Jump to content

Wie ken vir "HULLE?"


WannaB Ozzie

Recommended Posts

Ek het die naweek vir die familie gese ons wil Oz toe trek. Die reaksie was as volg:

Ma:

Hulle se die misdaad in ander lande is net so erg soos in SA, by ons word dit net aan die groot klok gehang.”

Suster:

Hulle se daar is ‘n matrikulant wat vanaf Kanada teruggekom het (sy ouers het soontoe geemigreer) en hy sal enige werk doen in SA, selfs toilette was! Hy wil blykbaar nie by my huis kom oefen nie. :ilikeit:

Geen statisieke, syfers of feite om stellings mee te staaf nie, want “Hulle” se so! Wie is die “Hulle” en waar bly “Hulle”? Belangriker, waar kry “Hulle” hul kennis vandaan?

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit::ilikeit:

Ja, dit irriteer my grensloos as elke negatiewe ding van oorsee opgeblaas word en in jou gesig gegooi word as mens vir 'n slag gesels, dis amper soos skool - my span is die beste! Dis nou maar een ding-as jy emigreer is dit altyd daar, die kompetisie en 'kloof' tussen jou en ouens wat 'bly'. Mense in SA sal elke ding wat hulle hoor opblaas -- as jy in die UK is, is die weer/son al wat hulle oor praat. Wens mens kan net 'n gewone gesprek voer sonder die alewige kompetisie gevoel. Ek dink mense in SA moet noodgedwonge 'blind' wees vir feite en hulself oortuig als is okay, ek sou dalk ook so moes oorleef anders sal mens van jou kop afgaan.

Ek praat nie eers meer van statistieke nie, kyk maar net waar SA sit op die lys van gun-crime, verkragtings en die kans dat jy iets oorkom in SA teenoor ander Europese/NZ/Kanada/Oz... Jou en jou kinders se geleenthede vir werk is soveel meer elders. Onlangs - die hoeveelheid sterftes op die paaie in SA teenoor die res vd wereld -dink dis amper 50 in Oz en 1400 (?) in SA?

Ja, almal het maar dieselfde frustrasies wanneer mens gesels met mense wat 'bly'/ nie kan gaan nie. Mens leer maar om net te O en A en niks terug te sê nie, want dit sal net verhoudinge sleg maak. Mens kan die oogklappe nie afkry nie. :ilikeit:

groete! :lol:

Edited by Saffer-in-UK
Link to comment
Share on other sites

Ons het ook al 'hulle' se opinies gehoor!! :ilikeit: Daar is vir ons gese 'hulle' se dat die Aussies hou nie van Suid Afrikaaners nie en 'hulle' se 'n mens kan nooit gelukkig wees in 'n ander land nie. 'Hulle' is vol opinies en gedurig partydig om jou te probeer beinvloed of te kategoriseer in 'n hokkie. :ilikeit: Hopelik leer almal dit af na 'n ruk in Australie. Dit is 'n slegte gewoonte.

Op 'n ernstiger noot: ek dink 'hulle' is die ons-teen-die-wereld sindroom wat 'n verskil probeer dwing tussen die wat kamtig lojaal is aan 'n saak and die wat kamtig verraaiers is. :lol::ilikeit:

Sam

Edited by Sam
Link to comment
Share on other sites

Daar sal altyd stories wees van "ons weet van mense wat terug gekom het" omdat hulle nie van die weer, mense, omgewing ens hou nie. ;)

Dit is so en sal altyd so wees, want daar is altyd mense wat teruggaan omdat die verlange te erg raak en mens nie meer helder kan dink nie. :blush:

As mens dan na 'n grashalmpie soek om terug te gaan, dan kry jy dit, tot in die slegte nuus wat op al wat 'n koerant webblad verskyn. Die "remoere" van mense wat teruggaan uit hul aanneem land na die potte van Egipte dra ook by tot die " as ander terug gaan, kan ons mos maar ook" en " mens kan mos maar liewers tussen die bekende van vriende en familie swaarkry as om in die vreemde swaar te kry tussen mense wat nie verstaan waarvandaan jy kom nie" en so groei die motiverings om terug te gaan... :ilikeit:

Ek het al die verskonings gebruik aangevuur deur die "winter depressie" wat ek beleef het vir die grootste gedeelte van die jaar in my aanneem land, NZ. 'n Besoek van Steve Hoffmeyr met sy "Toeka" het net my planne in versnelling gesit. Julie gesien, Augustus begin pak...

