Jump to content

My Motivation


WannaB Ozzie

Recommended Posts

WHY DO I WANT TO MOVE?

Ha, many reasons, but mainly:

1. “Ek sal lewe, ek sal sterwe, ek vir jou Suid-Afrika” is not an option to me. (Violent crime in SA…, what can I say?)

2. Neither to my kids.

3. I’m a descendant of the Voortrekker, Pieter Uys (jy weet, daai een wat sy g@t gesien het met Dingaan) so it might be in my genes to be a “Dwarstrekker”!

WHERE TO?

1. Well, as I’ve never been out of Africa, I’m a bit hesitant about Europe & America. (Better the devil you know…) Oz sounds similar to the old SA, so we’ll opt for that.

2. I had Brisbane in mind, purely because I have a friend there, but after everything I’ve read a bout the Queenslanders, I’ll rather move in next to Bob!

EASY TASK?

No:

1. Age (40)

2. Overweight

3. Not the right qualifications / experience. Hubby has a very senior position, but no degree, I have a teacher’s diploma, an almost completed Insurance diploma, Financial backround – no recent experience. Then we have a CC as a sideline (in MultiMedia – ons maak corporate, sales, motivational movies, etc), but don’t know whether we’ll be able to continue in Oz.

4. We won’t have loads of savings to bring to Australia. As a matter of fact, we won’t even have one load!

WHAT TO DO:

About 1: Hurry up and get to Oz.

About 2: Diet!

About 3: As Hubby and I are intelligent, resourceful people, we’ll come up with something. Want to do some courses at an Oz Uni.

About 4: Rob a bank?

Link to comment
Share on other sites

Well Wannabe, you have the first requirement, a sense of humour. My suggestion to you is the following:- as hubby is into superannuation, why not do a search on www.yellowpages.com.au with the key word "superannuation" the answers gave me 276 places for Melbourne, so enter the city of your choice as well. Then you make up a maximum 3 page cv for hubby and for everyone that has a website, you email it to them. Remember to state at the beginning of your cv that you would require a 457 sponsorship but that you are willing to sign a 4 year contract to obtain that. I have known at least two people who have found sponsorship this way.

Good luck, if there is anything personal you wish to ask then pm me, I will do my best to find the answers for you!

Mara

Link to comment
Share on other sites

Mara,

Thanks for the valuable advice. I will surely try that route. A sponsorship will be the cherry on top!

I was actually thinking of a putting Hubby's Resume on video, since that is what we can do well. How to get it to them, is the problem. We'll have to contact the website administrators of each company first, before e-mailing it, as such a document can get big!

Thanks again for your support. Will go and think of a LOT of questions I can ask you. :)

Link to comment
Share on other sites

Hi WannaB,

I am going the study route at 40. I obtained a BA degree in SA but since I never gained any teaching experience since, none of my studies was recognized. Sooo..., I have to start over! My student visa I received stretch over four years and thereafter I shouldn't have a problem to find a job, or so I sincerely hope.

The problem with studying is that you are not allowed to work in Australia, you or your spouse.

My husband is keeping his current job (he is a yacht captain), as we are both used to the lifestyle of him being away for long periods. This, together with our savings will allow me to study further with my two children enrolled in Queensland schools.

Best of luck, you will find a way.

Link to comment
Share on other sites

Hi WannaB

My suggestion is, forget the video, way to over the top for most Aussies, just a three page cv, perhaps with a photo inserted, should do the trick. That is one of the reasons why the usual 12 page cv which most SA's have does not go well here, the Aussies are a laid back crowd and often find us too assertive. You almost want to sneak up on them, so keep it short and sweet. This is not a criticism, just a suggestion.

Mara

Link to comment
Share on other sites

Hi Nane

Yes, unfortunately one of us will have to work in Oz. Will I be able to study in Oz while Hubby is working? Thanks for the support.

Mara

Yor input is really appreciated! I don't want to scare the Ozzies off! Will follow your advice.

Link to comment
Share on other sites

WHY DO I WANT TO MOVE?

Ha, many reasons, but mainly:

1. “Ek sal lewe, ek sal sterwe, ek vir jou Suid-Afrika” is not an option to me. (Violent crime in SA…, what can I say?)

