Jump to content

Adaptability of Afrikaans Children


jaxmvr

Recommended Posts

Hi there

We are going for our Medicals and Police Clearance in January and will hopefully be arriving in Australia soon. I want to know how well did children adapt that was raise in an Afrikaans environment (Afrikaans at home and pre-school) and now have to adapt to a totally English Environment. We did not expect to go for the Medicals this soon as I was looking at the timelines on the Aplication forum and only thought that we will hear from our case officer next year March, but alas, we received the request for medicals this week! The plan was to let the oldest son (Xander, 5) go to an English Primary school for grade R (same as prep year, I think) at least for 10 months and the youngest (Marko, 3) to an English Creche, but if everything works out we will have the results by Middle to end March and go sooner. (Better sooner than never!)

I am just worried about this and do not want to confuse them by all of a sudden just speaking English at home. We had English Friends but they moved back to Wales last year, so the children does not get exposure any more (except for the TV)

Can I have your feelings and experience on this matter please.

Link to comment
Share on other sites

Hallo jaxmvr

Ek is gebore en getoee in Afrikaans. Ons 3 kinders was almal in Afrikaanse skole. Ek is tans 'n onderwyser in Australia en al drie my kinders is by my in die skool ouderdomme 9, 12 en 15. Ek was in die begin baie bekommerd oor hul akademiese vordering in die Aus skool. In die begin het hul gesukkel (3 maande) veral Wiskunde en Engels (phonics) was veral 'n bietjie moeilik. Ons het phonics en maths computers games gekoop en was verbaas oor hoe hul binne 3 maande uitstekend aangepas het. Al drie my kinders het 'n gemiddeld "A" bereik. Die kinders pas baie vinnig aan, hul leer veral baie by die maatjies as hul speel. Ek het wel hul gestuur vir phonics klasse en dit het gehelp met die uitspraak. Na 10 maande in die Australiese skool staan ons kinders kop bo skouers uit. Hulle Engels plus aksent is totaal Australiaans.

Jou kinders is nog klein en ek glo dat hul vinnig sal aanpas. Ons praat nog steeds lekker Afrikaans in ons huis. Ons doen ook huisgodsdiens in Afrikaans. As dit moontlik is sal ek dat hulle altyd hul moedertaal behou. Hoop dit kan jou help.

Sonja

Link to comment
Share on other sites

My ondervinding: Wees eerder bedag op die ouers se aanpassingkrisis as die kinders s'n!

Alles van die beste met die skuif.

Neil

Link to comment
Share on other sites

Hi ek sit in die selfde boodjie as jy dit is vir my net so moeilik.Ons is nou n maand in Perth en my dogtertjie kan eers Feb. in speelgroep plek kry en haar nuwe juffrou is net eng.en kan glad nie afr.praat nie ek raak benoud as ek weet sy sal daar op haar eie moet regkom en dit maak my mal as ek net daaraan dink maar wat kan n mens doen sy verstaan eng. en kan klein bietjie praat maar nog steeds dit is moeilik vir so klein mensie en veral as die juffrou haar nie sal kan verstaan nie .Ursula B)

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie almal. Dit is maar moeilik. Ons was in April/Mei in Australie en kan nie wag om terug te gaan nie. Ek is nie soseer bekommerd oor Marko nie, aangesien hy 'n uitgaande kind is, maar Xander is 'n stil, ernstige kind wat sukkel met verandering. Ek moet hom altyd goed voorberei op verandering. Ek is seker ek is verniet bekommerd, maar nou ja, dis seker maar menslik en 'n ma se voorreg B)

Dit maak my gerus dat daar van julle kinders is wat so maklik aangepas het en mens moet net daardie sprong vat.

Ek sal hulle definitef vir ekstra klassies stuur as dit daarop neerkom en die rekenaarspeletjies klink goed.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jaxmvr

Ons het ons dogter ook in 'n Engels skool gesit so 4 tot 5 maande voor ons gekom het sy is nou 3 jaar en sewe maande oud. Ek het net Engels met haar gepraat van die dag wat ons geweet het ons gaan kom.

