Jump to content

outlander andrew: Nuut aangesluit en kyk maar rond


outlander andrew

Recommended Posts

Hallo daar almal

Ek het nou net aangesluit en kyk maar nog deur alles.

Ek is sedert Augustus 06 in Broken Hill in die NSW "outer" outback.

In Suid Afrika het ek in Kimberley gewoon sonder enige van die normale probleme van geweld en diefstal ens. Ek het egter bietjie frustreerd geraak met die werksmark en het gesien dit gaan ons kinders ook affekteer.

Ons is nou hier en geniet dit baie. Dit verg aanpassings en daar is 'n dowwe verlange na baie dinge, veral nou sou ons met ons jaarlikse vakansie by Hartenbos gewees het.

Die kinders 10 en 14 geniet die skole darem baie en het beter gevaar as in Suid Afrika vir hierdie jaar.

Ek is 'n mynbou ingenieur en wil graag hoor van ander mynbou manne en hoe hulle dinge hier ervaar. Oor die algemeen pas ek beter hier in as in die bombastiese tipe kultuur by myne in RSA. Wat is julle mening.

Groete uit 'n warm 40+ Broken Hill

Link to comment
Share on other sites

Hello Andrew!

Het jy in Kimberley ook grootgeword of maar net daar gewerk?

Ek was in Eureka Laer en het toe in Diamantveld geland op hoerskool. My Pa was destyds in die Polisiediens (tot 1982) - ons het in Carters Glen gewoon. My Ma hulle het die Ranch Kafee gehad (by die Horseshoe Motel) - het in 1983 Mosselbaai toe getrek.

Broken Hill? Nou nie Kimberley se weer nie, maar bitter naby...

Welkom, glo jy sal nog baie mense hier ontmoet.

Groetnis uit warm, droee Canberra

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Madelein

Ek het vir 8jr in Kby gebly tot Augustus hierdie jaar. My seun was in Newton en my dogter was in Diamantveld. Die Horseshoe Motel was my gunteling watergat (iets wat ek nogal mis) Ons het toevallig ook in Cartersglen geby in Magaliesberg straat. Dis 'n klein wereld ne.

Groete

Andrew

Link to comment
Share on other sites

Het in Stormbergsingel gebly, grootgeword. Maar my ouers wou see toe trek en ek is in helfte standerd 9 daar weg. Was in 1999 weer in Kimberley en het toe in jou watergat gaan kuier. Hulle maak steeds nog maar die lekkerste kos daar. Ranch Kafee is nou Something Fishy. Het nog vriende wat in Carters Glen bly. Ons het destyds nog kerk gegaan in die Tegniese Hoerskool, geld ingesamel om Bakenskop gemeente op die been te bring. Piet du Toit was ons predikant, maar hy het die NG gemeente so 18 jaar terug verlaat. Ek droom nog steeds oor Kimberley - dit was maar net eenvoudig die lekkerste plek waar ons nog gebly het. Altyd Saterdae gestap na die Inry met ons slaapsakke en voor die muurtjie gaan sit en fliek. Behoorlik gepiekniek. Ek het 'n baie gelukkige kinderlewe daar gehad.

Mosselbaai was so seisoengebonde in daardie tyd en my Pa het toe werk aanvaar by Somchem in 1985 (Somerset Wes) en toe het ek maar begin Verpleeg. Het toe Hermanus toe getrek in 1996.

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Liefste Madelein (Grappie)

Ek moet ook se, en my vrou en kinders stem saam, dat Kimberley die beste plek is waar ons nog ooit gebly het. Die plek groei om een of ander rede en daar is in hierdie jaar 'n groot nuwe Mall in monument hoogte gebou. Nog een gaan agter die rugby stadion gebou word. Ja, dis 'n baie lekker amper sorgvye plek iweg van meeste van die land se probleme. Ek pik sommer 'n traan.

Groete

Andrew

Link to comment
Share on other sites

Hello Andrew

Welkom by die forum.

My man het so pas by 'n myn begin werk. Dawsons Valley. Die myn behoort aan AMCOAL 'n Suid

Afrikaanse maatskappy. Hy werk wel vir 'n kontrakteurs maatskappy Thiess. Hy werk tien dae en

vier dae af. Dit is so 500 km van waar ek bly. Al waaroor hy baie gepraat het is die dissipline in die

maatskappy. Daar word gereeld op daaglikse basis vir drugs en alkohol getoets. By die vorige

konstrukies waar hy gewerk het... in SA , NZ as ook hier in Australia was dit nie die gebruik gewees nie.

Dit is 'n baie ou myn sedert die vroee 50's wat hulle nou vergroot. Op die stadium is dit 56 km lank.. hulle

beplan om oor 18 maande dit oor die 100km uit te brei. Daar gaan ook 'n nuwe myn begin waar hulle

gaan tonnel. O ja dit is 'n steenkool myn.

Ek sal vir jou verdere inligting gee sodra hy weer tuis is.

Ek het ook nie ver van Kimberley af op gegroei nie.. Kom van Christiana af.

Groete

L'mari

:)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...