Dus was ons ook van die statistieke van mense wat teruggekeer het...Dis waar die storie stop, by meeste mense... :whome:

Hulle vertel nie verder dat ons net in 'n omgewing waar mens nie meer ingepas het nie. As mens saam met die misdaad en geweld leef kom jy nie agter dat dinge versleg nie, want mens raak dit gewoond, soos die "arme padatjie in die pot koue water op die stoof... ;) As mens egter aan iets anders gewoond geraak het, alhoewel ongelukkig, kan mens net nie weer aanpas nie... ;)

Dinge waarna mens intens verlang het, bestaan nie meer nie ;) Dit help nie mens het geld en probeer jou veiligheid "koop" nie. Mens kan net sover "koop" dan is jy maar net soos die volgende man op die straat, weerloos :ilikeit:

Dat familie en vriende in die proses baie seer kry, is verseker die geval. En die gesegde, dat dit "voel soos dood in die huis" is 'n baie raak beskrywing. Vir hulle voel dit beslis soos dood in die huis, want 'n geliefde gaan weg en die kanse dat hulle weer goeie tye saam gaan beleef is maar skraal en ons moet dit besef :lol:

Die e-poste en telefoon oproepe van die buiteland af, waarin ons vertel hoe swaar ons kry en hoe ons sukkel, dra ook natuurlik by tot die remoer dat meeste Suid Afrikaners terug wil gaan as hulle dit kon bekostig. Soms dra ons immigrante by tot die terugkeer proses van mede immigrante omdat ons gedurig teenoor mekaar kla en steun oor die onvriendelike behandeling in ons aanneem lande... :ilikeit:

Weet dit, was daar, maar doen nie meer, nou net goeie dinge aan vriende en familie en die slegte dinge praat ek maar uit met die Here, wat nie bydra tot eninge negatiwiteit nie en net altyd daar is vir ons... :ilikeit:

Edited by Ziggy
  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

Het HULLE al ooit gedink dat die meeste van ons voorouers (van nie so baie geslagte gelede nie) self van Europa ge-emmigreer het. Ons is meestal 100% Europees. Van die mense in Australie is 30% nie daar gebore (en hul voorouers ok van Europa en Engeland) nie en meestal ook immigrante vanaf Europa. Net die minder as 1 miljoen Aborigines is oorspronklik van Australie.

Wat ek eintlik wil sê is: Ons is Europees, die Aussies is Europees. Afrika is NIE EUROPEES nie!!! Ons kultuur verskil hemelsbreed met die oorgrote meerderheid van die mense in Suid Afrika. Ons het BAIE MEER in gemeen met die Aussies. Ons is practically familie. Maar nie met die meeste mense in Afrika nie. "Hulle" kom van Afrika...ons join maar net ons familie in Ozzie land. Ons was net "konsultante" van Europa wat vir 'n wyle gehelp het om Suid Afrika op die been te bring. Ek voel nie ons gaan ons kultuur prysgee deur te emmigreer nie, want ons kultuur bots in meeste gevalle in elk geval met die kulture, gelowe en gebruike van die mense van Afrika....

Edited by Swerwer
Link to comment
Share on other sites

Het HULLE al ooit gedink dat die meeste van ons voorouers (van nie so baie geslagte gelede nie) self van Europa ge-emmigreer het. Ons is meestal 100% Europees. Van die mense in Australie is 30% nie daar gebore (en hul voorouers ok van Europa en Engeland) nie en meestal ook immigrante vanaf Europa. Net die minder as 1 miljoen Aborigines is oorspronklik van Australie.

Wat ek eintlik wil sê is: Ons is Europees, die Aussies is Europees. Afrika is NIE EUROPEES nie!!! Ons kultuur verskil hemelsbreed met die oorgrote meerderheid van die mense in Suid Afrika. Ons het BAIE MEER in gemeen met die Aussies. Ons is practically familie. Maar nie met die meeste mense in Afrika nie. "Hulle" kom van Afrika...ons join maar net ons familie in Ozzie land. Ons was net "konsultante" van Europa wat vir 'n wyle gehelp het om Suid Afrika op die been te bring. Ek voel nie ons gaan ons kultuur prysgee deur te emmigreer nie, want ons kultuur bots in meeste gevalle in elk geval met die kulture, gelowe en gebruike van die mense van Afrika....

Sjoe Swerwer, sowat van 'n raakvat analise van die situasie het ek lanklaas gesien ... :ilikeit: . Jy lees my gedagtes, man. Dis wat ek nog al die jare sê, maar min mense wil luister :ilikeit:

BTW - a vriendin vertel my daar is nog net 'n honderd of so Aboriginal mense oor wat suiwer bloed het :lol:

Link to comment
Share on other sites

Ja Annette en Swerwer - ek stem saam hier uit grys Engeland! :ilikeit::ilikeit::ilikeit:

maar my Pa sal die creeeps kry as ek sê ons voel meer 'eenders' as die Ozzies as die boere-Afrikane! Ouers is stoere boere :ilikeit: (alhoewel nie nie rassiste, Pa werk en gee skool, kerk onder arm mense), maar hul glo ons MOET terugploeg in Afrika want dis in ons bloed, en Afrika het baie vir ons gegee.

