Jump to content

Anzel: Nuut hier. 'n Bietjie van ons


Anzel

Recommended Posts

Hi almal,

Nou ja, so 'n week terug finaal besluit ons gaan die stap neem. Nou net terug van Binnelandse Sake vir verkryging van kinders -- 22 mnde, en ander een 3jr. -- se paspoote, myne te vernuwe en geboorte sertifikate vir ons twee.

IELTS aansoek is gedoen, eerste datum hier in die Kaap: 24 Feb 2007!! ...en jinne dit kos 'n sak vol goud!

Ons bly in Durbanville (aanvanklik Pta, geniet dit meer hier!) en mik huidiglik Perth se kant toe... dis nou as ons nie van beter oorreed kan word nie! Rede vir 'vlug' :whome: , misdaad... en hopelik 'n bietjie avontuur. (Surely this can't be as good as it gets! B) )

Ek dink hierdie is 'n great site, alreeds so baie geleer!

Groete,

Anzel

Link to comment
Share on other sites

Welkom Anzel, ons hou duimvas dat alles vir julle seepglad verloop!

Link to comment
Share on other sites

Welkom Anzel! Weet jy sal sommer gou tuis voel en klomp antwoorde hierso kry. Good luck met daai IELTS ons moet ons s'n ook doen, sal seker in Jan wees, lyk of hulle nog plek het hierso by ons.

Link to comment
Share on other sites

Welcome Anzel - thanks for the compliments on the forum - I'm so glad you've found the forum helpful so far!

Looking forward to seeing you around, and feel free to ask as many questions as you need to!

Cheers

Ajay

Link to comment
Share on other sites

Hi Anzel

Baie geluk met die groot besluit, ons is ook oppad OZ toe, sommer om die draai van jou af in Parow, ons sal seker einde Januarie 2007 vetrek, as daar enigiets is waarmee ons kan help, skree net.

Voorspoed.

Brenda

Link to comment
Share on other sites

Anzel

As ek julle kan raad gee vir die IELTS toetse.

Ek weet dit kos 'n pophuis vol geld. Maar dit kan oor 'n paar pophuise kos as julle nie voorberei nie.

Vind uit hoe dit werk. Die dag toe ons dit doen sit daar toe 'n paar mense wat dit al 3 keer gedoen het. Download informasie van die web. Dit is nie so erg as jy net weet wat om te verwag nie.

Daar is sekere reels:

Maak 100% seker watter toets moet jy doen.

Bv die brief moet opskrif he, inleiding, body en einde met jou statement.

Die antwoord blaaie moet op spesifieke manier ingevul word.

Hou by die woorde telling, ens

Ons het die information pack gekoop wat ook 'n CD inhet. Dit het wel R450 gekos, wat ek dink te veel was. Die informasie op die web is maar dieselfde. My vrou het ook die workshop bygewoon en dit was nog 'n R600. Kyk na die volgende site http://international.holmesglen.vic.edu.au/IELTS01.htm

As nog raad soek laat weet maar. As ek miskien meer tyd neem kan ek alles mooi uit een sit. Weet nie of dit al in die verlede bespreek is nie. Ek kan as dit moontlik is van die blaaie scan en dit dalk hier plaas, as ek nog die boek het

Groete en Sterkte

Louis

Link to comment
Share on other sites

Hi Louis,

Ons is juis bekommerd oor die 'Ingels'.

Ek dink dit sal 'n great idee wees om 'n TOPIC te create oor al die 'ins and outs' van die IELTS!

(Hoe klink bg Ingels... sal ek die paal haal? :ilikeit: )

Groete

Link to comment
Share on other sites

Ja ek is ook nogal baie skrikkerig vir die IELTS ,so ek sal werklik ALLE raad ens . baie waardeer. Ek sal gaan kyk op die site. Ons s'n is die 23 Februarie en die tyd vlieg so gou verby.

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Hallo Almal

Jammer ek kom nou eers terug. Het die hele huis omgekeer vir die IELTS boeke. Het dit darem gekry. Ek sal oor die naweek van die bladsye scan en probeer om dit op die site te sit onder 'n new topic.

Sonder om julle bang te maak, maar die toetse was vir my erg. Daar is sekere specs wat mens moet aan voldoen.

Net 'n vinnige beskrywing. Soos julle op die boonste site kan sien bestaan dit uit 4 afdelings.

1. Listening - Hulle speel 'n CD, jy het 'n antwoordblad en dan moet jy die antwoorde invul - 40 punte

2. Reading - Gee vir jou 3/4 leesstukke, waar jy die antwoorde moet uitsoek. Trick - lees eers die vrae en soek die antwoorde. Die tyd is te min. - 40 punte/ 1uur. Klink baie maar is min.

