Jump to content

Ook alleen, eensaam in Australië


Ziggy

Recommended Posts

Miskien kan iemand in Perth dalkies uitreik na die dame toe...? Immigrasie is nie maklik nie, en gewoonlik is een van die twee depresief. 'n Derde/+ opinie is soms 'n hulp...

Ek reageer op die brief van “Geëmigreer na Garsfontein”.

Ek weet hoe jy voel.

Ek verstaan hoekom Harm se vrou nie saampraat nie, want ek sit in dieselfde bootjie.

Ons bly in Perth sedert Oktober 2006. Ek was al intussen in Suid-Afrika en weer terug. Dit is nie lekker hier in Australië nie; my man spog ook met alles hier en vergelyk daagliks als met Suid-Afrika. Ons is net vir ’n jaar hier, maar wil ek teruggaan na Suid-Afrika.

Ek besef die omvang van misdaad in Suid-Afrika, maar die opoffering om jou land te los, is net te groot. Dis baie alleen en eensaam hier. Ja, jy maak vriende, maar dis nie dieselfde nie.

Alta du Preez, Perth,

Australië

Link to comment
Share on other sites

hallo

Ek het dit ook nou-net in Beeld gelees. Dis erg as mens so alleen voel. In daardie eerste 1-2 jaar na emigrasie kan dit baie alleen voel, ons het ook so in die UK platteland gevoel :( , en hier is die weer en min SA'ers in die platteland ook 'n faktor (plus mense is soms baie vyandig teen enige immigrants!).

Dis nog erger as mens nie werklik hart en siel insit in emigrasie nie, want die verlies sal maar altyd in 'n mate daar wees, mens gee op wat bekend is, ou vriende, familie... Dit werk vir party mense maar vir ander nie, dis hoekom sommige mense teruggaan, die verlies is net te groot. Haar man is gelukkig, dalk steek dit later aan, as sy oor die rou-proses is. Sal goed wees as iemand kan kontak maak met haar. :blush:

B

Link to comment
Share on other sites

Hallo Daar

Die ou wat die brief geskryf het beter hoop Ou Harm vat nog 5 jaar om weer te kom kuier want as hy die brief moet sien gaan hy maar redelik die B#&*ksem in wees.

Elke saak het twee kante en ek dink die Garsfontein ou oordryf dalk so bietjie.

Die dame was seker maar net bietjie down. Kersfees skep soms verwagtinge by mense wat nie vervul word nie en dit kan mens depre :holy: sief maak.

Mens mis jou land en sy mense geweldig maar dit is tog ook nou regtig nie so erg nie. Niks kom verniet in die lewe nie.

Suid Afrika is 'n goeie land, Australie ook. Die bier is oral ewe lekker.

My vrou, wat nie baie maklik vriende maak nie, het by die Asseblies of God gemeente hier in Broken Hill aangesluit en het nou meer vriende as ooit tevore. Hulle gaan gereeld na konserte of gaan fliek of drink 'n bietjie tee :( (bier is beter) :blush:

Ons was oujaarsaand uitgenooi na 'n lekker dans toe. In Suid Afrika sou ons seker maar net die 7de laan show op die TV gekyk het :lol: (dis dam sad as mens daaraan dink)

Dit is vir ons almal soms moeilik maar 'n mens se verwagtinge moet realisties wees.

Dis nie 'n vakansie nie en immigreer is nie vir sissies nie.

Hou goeie moed, drink nou en dan 'n bietjie bier :lol: en moenie jou adres vir Readers Digest gee nie en jy sal OK wees.

Groete :huh:

Link to comment
Share on other sites

Hallo Daar

Die ou wat die brief geskryf het beter hoop Ou Harm vat nog 5 jaar om weer te kom kuier want as hy die brief moet sien gaan hy maar redelik die B#&*ksem in wees.

Elke saak het twee kante en ek dink die Garsfontein ou oordryf dalk so bietjie.

Die dame was seker maar net bietjie down. Kersfees skep soms verwagtinge by mense wat nie vervul word nie en dit kan mens depre :holy: sief maak.

Mens mis jou land en sy mense geweldig maar dit is tog ook nou regtig nie so erg nie. Niks kom verniet in die lewe nie.

Suid Afrika is 'n goeie land, Australie ook. Die bier is oral ewe lekker.

My vrou, wat nie baie maklik vriende maak nie, het by die Asseblies of God gemeente hier in Broken Hill aangesluit en het nou meer vriende as ooit tevore. Hulle gaan gereeld na konserte of gaan fliek of drink 'n bietjie tee :( (bier is beter) :blush:

Ons was oujaarsaand uitgenooi na 'n lekker dans toe. In Suid Afrika sou ons seker maar net die 7de laan show op die TV gekyk het :lol: (dis dam sad as mens daaraan dink)

Dit is vir ons almal soms moeilik maar 'n mens se verwagtinge moet realisties wees.

Dis nie 'n vakansie nie en immigreer is nie vir sissies nie.

Hou goeie moed, drink nou en dan 'n bietjie bier :lol: en moenie jou adres vir Readers Digest gee nie en jy sal OK wees.

Groete :huh:

Ek moet antwoord op jou 'reply'. Ek kan ongelukkig nie saam met jou stem nie. Ek en jy het dalk nie probleme met aanpassing nie, maar daar is mense wat regtig geen behoefte het om hier te wees nie en die opofferinge wat hulle maak is amper te erg vir hulle om te hanteer.