Nee, dis nie Afrika nie! Dit was die ou bedeling, wat op 'n manier vir ons blankes bevoordeel het, wat eintlik maar 'n gekkeparadys was... In my opinie moes die Europeers maar liewers nie eers Afrika toe gegaan het nie, dan hoef duisende mense nie nou te 'gerou' het oor 'n land wat hul moes verlaat nie. Aan die ander kant was dit seker 'n nice plek vir 'n ruk, maar soveel mense was onderdruk ten koste van, en nou is dit 'n kookpot.

Hoop my kinders hoef nie deur dieselfde te gaan nie - en ons,met hulp v Bo, sal hopelik daarvoor sorg. Ja ons is maar almal swerwers! :lol:

Edited by Saffer-in-UK
Link to comment
Share on other sites

Saffer in UK:

Ek smile vir jou brief, want my man wil al die piep kry as ek hom elke dag update oor padsterftesyfers in SA en Oz! Dis sou na my mening ook beter gewees het as ons voorouers hul nie hier kom vestig het nie. Wat se hulle van “hind-sight”?

Sam:

Ek skaar my by die sogenaamde “verraaiers.”

Ziggy:

Dit is so: die dinge waarna die “ex-pats” verlang bestaan nie meer nie. Ons is in elk geval te oud om heen-en-weer te trek. As ons nou trek, is dit for keeps. Buitendien is my geaardheid so dat ek nie myself sal kans gun om van die plan af te wyk nie. My man se ek is soos ‘n “lam donkie”? as ek eers op iets gefokus het. (Wat kan ek se: hy’t vreemde segoed!)

Swerwer:

Puik antwoord! Jy slaan die spyker op die kop!

Oor die algemeen dink ek net ons Afrikaners is bang om “outside the box” te dink, en dis waar al die klagtes van die familie vandaan kom. (Hoekom wil jy in ‘n ander land gan bly? Ons ouers en voorouers het dan hier gebly en dit was goed genoeg vir hulle?) Ek het dit ondervind toe ons besluit het om ons kinders te ‘home-school’. Die grootouers het amper getoi-toi, maar na 4 jaar sien hulle ek was toe nie te stupid nie. Die kinders gaan hierdie jaar terug skool toe, en voor die aanlegtoetse en IK-toetse het die anties by die skool ook maar ‘grim’ gelyk. Toe die toeste se uitslae kom, is ek skielik “Mevrou” en ek kry “red carpet” behandeling! Dis maar hoe dit is. Daar sal altyd mense wees wat dinge laat gebeur, en daar sal altyd die wees wat wonder wat nou gebeur het!

Kom ons wys HULLE ‘n ding!

Link to comment
Share on other sites

"HULLE" moet maar sê en dink wat "HULLE" wil.... EK is doodgelukkig in OZ!! :)

Link to comment
Share on other sites

"HULLE" moet maar sê en dink wat "HULLE" wil.... EK is doodgelukkig in OZ!! :holy:

Riekie,

Ek gee nie 'n hel om wat "HULLE" se nie, maar dit maak nogal seer om nie die familie se standpunte te kan verander nie. Verstaan selfs dat die familie "HULLE"-stories vertel in 'n poging om ons van plan te laat verander, omdat ons almal mekaar gaan mis. Ek voel jammer vir ons ouers wat nou sonder kleinkinders moet leef en "vice versa". Skype is nou maar eenmaal nie so goed soos 'n Sondagmiddag-kuiertjie nie.

Dan moet ek ook byse ek weet dat die familie-liefde altyd daar sal wees.

Ek besef ook dat my kinders, namate hulle groter word, nie noodwendig elke Sondag by Ouma wil gaan kuier nie. Ook dat Ouma nie noodwendig vir ewig gaan leef nie.

Feit is: ons gaan almal verlang.

Party mense is sentimenteel oor aardse goed (daarvan getuig die Containers na Oz).

Ander voel weer sterk oor die Plek / Land / Kultuur / Taal.

Ek gaan net my gesin op die vliegtuig laai, en bekommer my nie of ek SA ooit weer gaan sien nie, maar DEMMIT ek gaan my familie mis. (Ouers, skoonouers, siblings - die res sien ons in elk geval net met troues en begrafnisse.) ;);):cry:

Link to comment
Share on other sites

Ek gaan net my gesin op die vliegtuig laai, en bekommer my nie of ek SA ooit weer gaan sien nie, maar DEMMIT ek gaan my familie mis. (Ouers, skoonouers, siblings - die res sien ons in elk geval net met troues en begrafnisse.) :(:(:)

Ja, ongelukkig 'n baie harsteer en harde realiteit. :D Die ding is net, vir jou eie "sanity" moet mens jou partykeer losmaak van die "hulle" spreekbuise - en soms is dit familie....... ;) Ek voel net dat mense wat veronderstel is om vir jou lief te wees, jou die geluk moet gun wat jy vir jouself en jou gesin kies en nie jou gesig elke dag in die "hulle" wanpersepsies vryf nie....... :D

Baie sterkte vir wat nog vir JULLE voorlê. Emosioneel is dit 'n moeilike tyd......

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...