Jump to content

Online Kerk Dienste - NG Bonaero Park, SA


DeKlerks

Recommended Posts

Internetuitsendings

NG Gemeente Bonaero Park, Kempton Park is besig om hulle internet uitsending op te stel. Dit het is al getoets en dit werk. Van my vriende in AU het al daarna geluister online.

As enige een belangstel, besoek net die site: www.hawe.co.za

Omrede dit online is sal die tydfaktor in ag geneem moet work.

Dit sal waardeer word indien ons kan terugvoer kry van almal.

Groete

Louis

Hier onder 'n aanhaling uit ons gemeente se nuusbrief:

"Sommer net 'n kort e-pos om terugvoer te gee oor ons eerste uitsendings oor die internet.

Ons het gister beide die Eredienste regstreeks oor die internet uitgesaai. Sover ons kon vasstel, was daar geen haakplekke met enige van die twee uitsendings nie. In dié stadium is ons nie seker hoeveel mense geluister het nie, hoewel ons 6 rekenaars kon "sien" wat ingeskakel het op die Eredienste.

Die skakel om in te luister is op ons tuisblad by www.hawe.co.za

Wat van die toekoms?

Een ding wat beslis vas staan, is dat ons elke erediens in klank gaan uitsaai. Dit is met ander woorde elke Oggenddiens (09:00), elke Jeugdiens (17:00) en elke Aanddiens (18:30). Ons sal natuurlik ook elke ander Erediens, byvoorbeeld Kersfees, Oujaarsdienste en alle ander Eredienste uitsaai.

Ons het sedert gisteraand heelwat versoeke ontvang om die Eredienste ook per videobeeld uit te saai. Dit is natuurlik 100% moontlik maar het 'n groter koste implikasie. Video-uitsendings vra groter banwydte en dít kos meer geld. Ons het egter besluit dat ons 'n Hawe wil wees en aanvaar hierdie roeping en verantwoordelikheid. Ons vertrou dat ons die verhoogde kostes met borgskappe sal kan aanvul indien dit nodig sou wees. Ons sal hopelik binnekort met toetse hiervoor begin."

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...