Ek het meegevoel met Alta en elke ander persoon wat oorgekom het as ondersteuning vir 'n metgesel. Ek wens ek kon iets sê om jou beter te laat voel, maar ek kan nie. Nie eers iets soos 'n plek is wat jy daarvan maak, gaan help nie. Baie sterkte, Alta en elke ander persoon wat 'n aanpassings probleem het. Ek dink aan julle en julle kan maar pm, ek sal luister.

Link to comment
Share on other sites

In reply van Oubossies...ek bedoel dit op n mooi manier as ek se dat DIT die rede is dat n mens BAIE BAIE seker moet wees dat dit iets is wat albei graag wil doen. EN dan BAIE BAIE huiswerk ook nog gaan doen.

Dit is nie maklik nie en dis baie keer nie lekker nie...en dan as die maat nog onder protes hiernatoe kom is dit net nog erger.

Ek persoonlik voel soos Outlander Andrew maar ek kan verstaan dat dit vir baie mense onmoontlik is om aan te pas.

Link to comment
Share on other sites

Ai, en dit lê nog vir ons ook voor. Ek dink deel van die probleem is dat baie van ons (wat op 'n stadium self baie patrioties was, baie lief is vir Suid Afrika en nie gedink het ons gaan ooit trek nie) nou soort van geforseer is om die stap te neem a.g.v die misdaad en patetiese voruitsigte wat vir ons kinders voorlê in Suid Afrika. Maar mens kan nie net met jou emosies dink nie...ons maak die besluit op grond van wat ons vir ons kinders wil hê, nie noodwendig vir ons nie. Ek wil amper sê on plaas ons huis en al ons besittings en ons "bet" in 'n soort van 'n weddenskap dat Suid Afrika or 10 jaar nie meer 'n gunstige plek vir ons gaan wees om te leef nie. Tyd sal leer of dit die regte besluit was en of ons die "weddenskap" gaan wen, maar intussen sal mens moet deurdruk...verandering is vir niemand lekker nie. Ons laat ook al ons familie hier agter as ons gaan...en dit gaan baie moeilik wees...ek bekommer my ook oor my vrou, want sy, haar ma en suster is baie naby aan mekaar. So ek besef dit lê vir ons ook voor. My "bet" is dat ons dit gaan maak....ons wil nie soos in "Hotel Rwanda" tot op die laaste wag en dan moet vlug nie....

Edited by Swerwer
Link to comment
Share on other sites

Alta, vir wat dit werd is: Jy is tans in jou mees brose deel van emigrasie, té kort gelede weg uit Suid-Afrika om werklik aanklank te vind in jou nuwe omgewing, en die gemis na alles wat dierbaar is voel soms meer as wat mens kan hanteer. Probeer uithou, al gaan dit ook hoe moeilik. Die alternatief is regtig erger as wat jy nou deurmaak.

Beskou jouself as 'n pionier. Jy gaan met verdrag vind dat baie van jou familie en vriende gaan krag vind uit jou ondervindinge. Hulle sal vir julle in Australië kom kuier en miskien het hulle alreeds diep in hulle harte self emigrasie oorweeg. Mens hoef maar net die Suid-Afrikaanse koerante te lees om te besef dat die toekoms nie al te rooskleurig is nie.

Die brief van "Geëmigreer na Garsfontein" was vir my baie interessant. Die skrywer fokus slegs op die materiële gewin van dié wat steeds in Suid-Afrika is: beter pensioen van een kêrel, groter motor wat 'n ander kan bekostig, ens.

Die feit dat almal in vrees in hulle eie tronke woon en dat die regering al hoe meer korrup en rassisties raak, word gerieflikheidshalwe geïgnoreer. Dinge soos Swart Bemagtiging en regstellende aksie gaan al hoe strenger toegepas word. Inflasie sal noodgedwonge hoër word en 'n ekonomie wat op misdaad gegrond is, gaan een of ander tyd faal.

Die huidige vlaag misdaad sorg vir hoë produksie, want al die goed wat buitgemaak word, moet vervang word. Sekuriteits firmas doen wondere vir Suid-Afrika se werkloosheidsyfers, want hulle neem duisende laaggeskoolde mense in diens. Motorvervaardigers, sekuriteits firmas, ens. vind baie baat by misdaad en het geen behoefte daarin om dit aan te spreek nie.

Emigrante soek sielerus en dit sluit in 'n mooi toekoms vir ons kinders, veiligheid vir die hele gesin, en 'n stabiele regering in die nuwe land van ons keuse.

My eerste twee jaar in Kanada was bitter moeilik, maar met verdrag het ek die skoonheid van my omgewing baie meer waardeer, ook omdat ons gesin maar snags sonder vrees in die woude en op die strande kon rondloop. Toe het ek die Kanadese leer ken en agtergekom dat hulle my soort mense is: hulle lewer vrywillige diens op alle gebiede, gee om vir hulle medemens en hou van Suid-Afrikaners.

Die vreugde om die kinders en kleinkinders se heerlike vryheid saam met hulle te geniet, maak al die opofferinge die moeite werd.

Vasbyt! Dinge gaan beter word!

Groete vanaf die pragtige Vancouver Eiland in Kanada.

Cathy K.

Edited by Die Kotze's
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...