Ons het maar ook met die voorbereiding ding begin lank voor ons gekom het en hulle verstaan baie meer as wat ons dink. Die feit dat sy kon Eng praat en verstaan voor ons gekom het-het rerig baie stress van 'n ou se skouers af gehaal, aan die begin het sy nog seker Afr woorde met die Eng gemeng maar gelukkig kon sy verduidelik wat sy soek en die mense het haar verstaan.

Vandag kan sy nie wag om in die oggende skool toe te gaan nie en slefs haar Ma kan haar gaan aflaai sonder enige drama, iets wat sy nie in SA kon doen nie. Twee van haar beste vriende is "true blue Aussies" en dit is 'n hele koebaai storie in die middae as ons haar gaan haal, hulle soen en druk mekaar eers voor ons kan ry.

Die begin is maar moeilik en om jou kind daar af te laai en jy weet nie of hulle haar so mooi gaan verstaan nie is maar erg selfs vir 'n Pa maar hulle kom wel reg. As 'n ou die regte skool kies doen hulle baie moeite en vandag is sy mal oor al die mense wat by die skool werk.

Alles sal regkom jy sal sien!!

B)

Link to comment
Share on other sites

Ag dankie JohanK

Ek waardeer dit baie. Ons almal sien so ongelooflik baie uit. Ek weet dit gaan definitief nie net maanskyn en rose wees nie, maar ek gaan nie meer elke Sondag-aand met rooigehuilde oe te gaan slaap as ek lees hoe die mense vermoor en gemartel word nie (Sondag-aand is Rapport lees aand voor Stiltetyd). Ek ontstel my so baie oor wat met die mense van ons mooi land gebeur. Dus is die skoolding eintlik so klein probleempie in vergelyking met watter uitdagings ons elke dag in ons land moet oorkom, tog is dit so ongelooflik belangrik dat die kinders wel aangepaste mensies is wat eendag hulle plekke moet kan volstaan in hulle nuwe land. Daarom is dit wonderlik om te hoor dat die boerenasie nie net oor die berge kon gaan met ossewaens nie, maar met 'n vliegtuig 'n nuwe land betree en 'n sukses daarvan maak. Jammer dat ek so filosofies raak , Sondag aand jy sien!

Praat weer.

Link to comment
Share on other sites

Hallo

Ons is nou amper 4 maande hier in Brisbane. Ons huis taal is 100% Afrikaans - kom van Durbanville af.

Ek het twee dogters 6 en 4 - oudste een was in die laaste deel van PREP hierdie jaar en ons was baie bekommerd oor dieselfde ding.

Jy sal verbaas staan oor hoe vinnig kinders aanpas - my oudste dogter praat nou al amper Engels net soos 'n Ozzie- in 4 maande - die jonger een tel dit deur osmose op -

Ek sukkel amper meer met Engels as hulle.

Ons het ook rekenaar speletjies hier gekoop - kompleet me die ozzie aksent en al - dit help ook baie.

Die eerste paar eke was moeilik, maar daarna kyk jy nie terug nie - Wat ek wel kan sê is dat die skole hier wonderlik is - ek weet nie wat hulle anders doen nie, maar my dogter het meer geleer in 3 maande as wat sy in 7 maande in SA geleer het -

No Worries - dinge val baie vinnig in plek in - stem saam - die aanpassingvna die ousers is baie moeiliker

Daar is heelwat ander nasionaliteite hier was baie minder ENgels kan praat en verstaan - Ons Suid Afrikaaners is genieg om onsself erg te onderskat !

Cheers

Berndt

Link to comment
Share on other sites

Adri,

you'll look back in five years' time and wonder how you could have worried about your kids fitting into Australia?

You'll see how resilient kids are, given a bit of encouragement, and how well they adapt and pick things up.

Your kids will be speaking English with Australian accents within a year or two of hanging out with Aussie kids and playing with them at school, and be more "Australian" in their outlook than you are ever likely to feel.