2. Neither to my kids.

3. I’m a descendant of the Voortrekker, Pieter Uys (jy weet, daai een wat sy g@t gesien het met Dingaan) so it might be in my genes to be a “Dwarstrekker”!

Hello WannaB Ozzie

Jou gevoel oor jou land en die redes waarom jy wil trek is nie die uitsondering nie...daar is baie wat so voel...

Ons gevoelens wissel van woede tot wanhoop omdat ons op so 'n manier gemarginaliseer en verstoot word

(deur 'n terugkry mentaliteit om ons te straf vir "Apartheid" wat ons eers regtig verstaan het toe ons omtrent uit die skool gematrikuleer het)

uit die land wat ons op 'n stadium regtig sou wou voor "lewe en sterwe".

Ek self het my nog nooit juis met politieke dinge besig gehou nie...my doel was nog altyd om sover as wat dit van my afhang in vrede met ander te leef en hulle te behandel soos wat ek graag behandel wou word.

Soos baie ander is ek besig om die los drade van my lewe in Suid Afrika stuk-stuk bymekaar te maak....dit sluit die volgende in:

- Om my sielkindig los te maak van die land wat ek nou al vir 34 jaar lank so lief gehad het.

- Om alle fotos van my en my familie wat ek oor die jare in ons mooi land geneem het en alle fotos van my ouers en ons kinderjare bymekaar te maak (sowel as al ons ou familie videos)...al 27000 fotos in totaal.

- Om my Pa uit te vra oor my voorgeslagte en ons geskiedenis sodat ek weet wat om eendag vir my 2 kinders te vertel van hulle afkoms.

- Om al die bekende plekke vir oulaas te gaan totsiens sê.

Soos baie ander gaan ons ook familie hier agterlaat en die LAAAANG wag vir die VISA maak dit vir ons moontlik om ons besluit goed te deurdink en die tyd saam met ons familie elke oomblik te gebruik.

In hierdie proses kom ek toe mos nou die dag af op 'n stel van 8 langspeelplate "Ons lewende geskiedenis" wat in die tagtigerjare gedramatiseer is deur baie bekende Afrikaanse akteurs. Ons het nog die viniel plate saam met die Afrikana Ensiklopedie gekry. Ek het dit vir my toe sommer op MP3's gesit.

Op Plaat 3 (kant 2) en Plaat 4 (Kant 1) luister ek toe na die redes vir die Groot Trek wat deur die grensboere aan die Kaapkolonie in 1833 in Suid Afrika begin is en ek was verstom oor die ooreenkomste met ons situasie vandag maar slegs 173 jaar later.... (hulle voorbereidings was sowat 4 jaar)

Soos jy sê: Ons en ons voorsate was lykmy maar nog altyd geneig om te trek...of dit nou dwarstrek, wegtrek, of selfs karavaan trek betref...trek gaan ons trek. Baie van ons voorsate het juis Suid Afrika toe getrek van oorsee af vir baie geldige redes...My Ma se familie (Murray's van die Britse settelaars) asook my Pa se familie (Ferreiras van Portugal) het na SA toe getrek vir beter geleenthede. Daar is daardie tyd deur die Britse regering gratis grond en plase belowe wat hulle moes bewerk en dan kon hulle hul oeste aan die regering verkoop. Baie van hulle het ook sendelinge ingesluit soos Ds. Andrew Murray. Baie Franse het na Suid Afrika gekom toe hulle gevlug het vir hulle protestantse geloof (toe die Edik van Nantes teruggetrek is en hulle effektief moes vlug vir hulle lewens). Dit was 'n moeilike lewe om "bosveld" in landbougrond te omskep en daarby is hulle OOK gedurig geplunder, hulle vee gesteel en hulle families vermoor deur die Xhosas op die grense van die Oos en Wes Kaap tydens 6 grensstrooptogte.

Die oosgrensdistrikte was die distrikte van Graaff-Reinet, Uitenhage, Somerset-Oos, Tarka, Grahamstad, Cradock en Colesberg. Volgens die geskiedenis het 15000 Xhosas in Desember 1834 die grens die Kaapkolonie binnegeval. Die hele kolonie tot by Uitenhage en Somerset Oos is bykans verwoes. Honderde mense se huise is afgebrand, meer as 5700 perde, 115000 beeste en 162000 skape en bokke is gesteel in daardie een plundering. Onthou...perde was maar daardie tyd ekwivalent aan vandag se motors omdat dit hulle vervoermiddel was.

