gee. Weet nie of dit vir my gaan help nie, ek moet nog eers daar kom en dit probeer, maar dis my huidige plan van aksie. Dalk verander dit nog.

Groete

Aniena :)

Link to comment
Share on other sites

  • 5 weeks later...

Hi Wilna. Ek is so bly om te hoor nog mense sien raak wat besig is om te gebeur in SA.Dit is die beste besuit wat jul kan maak veral as dit by jul kinders kom [vir n goeie toekoms].Jul sal nie n dag spyt wees nie ,Ja n mens se senuwees is op en jou kop werk oortyd .Ons was daar gewees en het gedink gaan ons kan deurdruk .Al wat ek kan se is staan net saam en bly by jul besluit en moenie let wel Moenie laat iemand in jul pad staan nie . ;) Jul gaan baie beter af wees in AUS. in die langtermyn glo my .Ons is 3maande hier en kyk nie een dag terug na SA nie .Weet jy hoe lekker is dit om veilig te voel en te weet jy het jou vreiheid hier en jou lewe is nog iets werd?[JOU HELE LEWE VERANDER HAND OM KEER] :cry: So asb hou moed en druk deur jul sal die vrugte pluk en die kinders sal die lekkerste lewe onder die son he hier in AUS. :D Ursula

Link to comment
Share on other sites

Hi Wilna

Sterkte met die planne, dis moeiliker as wat mens jou ooit kan voorstel, maar oor en oor die moeite werd.

Ons is nou presies 1jaar hier, ek het 10 jaar in Evander gebly voor ons hientoe is. My vrou was ook so effens skrikkerig, maar as jy haar vandag sou vra om terug te gaan, sal sy se nee. Ek dink vrouens pas in n sekere sin makliker aan, want vrouens oor die wereld het dieselfde belangstellings. n Ou soos ek, daarenteen wat mal is oor my sport, vind dit moeilik om aan die tiepe kultuur gewoond te raak. Hulle speel footy hier en kuier nie so lekker saam soos klomp boere wat saam rugby kyk nie.

Mens moet nooit uit die oog verloor hoekom jy die stap wil neem nie en mens moet ook nie in die eeste paar maande n opinie vorm of jy wil bly nie. Ek het nog altyd gese, gee dit n go, after all, jy hoef nie aansoek te doen om terug te gaan nie. As n ou die geleentheid kry, doen dit , ek was baie gelukkig om n kans te kry, maar weet van baie mense wat wat sou gee vir n kans, maar nie kwalifiseer nie.

Ek het vir my vrou gese ons kyk daarna as n avontuur, al het dit nie uigewerk nie , sou ek darem kon terugkyk en se ek het so iets groots in my lewe probeer. Gelukkig het dit uitgewerk, en ek is eimand wat nie eers daarvan hou as my vrou die huis meubels skuif nie.

Sterkte

Stan

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal

Baie dankie vir julle raad, dit help sommer baie. Ek wens net ons kon die besluit neem en dadelik oorgaan. Die gewag (ons soek nog werk vir 'n 457 visa) maak my dood, ek wil nie dink nie ek wil net doen en klaar kry. Dis die snaakste gevoel, as ek dink dat ons Aus toe gaan word ek benoud en as ek dink dat daar dalk iets kan voorval wat keer dat ons Aus toe gaan word ek nog MEER benoud! :D Klink bietjie deurmekaar?

Ek moet sê, ek voel bietjie deurmekaar op die oomblik, ;) het julle ook soms so gevoel?

Sien julle dalk anderdag in Aus. :huh:

Groete Wilna

Link to comment
Share on other sites

Baie deur mekaar - deur mekaar van voel en van dink. Dis mos ook die begin van 'n rouproses - met al sy emosies - want jy neem tog afskeid oor 'n periode van baie dinge. Maar gelukkig wag daar mos 'n helder son aan die anderkant. Baie sterkte - en hou net aan chat hier op die forum. Hiers mense hier wat jy kan sien baie onseker is en twyfel, dan is daar die wat defnitief dinge weet en doen, en daars die wat al deur die ding is - so iewers gaan jy altyd met iemand se storie kan relate.