Your real concern is to make sure that they have a loving home to grow up in as you start life in Australia. You can start off in a caravan . . . . and your kids won't mind at all . . . . as long as mum and dad are there to tuck them in at night and be with them.

That's what they really need.

Link to comment
Share on other sites

Berndt

Ek stem saam met wat jy se. Ek dink ook ouers sukkel meer om aan te pas as die kinders en ons is geneig om hard op onsself te wees tov Engels terwyl ons eintlik ook goed vaar. Mens is maar selfbewus oor jou aksent en omdat dit nie jou eerste taal is nie is daar onsekerheid in die begin maande. Ag wat maar dit kom ook reg sonder dat mens dit agterkom. Jy weet mos hoe is ons Saners, moet altyd presteer of jou bes doen.

Edited by Rison
Link to comment
Share on other sites

jy kan nie meer afr as ons kry nie, my kind het nooit eers 'n eng maaitjie behad nie, nie 3 maande in die aust skool het sy die eng mondeling in haar klas gewen, en as finalis in die jaar aangewys van haar skool. glad nie sleg vir 'n rou afrikaaner nie, maar nou ja my ander kind weier weer om voor ons engels te praat, maar hul eer vinnig.

het geen probleme met wiskunde of eng gehad, hul probleem is weer biologie, moet eers al die terme in eng leer (hartkamers en hoe die bloed loop en kos verteer) voordat hul die feite kon leer

Link to comment
Share on other sites

Hallo daar

ALmal sê altyd kinders pas beter aan as groot mense en ek het dit altyd betwyfel, maar wat ek in die afgelope 5 jaar beleef het, het bewys gelewer dat almal reg was en my betwyfeling nie gegrond was nie. :P

Ons het in Maart 2001 in NZ geland, uit 'n Afrikaanse Bloemfontiense agtergrond. Uit 'n gesin van 4 was ma die een met die beste Ingels, en wel ja...pa het vir een of ander rede nie nodig gehad om Engelse toetse te gaan skryf vir die immigrasie nie, want anders het ek seker nou nog in SA gesit. :blush: My vrou het dadelik werk gekry en ek het na die kinders gekyk. Het nooit met die kinders Engels gepraat nie, want dit kon maklik 'n babelse verwarring veroorsaak het, so as hulle iets wou weet het ek hulle na die verklarende woordeboek verwys, wat vir baie mense as "hard" beskryf is, maar hulle het die vrugte gepluk. :)

My seun 9, was in die skool en sy kennis van Engels was yes and no. Die woordeboek naslaan het vir hom wondere verrig en hy het met vlieënde vaandels geslaag, kop en skouers bo sy maats uitgestaan en beste presteer in Engels, want hy kon nog spel ook en nie net Engels praat nie. Hy is 'n baie saggeaarde kind en die kinders het hom nogals redelik geboelie(seker maar ook afgunstig gewees omdat hy goed gepresteer het). My siening was altyd dat mens dinge maar moet los, hulle sal moeg word om op hom te pik, :boxing: maar toe die mannetjies hom eendag in ons eie erf pak, 4 van hulle het ek van die balkon af hom toestemming gegee om hulle te piets, moet sê piets is lig gestel want want die woord het eintlik met d..... begin. Toe die eerste hou val toe lê kiewiet se kind, :) die ander skrik so groot dat hulle die hase pad kies en hulle pa's gaan roep. Gelukkig is ek groter en dikker as die gemiddelde persoon op straat en van daardie dag af kon my kind aangaan om sy lewe te ly, sonder dat iemand hom weer uitgesonder het omdat hy " 'n soft target" was.