Dit klink vir my so bekend, want die Britse regering het daardie tyd ook weinig aan die strooptogte, plaasmoorde en diefstalle gedoen en basies vir die boere 'n koue skouer gegee. En vandag....wat het die minister van Veiligheid en sekuriteit vir ons te sê:"as ons dit nie pas nie...kan ons maar emigreer".

Ek het sommer bietjie gaan soek toe kom ek af op die geskiedenis van die Groot Trek op die Web:

http://mysite.mweb.co.za/residents/dugeot/groottrek.html

ek sien daar is ook 'n inskrywing oor jou familie Piet Uys (maar hy is nie saam met Piet Retief vermoor soos jy sê nie maar apart by die Bloukrans- en Boesmansrivier deur Zoeloe impi's vermoor).

Nadat die boere aan die Kaap GEEN ANDER UITWEG kon sien nie het hulle besluit om te trek...terloops, hulle is ook daardie tyd "EMMIGRANTE" genoem. Piet Retief is gekies as die emmigrante se leier en op

2 Februarie 1837 laat publiseer hy die redes waarom hulle "emigreer" in die "The Graham's Town Journal" om aan die Britse regering van daardie tyd te verduidelik hoekom hulle wil trek:

http://www.groottrek.za.cx/manifes_01.htm

Terloops, ek weet nie hoekom hulle dit daardie tyd die "GROOT TREK" genoem het nie, omdat daar maar tussen 10000 en 12000 mense was wat getrek het....vergelyk dit met die grootskaalse emmigrasie van amper 1 000 000 wit Suid Afrikaners die afgelope 10 jaar:

http://152.111.1.251/argief/berigte/beeld/...27/jan2okt.html

Ek haal aan: "Die Groot Trek word saaklik beskryf as die georganiseerde verhuising van tussen tien- en twaalfduisend Afrikaners in die jare dertig van die 1800’s uit die oosgrensdistrikte van die destydse Kaapkolonie na die binneland. Hulle sou later die Voortrekkers genoem word."

Wat is dan werklik die Groot Trek???

Lees oor Piet Retief hier.

Piet Retief, wat eers 'n veeboer was, het die volgende redes aangevoer vir die Trek:

22 Januarie 1837

Woordelikse aanhaling:

"1. Ons wanhoop daaraan om die Kolonie te red van die euwels wat dit bedreig deur die oproerige en oneerlikie gedrag van vaebonde, wat toegelaat word om die land in alle dele te verontrus; en ons sien geen vooruitsig op vrede en geluk vir ons kinders in 'n land wat op dié manier gekwel word deur inwendige beroeringe nie.

3.Ons kla oor die aanhoudende plundering wat ons hier moet verduur van swartes en ander kleurlinge, en veral deur die laaste inval in die Kolonie, wat die grensdistrikte verwoes en die meeste inwoners geruïneer het.

6.Ons verklaar plegtig dat ons hierdie Kolonie verlaat met die begeerte om 'n rustiger lewe te lei as wat ons tot hiertoe gedoen het. Ons sal geen volk molesteer nie en aan niemand die geringste eiendom ontneem nie; maar as ons aangeval word, sal ons ons ten volle geregverdig beskou om ons persoon en eiendom tot die uiterste te verdedig teen enige vyand.

8.Ons stel ons voor om in die loop van ons trek, en wanneer ons aangekom het in die land waar ons gaan woon, ons bedoelings en ons begeerte bekend te maak aan die inboorlingstamme, asook ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef.

10. Ons vertrek nou uit ons vrugbare geboorteland, waar ons enorme skade gely het en voortdurend blootgestaan het aan ergernis, om ons te gaan vestig in 'n woeste en gevaarlike gebied; maar ons gaan met 'n vaste vertroue op 'n alsiende, regverdige en genadige God, wat ons altoos sal vrees en in alle nederigheid sal probeer gehoorsaam.

P. RETIEF."

Dit was 169 jaar gelede...

Klink dit nie SOOOOOO bekend nie!!