Link to comment
Share on other sites

Dit begin! :blush:

Ons het vandag 'n agent gekontak wat ons gaan help om werk te kry in julle pragtige land Australia! Ek moet sê, my keel het maar bietjie toe getrek, ons praat al so lank hieroor en dit is nou ons eerste 'groot' tree nader aan ons nuwe toekoms. My man (38) en twee kinders seun (10) en dogter (11) wou al lankal gaan maar ek hou niks soos in NIKS! van verandering nie. Maar ek moet sê na baie ure op die internet en julle forum het ek besluit ek sal die stap neem en nie terug kyk nie. Ons gaan baie verlang (baie trane, ek het klaar my man gewaarsku) maar ek sien uit daarna en weet die belangrikste mense in my lewe,

my gesin gaan by my wees en veilig wees.

Ek hardloop dinge nou te ver vooruit, ek weet daar lê nog 'n lang pad voor met baie vrae wat ek julle gaan vra, so wees maar geduldig met my.

Opgewonde Groete

Wilna

Hi Wilna,

Wil net graat hoor van watter agent julle gebruik maak om vir julle die sonsored werk te kry. Ons soek ook so iemand

Sterke met julle aansoek

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Hi Lindi

Ons gebruik International Placement Consultants. Hulle is nogal duur maar doen die volgende.

Stage 1: Application for Skills Assessment (TRA)

Stage 2: Job Application process.

Job Offer and Employer sponsorship.

Application for Long Stay Business Visa (Subclass 457)Provisional

Stage 3: Arrival in Australia

Application for Permanent Residensy (Subclass 136)Permanent

Stage 4: Application for Australian Citizenship (3-4years residensy required)

Registered to provide Australian Immigration Advice MARA 0639423 MIA 2556

(Migration Agents Registration Number 0639423 Member of Migraton Institute of Australia 2556)

Hulle CEO Reevo Eckhardt is tans in Kaapstad julle kan hom skakel by 0825577747 of e-mail rechardt@interplacements.com. Vriende van ons het hulle gebruik en binne 'n maand werk gekry, hulle vlieg nou einde Feb. Die werk betaal vir hulle vliegkaartjies en reel vir hulle verblyf tot hulle 'n huis kry ens.

Ek sien die mense op die forum is maar versigtig vir agente, ek verstaan dit maar nie ek of my man is papierwerk mense nie (al ons NB papiere word in 'n boks gegooi tot ons dit eendag nodig het dan word dit uit gegrou) ons hou van die buitelewe. Dink net wat sal gebeur as ons ons eie immigrasie hanteer, ons eindig dalk in Rusland of iewers. :blush:

Ons het laas week eers betaal so ons wag nou in spanning :blink:

Bel vir Reevo hy is baie vriendelik en behulpsaam.

Groete Wilna

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Hi Wilna weer Ursula hier .Ek moet jou se ek dink baie mense wou nie he ons moes kom nie .Wat ek bedoel is dat mense ons uit die ding probeer kry en half probeer bang maak en probeer opgemaak teen die idee van AUS. toe kom en dit het my bang gemaak,deurmekaar gemaak en kwaad gemaak .Ek moet se al laat ons nie toe dat iemand ons intemideer nie het dit nog steeds kop toe gegaan en daaraan gedink .Wees net sterk al voel dit jy kan mal raak en die tyd wil net nie vinnig genoeg oorwaai nie vat dit net rustig .Vat dit dag op dag en wees net sterk en bly weg van Mense wat jul negatief maak want dit vererger als[Ek weet] :ilikeit: Mooi bly en sterkte Ursula

Link to comment
Share on other sites

Wilna, ek dink Agente speel 'n belangrike rol ten opsigte van inligting, maar my ondervinding het getoon jy meestal alle dokumentasie en inligting verskaf. Al die rondhardloop en papierwerk gaan jy self doen.

Mens hoop maar dat hulle wel spoedig werk sal vind soos belowe. Aan die einde van die dag gaan hulle bloot die 457 aansoek instuur dmv Internet. Ek wil jou werklik aanmoedig om baie aktief betrokke te bly by die hele proses en die Agent op sy tone te hou, want dit kos baie soos jy tereg opmerk.

Voorspoed met die proses. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal

Dankie vir al julle raad, dit voel sommer of ek klaar nuwe vriende maak wanneer ek die forum lees. :ilikeit:

Ursula, ek het al geleer om eerder stil te bly oor die feit dat ons wil emmigreer. Dan kan mense nie jou kop

vol negatiewe nonsens praat nie. :D

Sal julle laat weet of ons "wen" met die agente of nie. :D

Groete Wilna

Link to comment
Share on other sites

Rison ek stem saam Wilna moet heeltyd haar vinger op hul hou .Dis al wat gaan help en Wilna sterkte en hou net moed :blink: .Jy klink na n sterk mens wat nie moed sal opgee nie .Go girl :whome: Ursula.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...