Jump to content

Roma/Injune


5vannemerwea

Recommended Posts

Hallo Forumiete

"Looong time no see". Ja wel, julle weet mos hoe gaan dit.

Daar is 'n moontlikheid dat ek dalk permanent trek na 'n plaas net so entjie buite Injune. Ek wil weet of enige iemand van daardie (of Roma) se omgewing is. Ek verstaan daar is heelwat RSA'ners in Roma. Sal graag wil kontak maak.

Tot dan

Martin van der Merwe

Link to comment
Share on other sites

Hallo Martin.

Is dit Roma in Queensland? Indien dit is, ons is in Dalby maar dis so min of meer 200km van ons. Daar is Suid Afrikaners daar, die Fourie's om presies te wees, hulle boer daar. Ek het 'n email adres indien jy hulle wou kontak. Ons was nog nie in Roma nie, maar die plaaslikes hier praat geweldig baie van die dorp. Voorspoed met alles wat voorlê.

Groete Monica

Link to comment
Share on other sites

4 - ekskuus 5 vannermerwes, BAIE WELKOM terug op die forum, het die lekker gesels-stories baie gemis ! Hoop ons hoor nou weer meer van al die interessante wedervaringe ...

Link to comment
Share on other sites

Dankie Monica, jip dit is Queensland wat ek van praat.

Sal dit waardeer as jy vir my kontak besonderhede kan aanstuur. Jy kan dit sommer PM, asseblief, julle besonderhede ook.

Alida, ek sal maar kyk hoe lyk die tyd. Op die oomblik is ek so ver agter met al die stories dat dit my 'n voltydse week sal vat net om die inleiding van die stories te skryf. Dalk kry ek 'n kansie iewers.

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...