My my dogter het net 6 geword, was in die kleuterskool en het geen woordeskat in Engels gehad nie. In NZ begin kinders skoolgaan as hulle 5 word, so sy is sommer in year 2 gesit. Aan die begin was dit nag vir haar, want sy is 'n uitgaande kind en vir die eerste paar maande het sy geen maatjies gehad nie, want hulle kon haar nie verstaan nie. Gelukkig het hulle 'n projek waar nie Engelsprekende kinders daagliks geskool word in Engels. Sy het net so goed aangegaan, was net bietjie lui vir tafels leer en is dit steeds... :whome:

Toe ons einde Nov 05 terug is SA toe, was daar nie vir my seun plek in 'n Engelse skool nie en het hy weer begin skool gaan in Afrikaans. Nou ongelukkig het party vakke se onderwysers gedink hulle gee die Afrikaanse taal as vak en as hy sy kennins op papier weergegee het met Ingelse woorde tussen in het hulle hom afgemerk. :excl: Binne 6 maande was hy tops in al sy vakke. My dogter het plek gekry in 'n Engelse skool, en dadelik uitgestyg. Haar probleem was net dat hulle tasse te swaar was en dat sy dit skaars kon oplig, want in NZ het hulle nie juis boeke gehad nie...

Nou hier in Aus, reeds vir ampers 3 maande, het altwee weer maklik ingeskakel in die skool en het goed deurgekom as mens in ag neem dat hulle net basies 6 weke gehad het om op datum te kom voordat die eksamens geskryf is. :grads: Hulle is baie gelukkig en het reeds goeie maats gemaak.

Bogenoemde is nie om te sê dat ek hierdie wonderlike kinders het nie. :holy: Ja, ek is baie trots op hulle, en bowenal baie dankbaar dat die Here ons geseën het met pragtige kinders, maar dit is om net vir julle gerus te stel dat die kinders dit sal maak. My twee "boertjies" het dit gemaak en ek begin darem ook hier en daar Yes en No verstaan, so daar is nog hoop...

Aanvanklik gaan dit die hartsnare tokkel en vertwylfeling gaan in mens se gemoed met jou mors oor die sin om hulle uit hulle bekende verwysingsraamwerk(SA) te ontwortel, veral as hulle verjaar en hulle mis die familie se besoeke om die groot dag te help vier, :cry: maar dit gaan ook verby en hulle "rou" ook maar net soos ons...Dis egter op die langduur die moeite werd.

En ja, ons praat steeds Afrikaans in die huis en Inkopiesentrums, dis net makliker om so te kommunikeer en dinge te "sê wat jy eintlik bedoel om te sê" as wat mens eers moet dink, vertaal en dan "verdraaid" te praat. Een van my dogter se Engelse "tutors" in NZ het aanbeveel dat ons steeds Afrikaans bly praat in die huis, want dan is die oorgang baie makliker in Engels omdat hulle dan die bekende woord aan 'n ondbekende woord kan koppel en so is die begrip makliker. B)

Sterkte met die eerste "aanpassings periode" Dinge gaan nie maklik wees nie, maar niks wat die moeite werd is in die lewe is maklik nie... ;)

Edited by Tukino
Link to comment
Share on other sites

Weet jy ek is so bly gewees jy het gemail baie mense dink die gras is groener aan die anderkant .Ja dit is die moeite werd aan die einde van die dag maar dit is ook maar moeilik hier ag als die aanpas. en baie ander dinge ook.Dit is nie maan skyn en rose altyd nie maar ja n mens vat elke dag soos dit kom.

Link to comment
Share on other sites

I, wat kan ek se. Om so baie terugvoer te kry het my tot trane en baie lag gedryf. Bob - thank you so much for your reply, I also value the security of loving parents and make sure that me and Jaco tuck in the children every night. As my father used to say - It is not where you stay and what you have that matters, but the mere fact of sowing seeds of love and making sure that the people around you are handled with a soft hand.

Brendt, Rison, Sad Face and Allie and Urs: Dit is wonderlik om van julle te hoor. Everyday I just realise on this forum there are more people in Australia that makes this move worth every cent, fight with SA Government departments and "stay behind" family members unasked responses and nasty remarks.