Vandag wil ons tog steeds die volgende hê:

1. Ontslae wees van die misdaad, moord en diefstal.

2. In vrede kan leef met die nasie waarheen ons emmigreer

3. Om 'n rustiger lewe te kan lei en sonder vrees vir ons of ons kinders se lewens kan rondbeweeg

4. Om regverdige geleenthede vir ons en ons kinders te hê

5. Om nie miljoene rande se blasting te betaal vir dienste wat ons nooit sal sien nie

6. Nie vir die res van ons lewens moet boet vir iets wat ons self nie gedoen het nie.

6. Om nie ryk regeringsamptenare (soos Dingaan van ouds) vet en ryk te maak nie.

Moet nou net nie dink ek is verbitterd oor my land nie, net teleurgesteld. Maar ek weet daar wag 'n spliternuwe toekoms vir ons, een wat ons self help skep en wat ons self gekies het...

Edited by Swerwer
Link to comment
Share on other sites

Swerwer,

Stem saam met jou: ek wil nie uitgelewer wees aan die omgewing nie en voel ek kan in Oz “master of my own destiny” wees.

Link to comment
Share on other sites

...My suggestion is, forget the video...

i agree, but for future reference check out http://pages.google.com/... and http://picasaweb.google.com/home... videos should (almost) never be mailed due to size, but uploading them to your own site/online album and providing a hyperlink is better

Edited by hDt
Link to comment
Share on other sites

Swerwer, ek het nou 'n dik knop in die keel :) Ek voel ook net soos jy oor ons volk se noodlot en die nodigheid daarvan om alewig weg te trek uit die pad van vyandigheid. Dis nie dat ek patrioties is nie, ek voel net nogal weemoedig daaroor dat moeilikheid altyd so op gelowige mense se hakke is. Kom ons hoop dat ons sal rus vind in die verskeie lande oor die wereld waar ons verstrooid is.

In hierdie proses kom ek toe mos nou die dag af op 'n stel van 8 langspeelplate "Ons lewende geskiedenis" wat in die tagtigerjare gedramatiseer is deur baie bekende Afrikaanse akteurs. Ons het nog die viniel plate saam met die Afrikana Ensiklopedie gekry. Ek het dit vir my toe sommer op MP3's gesit.

Ek sal baie graag wil luister na hierdie mp3's. Het jy dalk 'n website waarheen jy dit kan upload? Indien nie, kan ons per PM reel vir 'n ftp site of iets. Dankie, Sam

Link to comment
Share on other sites

hDt,

Thanks for the links. One's neverf to old to learn. I had a look at it and I'm impressed! This will make my life so much easier.

Link to comment
Share on other sites

hDt,

Thanks for the links. One's neverf to old to learn. I had a look at it and I'm impressed! This will make my life so much easier.

picasa is die beste ding wat nog gebeur het as dit kom by fotos en albums etc. picasa web is net 'n add-on, waardeur jy nou jou pics online kan sit in 'n gallery.

maar apart van die online gedeelte, kyk die app self uit: http://picasa.google.com/ dit index al jou fotos op jou hardeskyf, en jy kan met die rondspeel deur filters te apply aan enige pic bv black+white conversion / sepia conversion etc... en jy overwrite nooit die original pic nie, jy kan alles altyd undo. rerig powerful vir ons gewone mense wat klomp fotos het. download en install dit bietjie, dis baie nice.

Link to comment
Share on other sites

Weereens dankie. Het ek vir jou gese ons het 'n klein media-besigheidjie? Dit was altyd 'n probleem om die videos en goed by kliente te kry. Nie meer nie!

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Wannabe & Swerver, I found it really helps to write everything down when you are feeling angry and sad about your reasons for leaving South Africa. I think it's part of the process. Many nights I sat in my study in Pretoria, poring over a long piece on why I felt I had to make the move, only to delete the whole thing before I posted it.

I see I'm the same age as Swerwer, and the emotional ties have been very hard to break. I used to sit in my school hall singing 'Ons sal lewe, ons sal sterwe' as a small child, believing I would do just that, if necessary. But as you grow up you realise nothing is black and white, and there are many shades of grey.

May we all celebrate what was good about South Africa, and what is still good about South Africa, while pursuing our dreams and building the best future we can for our families, wherever we choose to be.

Bronwyn

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...