Jump to content

Medies en Polisieklaring


jaxmvr

Recommended Posts

Hi daar. Ek is nuut op die forum maar volg al die forum vir 'n baie lang tyd. Ons het deur 'n ongelooflike lang proses gegaan en ek wil dit graag met julle deel. Ons vriende is in Australia (Brisbane) en ons het 'n paar jaar gelede besluit om ook te gaan, maar was maar baie dom. Ons wou eers alles self doen en het probeer om op Jaco se graad oor te gaan, sy skills laat assess en dit het gunstig terug gekom. Toe besef ek toe ek die aansoekvorm voltooi dat ons te min punte het. Ons het toe 'n agent genader en ons het die proses begin vir RPL deur ACS. Na 'n hengse proses is dit goedgekeur maar ek het 'n jaar ondervinding gekort. Nog 'n jaar verby en weereens ACS wat gelukkig toe net wou sien ek werk nog steeds in die professie en kry toe ACS, maar intussen is die punte op en kort ons toe 5 punte. Wat die agent toe nie verlede jaar genoem het nie is dat die 5 punte maklik verkrygbaar is deur Academic Engels op 'n 6 te kry. Ons het begin vanjaar Brisbane toe gevlieg (op skuld) en toe ons uitvind van die Engels weer die aansoek ingesit........sommer op ons eie......

En ons het hierdie week gehoor ons kan gaan vir ons Medies en Polisieklaring. Wonderlik!!!

Ek hoop ek verstaan dit reg deur te se dat as ons dit slaag is ons koppe eintlik deur??

Baie dankie vir al julle raad die afgelope paar jaar (van Rainbow Nation se dae af) en weet dat ek baie waardevolle inligting gekry het.

Hou duime vas vir die Medies asseblief!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Jinne Jaxvmr,

Baie welkom by die forum! :ilikeit:

Dit is 'n verskrilike proses en ek hoop so dat dinge nou na einde se kant toe staan! :ilikeit:

Ek hou verskriklik duimvas vir julle! Bly net positief en glo dat alles reg sal uitwerk! :whome:

Hou ons almal asb. op hoogte!

Groete, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Dankie Pippa, ek sal verseker. Ons was nogal verbaas, want ons het die 1ste Augustus eers ons aansoek afgestuur en nou moet ons al ver Medies gaan, gedog dit sal eers volgende jaar Maart se kant wees.

Link to comment
Share on other sites

Hallo daar

Ons het ook die hele proses aangepak en gedink ons het baie tyd, reeds gegaan vir medies en 'n week later gehoor ons medies in gefinaliseer, nou wag ons net op visa goedkeuring.

Julle moet probeer om so vinnig moontlik 'n afspraak te maak vir die medies, ons is in Kaapstad en moes 4 weke wag voordat ons 'n afspraak kon kry.

Voorspoed met alles en ek hou duim vas.

PS : Doen so gou moontlik die "police clearnace" dit neem 8 tot 10 weke voordat jy dit terugkry.

Skree as julle hulp nodig het.

Brenda

xxxxxxxxxx :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Hi almal,

Ons wil aansoek doen vir 'n PR Visa... wat behels die medies fisies waaroor almal so praat en kan ons dit nou al gaan doen, en indien wel, by wie?

Ons het ook twee kinders van 21 maande en 3 jaar, moet hulle ook die medies doen?

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hi Anzel

Ons gaan eers in Januarie, maar baie van my vriende is al daar deur. Die medies behels die volgende:

1. Vir alle persone in die gesien - 'n volledige ondersoek deur een van die paneeldokters (Bloeddruk, mediese vrae en agtergrond, kyk vir operasiemerke ens ens.) Die klein kinders moet ook daardeur gaan.

2. Extrale vir alle persone oor 11 jaar oud (Borsextrale om te kyk vir tekens van TB)

3. HIV toetse vir alle persone bo 16 jaar oud

4. Indien daar dan enige mediese probleme is (oorgewig, hoe bloeddruk ens) moet jy vir nog toetse gaan soos ekstra bloedtoetse, bietjie hardloop en so aan.

5. Indien jy enige mediese probleem het is dit blykbaar wys om verslae vooraf by jou dokters en/of spesialiste te kry, sodat dit sommer by die staanspoor kan ingaan.

Verder het ons eers ons skills assessments gedoen, solank vir Unabridged geboortesertifikate, huweliksertifikaat aansoek gedoen en seker gemaak ons paspoorte is hernue. Toe het ek gegaan vir die IELTS toets en ons aansoek ingestuur (jy kan wag met die ielts toets, my man het eers later gegaan). Dit was in Augustus. Ek weet nie hoekom ons sin so vinnig gegaan het nie, maar ons het hierdie week verneem ons kan vir ons Medies en Police Clearance gaan. Hulle sal jou laat weet. My raad is dus, spaar eers bietjie op die geld vir die Medies en wag dat hulle dit versoek.

Hoop dit help.

Link to comment
Share on other sites

Dankie Jaxmvr...

Dit help sommer baie! Daar is juis 'n paar kilo's wat sukkel om van my afskeid te neem :ilikeit:

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hi Anzel

Dit was so goeie manier om dit te stel. :ilikeit:

Dit voel partykeer of hulle (dis nou die kilogramme) permanente intrek geneem het sonder om losies te betaal. :censored:

Ek sal maar baie soet wees :unsure: die volgende maand, al is dit Kersfees en hoe moeilik :whome:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...