Tukino, ek het so lekker gelag toe ek jou reply lees. Veral waar jy jou seun die toestemming gegee het om die boelies te d..... :) My oudste seun is baie klein vir sy ouderdom (is 5 maar dra nog 3 - 4 jaar klere) en het al met redelik boelies te doen gehad. My filosofie: vermy 'n geveg so ver jy kan, maar wraggies as die ander kind eerste slaan en nie na 'n waarskuwing wil luister nie, kan selfverdediging maar intree.

Julle almal het my nou sommer meer gerus gemaak. Ek dink nie ek sal soseer moeilik aanpas nie, aangesien ek stick as ek eers "my mind opgemaak het" en alhoewel mens jou mense by "die huis" gaan mis, help 'n ondersteuningsnetwerk in 'n nuwe land sommer baie.

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

HI ADRI WANNEER KOM JUL DAN OOR DIE KANT TOE EN WAAR GAAN JUL PRESIES BLY :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

HI ADRI WANNEER KOM JUL DAN OOR DIE KANT TOE EN WAAR GAAN JUL PRESIES BLY :ilikeit:

Hi Allie&Urs - Ons moet nog gaan vir medies en police clearance. Ons medies is geboek vir die 9de Januarie, so ons hoop om so middel na einde Maart ons finale antwoord te kry. Dan is dit nog huis verkoop en al die ander dinge, so ons beplan om so om en by Junie/Julie te gaan. Ons ken 'n hele paar mense in Brisbane. My vriendin van 24 jaar (ons is vriende van 10 jaar oud af) bly in Forest lake in Brisbane en toe ons in April gaan loer het hoe dinge in ons nuwe land lyk het ons al hulle vriende ontmoet en baie lekker gekuier. Ons gaan 'n rukkie by my vriendin bly tot ons werk het en 'n huur huis het.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Dankie Riekie. Jammer ek reply nou eers, maar ek het omtrent met my hare in my hande gesit. My 3G wou nie werk nie en dit is mos maar ons in SA se enigste werkbare oplossing vir internet. Kan nie glo mens is so afhanklik van die tegnologie nie.

Dis baie oulike websites en ek het dit klaar op my favourites. Gelukkig begin die kinders eintlik nou eers met die engelse terminologie aangesien die oudste nou eers Graad R toe is. Ons het hom vir nou in 'n Engelse laerskool gesit (vir die tyd wat ons baaaaaiiiiiiiiiiiieeeeeeeeeee geduldig wag vir ons visa :whome: ) en hy pas nogal verbasend aan. Die kleintjie sukkel baie om maatjies te maak in sy nuwe skool, maar die twee seunskinders was nog heeltyd bymekaar en Marko (die jongste) was altyd gewoond sy ouer boetie is by hom (Hulle verskil ook net 17 maande en is dus baie groot maats). Moet maar seker nog 'n paar weke kans gee. :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Hi daar.

Hier volg ons storie, net om nog 'n stuiwertjie in die armbeurs te gooi:

Ek het ten volle tweetalig grootgeword (Engelse Pa, Ma Afrikaans), so weet 'n bietjie van hoe dit is om so tale te meng en pas in die huis. Ons het heeldag Afrikaans gepraat met my ma en dan as my pa by die huis kom, oorgeslaan na Engels, want hy is maar baie Ingils en praat nie eintlik Afrikaans nie. Om eerlik te wees, ek dink nie in my hele lewe het ek ooit eers gedink oor watter taal ek praat nie. Dit registreer nie eers regtig nie, want ek dink in Engels as ek Engels praat en in Afrikaans as ek Afrikaans praat. Iemand het noudie dag vir my gevra in watter taal droom ek en weet julle, ek kan nie se nie. ek het geen idee nie! Ons het dwarsdeur na Dubbel Medium skole gegaan (in die Afrikaanse stroom) en ek het eers in Afrikaans, toe in Engels geswot. Ek kan eerlikwaar se dit is die grootste voordeel wat mens vir 'n kind kan gee, want ek voel sterk dat kinders wat tweetalig grootword baie makliker ander tale leer en ook oor die algemeen beter vaar op skool ens. Blykbaar is daar sekere konneksies wat vorm in die brein as kinders op 'n jong ouderdom baie tale praat wat nie andersins vorm nie. :holy:

Fast Forward tot 8 jaar terug: Ons het net Afrikaans met ons kinders in die huis gepraat. My man het in Suidwes grootgeword en nooit 'n woord Engels gehoor tot hy 10 jaar oud was nie! Hy is maar baie Afrikaans. Ons het egter in Hilton in Natal gewoon, waar daar geen Afrikaanse skole is nie en die kinders is na 'n tweetalige speelgroepie (meestal tog Engels). My dogter het by die Engelse laerskool begin toe sy 5 was. Kinders pas so vinnig aan daar is regtig niks om oor te bekommer nie, veral op jou kindertjies se jong ouderdom. Hullle is wel tog verskillend. Ek onthou my dogter het van die dag dat sy skooltoe gegaan het begin Engels praat by die huis ook - geen idee hoekom nie, sy het seker maar gevoel dit is hoe dit moet wees (skool weet mos altyd beter). My seuntjie is egter 'n baie skaam en senuagtige kind en hy het nie veel gese nie. Ons is Engeland toe toe my dogter 7 was en my seuntjie 3. Sy het natuurlik teen daai tyd geen probleem gehad nie, want sy was toe al 2 jaar in 'n Engelse skool, maar my seuntjie het by die speelgroepie ingeval en nie 'n woord gese vir die eerste 3 maande nie. Ek het daar uitehelp een dag per week, so ek kon sien hoe dinge uitwerk. Baie interessant - hy het net so gewys met sy hande en gebaretaal gebruik en verder amper nie 'n woord nie. Toe hy uiteindelik sy mond oopmaak, praat hy vlot Engels! Die juffrou het vir ons gese sy dink hy was toe al baie gesteld om dinge "reg" te doen en wou nie praat totdat hy heeltemal seker is hy doen dit perfek nie. ;)

Nou, 8 jaar later praat nie een van my kinders gereeld Afrikaans nie. Nie omdat hulle nie kan nie, maar tot 'n mate omdat ek Engels praat met hulle die meeste van die tyd (instinktief, dis nie eintlik bewustelik nie, ek is geneig om te "respond" in watter taak ek aangespreek word). My dogter praat, lees en verstaan Afrikaans perfek, maar sy is skaam om dit te praat voor ander mense omdat sy 'n aksent het. Ons se aanhoudend vir haar dit maak nie saak nie, maar vir haar is dit nou op die stadium reg of weg. Ons sien maar of dit beter raak soos die tienerjare vorder.... :ilikeit: My seun kan Afrikaans verstaan en lees, maar praat dit nogal moeilik. Hy vra nou en dan wat 'n woord beteken, maar meestal verstaan hy goed. Ek kan egter nie sien dat hy dit ooit baie sal praat nie. Hy was seker op daai kritieke ouderdom toe ons getrek het wat sy "hooftaal" vasgestel is. Wat ek egter kan se is dat altwee my kinders baie goed is met tale. My dogter was eerste in haar klas in Frans, Spaans en Duits en my seun leer nou Japanees en ek is verstom hoe baie hy al kan praat. Altwee praat ook ander tale met 'n baie goeie outentieke aksent en ek dink dis seker omdat hulle oor ingestel is op verskillende klanke. Hulle is ook vir my baie verdraagsame kinders as dit kom by ander kulture. Ek dink egter die trekkery om die wereld het net soveel daarmee te doen as die taalaspek.

Nouja, dis ons storietjie. My man is die een wat baie meer sukkel met die taal as die kinders ooit het. Hy is nog steeds baie Afrikaans, maar dit gaan al baie beter. Sy Engels is onherkenbaar teenoor wat dit voorheen was. :thumbdown: Ek sou saamstem met Bob, wees net daar vir die kinders. Ek sou se dit is 'n goeie idee om vir ten minste die eerste paar mande een ouer by die huis te he om 'n skouer te voorsien om op die huil en daar te wees om na al hulle storietjies te luister. ;)

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...