Jump to content

Enigiets nodig vanaf Pretoria??


Henriëtte

Recommended Posts

Hi Julle,

Ek vlieg Dinsdag Pretoria toe vir 3 weke. Het iemand dalk iets nodig vanaf Pretoria wat ek vir jou kan saambring? Ek bly in Melbourne.

Groete,

Henriëtte.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Henriette, ek sal graag 'n boek wil he as jy plek het. Dit is 'n klein, dun boekie deur Helene de Kock - 'Mense van faam'. Maar as jy nie plek het nie, moenie worrie nie. :ilikeit: Dankie vir die aanbod.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Sam,

Ek sal defnitief plek hê vir die boekie. Het jy miskien 'n idee by watter boekwinkel ek dit vir jou kan koop?

Groete,

Henriëtte.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Henriette, ek sien jy vlieg vandag. Ek hoop jy het 'n goeie vlug en geniet die tydjie saam met jou familie. Ek sien Exclusive Books in Menlyn / Brooklynn kan die boek kry, maar dit moet eers bestel word. Ek kan soontoe bel en dit bestel of as jy dalk saam met jou mense daar gaan ronddrentel kan jy dalk. Net wat die maklikste is vir jou.

Nogmaals dankie, Sam

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Hallo Sam,

Ek het die 13e Desember met Exclusive Books in Menlyn en Brooklyn gepraat - hulle het inderdaat nie die boek in voorraad nie en die drukkers is ongelukkig toe tot en met Januarie. Indien hulle die boek in Januarie bestel sal dit eers die 15 Februarie beskikbaar wees - effens laat.

Ek het ook by verskeie ander boekwinkels navraag gedoen en intussen uitgevind die boek maak deel uit van 'n omnibus: nommer 5 of 6, maar niemand weet vir seker nie... Op die oomblik is omnibus 7 en 8 beskikbaar op die rakke. Indien jy dalk een (of albei) daarvan wil hê, kan ek dit dalk vir jou kry???

Groete,

Henriëtte.

Link to comment
Share on other sites

Ja asseblief Henriette. Ek hou van die skrywer en as die boek nie te swaar is in jou tas nie, sal ek dit baie waardeer. Ek sal my ma vra om "Mense van faam" te bestel en te pos wanneer/indien hulle dit kan kry. Besluit jy watter omnibus die lekkerste lyk of as jy regtig plek het vir altwee... ;) Ek het meer as twee jaar laas 'n lekker Afrikaanse storie gelees. Nogmaals dankie.

Lekker kuier,

groete Sam

Edited by Sam
Link to comment
Share on other sites

Hallo Sam,

Ek is jammer dat ek jou moet teleurstel, maar teen die tyd wat jy die antwoord gepos het, het ek al amper in Melbourne geland. Ons het Saterdagmiddag uit RSA gevlieg. Een van my vriendinne kom waarskynlik in Oktober hier kuier en sy kan dalk vir jou 'n boek of twee saambring, maar ek sal jou op hoogte hou.

Groete,

Henriëtte.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...