3. Writing - 2 afdelings Academic - gee vir jou 'n grafiek of 2 en jy moet beskryf in 150 woorde hoe interpreteer jy die grafiek.

Afdeling 2 van writing bv Bespreek in 250 woorde 'n topic. Bv "In many countries children are engaged in some kind of paid work. Some people regard this as completely wrong, while others consider it as valuable work expereince, important for leaving and taking responsibility. What are your opinions on this? Nou skrik jy jou vrek. ;)

Die general toets is 'n bietjie makliker. Eerste een is skryf bv 'n brief aan iemand oor iets. Die 2de een is ook 'n onderwerp wat geen sin maak nie. Maar die vraag gee gewoonlik die antwoorde as jy net dit mooi lees.

4. Die onderhoud is darem nie te erg nie. Wie is jy, waar bly jy, waarvan hou jy . Jou antwoorde ly gewoonlik tot die volgende vrae. Daar is ook 'n gedeelte wat jy 'n onderwerp moet bespreek in 2 minute sonder ophou, Hulle gee jou 'n minuut om voor te berei.

Dit is in kort. Maar soos ek se. Oefen, oefen en oefen. Wanneer laas het iemand 'n 250 onderwerp op eenslag met die hand geskryf? Jy kan nie op die dag dit vir die eerste keer probeer nie.

Ek sal regtig probeer om dit beter uiteen te sit die naweek of volgende week.

Groete

Louis

Link to comment
Share on other sites

Maar mens Louis, jy gaan nog my hero word met die ding!

Ek waardeer jou hulp regtig baie!

Groete,

Anton

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Hello

Nou MOET mens die toets gaan skryf? My agent het nog niks in der voege genoem nie.

I skiem, therefore I can like to be. ( I think therefore I am)

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

HI.Ons kom van Gordensbaai af en bly 3maande in Perth . :P Dit is so lekker hier veral as dit kom by veiligheid en daar maak jul die regte besluit om daar uit te kom voor dinge nog erger raak en dit is al daar maar nog nie sover soos Pretoria nie.Dis waarom ons ook kom .Dit was moeilik om deur als te gaan maar is die moeite werd gewees aand die einde van die dag.n Mens het gedink toe ons daar gebly het niks kan met ons gebeur nie ,wel ons almal daar was targets .Ons ken baie mense wat al aangeval was en ons het besluit tot hier toe en nie verder nie ons wil nie ook nommers raak . :cry: Groot rede ook dat ons oor gekom het is oor ons dogtertjie se veilighied en haar toekoms ;) en dit was die regte besluit .Sterkte jul gaan nie n dag se verwyte he om hier te wees nie :D Ursula

Link to comment
Share on other sites

Hello

Nou MOET mens die toets gaan skryf? My agent het nog niks in der voege genoem nie.

I skiem, therefore I can like to be. ( I think therefore I am)

Hello Hendrik,

Ongelukkig is dit nou maar een van daai dinge. Almal bo agtien moet gaan vir dié toets. Ons het reeds in Februarie 2005 begin met die proses. My man, wat die primêre aansoeker is, het reeds vir sy toets gegaan in 2005, maar ek gaan eers in Maart of April.

By watter agentskap is jy? Dit het ons 'n bietjie lank gevat om tot hierdie punt te kom, juis a.g.v. al die pakke dokumente wat ingevul moet word - ag en miskien het dit ons (en natuurlik die familie) goed gedoen om gewoond te raak aan die idee dat jy volk en vaderland gaan verlaat om 'n potjie iewers anders te gaan krap. Ons handig juis more ons aansoekvorms vir permanent verblyf by ons agentskap in (drie kopieë van alle dokumente wat daarby gaan en alles moet natuurlik gesertifiseer word. Gelukkig het ons agentskap ook daar 'n advokaat wat dit vir ons hanteer.

Ons agentskap is baie behulpsaam en bied seminare aan op gereelde basis waar mense met jou kom praat, of jy nou in die begin van die groot proses is, in die middel of reeds op die punt om op die vliegtuig te klim. Dis mense soos, reisagentskap wat jou al die "ins" en "outs" verduidelik van vlugte wat jy kan neem, hoeveel jy op die vlug mag neem na verskillende "destinations" ens, 'n psigiater wat jou help deur al die drama van immigreer, 'n betroubare "removal" maatskappy wat jou ook help daar met wat moet jy wat, wat kan jy saamvat, wat gebeur as jou goed daar anderkant aankom, ag en nog vele meer. Dit was werklik insiggewend en help om al die baie vrae wat 'n mens maar het te beantwoord.

As daar enige iets is waarmee ek dalk ook kan help, laat weet maar - ek sal help waar ek kan.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...