Jump to content

Hallo almal


Tilla

Recommended Posts

Ons het einde Maart hier aangekom en woon in Hoppers Crossing aan die Westekant van die Baai. Ek het twee dae gelede by die forum aangesluit en vind dit ongelooflik om met mede-SAners (of ek sien julle noem dit Saffers) te kommunikeer (of net te lees wat ander ondervind).

Ek het 'n boodskap in die "communities" kolom geplaas en sommer die eerste dag twee "replies" gekry. Ek is bevrees my man gaan meer sukkel om my voor die rekenaar weg te kry as wat hy in SA gesukkel het om my tussen 6 en 7 voor die sepies weg te kry!

Ek sukkel nog met al die knoppies en goetertjies - is daar 'n plek op die forum wat 'n mens 'n bietjie touwys kan maak? Ek lees van PM's en sien al hierdie ikoontjies, foto's en so aan. Of moet ek maar net aanhou probeer en myself leer!

Dankie forum ...!

Tilla

Link to comment
Share on other sites

Hallo welkom hier en welkom in Australia!!

Hier is 'n skakel na 'n topic wat sekere van die afkortings het wat gebruik word - dit kan jou dalk so bietjie help:

http://www.saaustralia.org/index.php?showtopic=10630

En dan het ek vanoggend 'n uur gespandeer :) om my profile bietjie op te dateer! Lees hierso oor dit:

http://www.saaustralia.org/index.php?showt...mp;#entry220719

Hoop jy kom maar so sukkel-sukkel reg ;)

Groete

Milada

Link to comment
Share on other sites

Dankie Milada, ek gaan dit beslis bestudeer ...

Link to comment
Share on other sites

Welcome to the forum Tilla !

Dont stress too much about all the bits and pieces and abbreviations etc, I see its only your 4th post - you will slowly learn whats what. Some of us probably hang around here too much !!! So be warned - soon you too may be addicted !

All the best,

Link to comment
Share on other sites

Hi Tilla

Welkom by die forum, 'n woord van waarskuwing, partykeer moet jy jou maar nie aan almal steur nie, party mense kan baie negatief en ongeskik wees, maar meeste van hulle is baie behulpsaam en is hier om ander te help.

Geniet dit!

Link to comment
Share on other sites

Welkom by die forum!

Die forum is regtig amazing en hier is soveel mense wat bereid is om mens te help.

Hoop jy geniet dit hierso!

Link to comment
Share on other sites

Dankie julle ouens!

Ek moet bieg my hoofrede om by die Forum aan te sluit was om vir my seun maats te soek in ons area (dit is die boodskap wat ek onder "communities - melbourne, vic geplaas het). Baie dankie vir die ouens wat geantwoord het. Nog nie sukses behaal in my area nie, maar ek het beslis 'n maatjie of twee opgeline vir die toekoms - soos ek vir een geantwoord het, dit lyk my die afstand is maar die probleem. Die feit dat daar so baie Suid-Afrikaners hiernatoe gekom het beteken nie dat jy om elke hoekie en draaitjie in een gaan vasloop nie! Maar ek is nog steeds vol moed ...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...