Jump to content

Hendrik En Tracy en clan


Hendrik

Recommended Posts

Hello

Dis ons. Behoort so oor 2 maande in Perth te wees. Die site is regtig propvol handige inligting. Ons sit heel aand en lees en notas maak. Sover gaan alles nog goed. My nuwe werksplek het 'n immigrasie konsultant aangestel en dinge loop verbasend glad. Die grootste struikelblok sover is die verkoop van ons eiendomme en die troeteldiere.

Ek dink ons sal die Gauteng Coffee Club bywoon en nog meer eerstehandse inligting kry.

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

... Behoort so oor 2 maande in Perth te wees.

Lucky Fish!! <_<

Sien uit om jul te ontmoet by die Coffee Club en BAIE welkom!!

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Hi gaan jul nie jul diere oorbring en in Kwarentyn laat bly nie .Ons het van baie mense gehoor wat hul diere agter gelaat het en verwyt hulself baie .Ek kon dit nie doen nie .Sjoe dit is ons kinders en deel van ons lewens ek sou my dood huil .Ursula

Link to comment
Share on other sites

Ons het dit oorweeg maar goeie huise vir ons honde gekry.

Aan die ander kant is 6 maande kwarantyn vir hulle soos 5% van hulle lewens of 4 jaar vir die gemiddelde mens. Ek dink ek sou eerder wou verhuis voor ek 4 jaar in 'n hok sit.

Link to comment
Share on other sites

Ons het dit oorweeg maar goeie huise vir ons honde gekry.

Aan die ander kant is 6 maande kwarantyn vir hulle soos 5% van hulle lewens of 4 jaar vir die gemiddelde mens. Ek dink ek sou eerder wou verhuis voor ek 4 jaar in 'n hok sit.

Ek het al op die "site" twee tiepe mense raak geloop. Daar is die wat hulle honde in kwaretnein gesit het ,en daar is die wat hulle honde weg gegee het of erger. Die punt is dat elkeen sal genoeg feite in wen om sy saak te regverdig. Dankie

Link to comment
Share on other sites

Aan die ander kant is 6 maande kwarantyn vir hulle soos 5% van hulle lewens of 4 jaar vir die gemiddelde mens. Ek dink ek sou eerder wou verhuis voor ek 4 jaar in 'n hok sit.

Hendrik, jy het reg tot jou opinie.

My twee kinders is nou al 3 maande hier by my in Aus. En jy het dit heeltemal verkeerd met die tyd ding. Honde het geen benul van tyd nie, hulle weet nie wat die verskil is tussen 'n week en 'n maand nie. Daar is duisende honde en katte wat kwarentyn suksesvol voltooi het - so daar kan nie fout wees daar mee nie. My twee het dit regtig enjoy, en was soos asof hulle op holiday was. Ek en my man werk en dan sou die tweetjies heeldag alleen gewees het by die huis, in kwarentyn het hulle so baie kontak met die mense omdat hulle in en uit die hokke is heeltyd.

As jy naby die kwarentyn stasie is dan kan jy self hulle kuier en bietjie stappies of soos ek wat ver bly, reel jy met iemand om hulle 2-3 keer 'n week te stap.

Op die oomblik weet ek van 4 mense wat of hulle honde in kwarentyn al klaar het of wat al by die huis is. En kry gereeld navrae oor kwarentyn. Ek dink die punt is, dat van ons sien ons diere as ons kinders, hulle is deel van die familie, en jy sal nie jou kind agterlos in SA nie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...