Jump to content

Die Lente is hier.


legrange

Recommended Posts

Ons is nou al 'n jaar en amper 3 maande in Australië. So, dit is ons tweede lente hier. Na 'n nat winter is ek bly om weer bietjie son te sien en wil ek net in die grond gaan grou in die tuin. Die Canola is geel op die lande en die gars is besig om saad te skiet. Dit is lekker om die druiwe weer te sien leef en die bolplante te sien blom. Die varkore staan wit in die veld.

Maar nou weet ek die jaar is amper om. Daar is nog net 'n paar maande oor en ek wou nog so baie gedoen het. Die jaar het gevlieg en die kinders is alweer 'n jaar ouer. Die vrolike dogtertjie rokkies is in die winkels en ek kan nie glo dat my dogtertjie 2 nommers grooter is nie.

Ek sou 'n goeie reptiel gewees het. In my gat gekruip het en die hele winter deur geslaap het. Dit is nie dat ek nie van die winter hou nie. Dis dan lekker potjiekos en baie koffie en die lekker milo voor mens gaan slaap. Die aroma van die warm kaggel en die snoesige kombers voor die tv. Maar dan wil ek nie iets ander aanpak nie. My mure is nie geverf nie en my gras word net gesny.

Nou is dit lente en mens se vingers jik vir alles. Nou sien ek weer kans om alles aan te pak. Maar tog op 'n rusiger aanloop as is Suid-Afrika. Almal verstaan as jy nie tyd kry vir daai gordyn wat moet reg nie. En dit pla my ook nie so erg nie. My ou matte uit die 70's is ook nie meer so lelik nie want almal in die omgewing sin lyk so. Niemand trek hulle neus vir my huis op nie en so trek ek ook nie my neus op, vir die ander sin nie. Ons kuier lekker saam en praat oor kinders, skool en die laaste boek van "bookclub". Niemand word beskinder en sleg gemaak nie.

Ons is rustiger en die kinders is rustiger. Ek jaag nie meer deur die winkels om die kar nog veilig buite te kry nie. Nou is dit lente en dit is soos ons nuwe lewe in Aus. Alles blom die son skyn en dit is asof mens net wil rustig terug sit en alles vir 'n oomlik inneem. Jou seëninge tel en besef hoe bevooreg ons is.

post-7468-1252545623.jpg

Link to comment
Share on other sites

Really enjoyed reading your post, spring has arrived and it does look wonderful and we are also feeling more relaxed, you summed up how we are feeling as well and it was great to read. Enjoy the gardening and the colours.

God Bless

Susan

Link to comment
Share on other sites

Die laaste paar dae is ek baie "down" oor die koue weer - ons bly in Melbourne! So al is lente nog nie heeltemal hier nie, het jou post my tog 'n bietjie beter laat voel - hopelik nie meer te lank voor ons dit ook kan ervaar nie!

Link to comment
Share on other sites

Ai, kan nie wag om al die mooi SAAM MET DIE VREDE te kan ervaar nie ...

... cant' wait to experience the beauty TOGETHER WITH PEACE ...

Link to comment
Share on other sites

Is mal oor die foto! Jy het pragtige kinders!

Stuur so bietjie van daai lente hier Kaap se kant toe. :ilikeit:

Is bly julle is so gelukkig in Aus, laat my regtig net nog meer uitsien na die trek.

Link to comment
Share on other sites

Ag moeder, jou kinders lyk te oulik! Baie mooi foto :ilikeit:

Het ook jou post geniet, dankie vir die positiewe nuus oor Aus.

Hoe het jou kinders die skuif ervaar? Ek sien jy's ook Afrikaans. Was die skuif nie vir hulle erg nie? Al die maatjies in SA agterlaat en oorbegin, in Engels ook nog... Ai, ek stres oor ons trek :angry:

Link to comment
Share on other sites

Hallo Leboerseun,

Dit is so lekker om van julle te hoor en om te hoor hoe goed dit met julle gaan.

Jou kinders is pragtig. Skryf 'n bietjie hoe hulle aangepas het in die skool.

Ons is een van die dae daar in Mandurah en kan nie wag om weer in Albany te gaan kuier nie.

Groete

Euneze

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...