Jump to content

Afrikaanse maats in Hoppers Crossing/Werribee


Tilla

Recommended Posts

Dagsê!

Kan iemand my help asseblief, ons het einde Maart 09 hier aangekom, so amper vier maande hier! Ek wil net weet of daar enige Suid-Afrikaanse seuns (verkieslik Afrikaanssprekend maar nie 'n moet nie) in ons area is waarmee ons seun Jayme kan kontak maak. Hy is nou 12, in graad 7 in Hoppers Crossing Secondary College en alhoewel hy 'n paar vriende by die skool het, lyk dit nie of die kinders hier graag oor-en-weer kuier of selfs oorslaap soos waaraan hy gewoond was in Suid-Afrika nie. Omdat hy 'n alleenkind is het hy verskriklik baie (en goeie) maats gehad in Pretoria en daar was gereeld 'n maat of ses wat by hom gekuier het, veral oor naweke en vakansies. Hierdie vakansie wat verby is was vir hom baie erg, want alhoewel hy homself die hele dag met die rekenaar en WII kan besig hou, maak dit nie op vir die gebrek aan interaksie met ander kinders nie, want gewoonlik speel die kinders mos maar teen mekaar, of as hulle vars lug soek word daar vir mekaar bal geskop of hulle spring trampolien ... Ek weet hy sal weer 'n vriendekring opbou want hy is 'n oulike kind maar dalk is daar iemand naby wat ook na 'n spesiale maatjie soek?

Link to comment
Share on other sites

Haai Tilla jong, ek voel vir daai seunskind van jou. Ongelukkig weet ek nie van iemand uit daardie geweste met 'n seun van sy ouderdom nie, maar ek antwoord you versoek sodat dit weer bo aan die lysie hier sal verskyn, op daardie manier sien iemand anders dit miskien. Sterkte. As julle ooit lus het vir 'n koffie, is julle welkom om te kom kuier by ons in Sunbury.

Link to comment
Share on other sites

Dankie Mara dis gaaf van jou. Hierdie forum is awesome! Ek sukkel bietjie om al die goetertjies uit te figure en weet nog nie mooi hoe alles werk nie, (sal iewers lesse moet gaan neem!) maar twee dames het op my personal messages geantwoord. Die een se seun is 13 en was gelukkig om 'n ander Afrikaanse seun te ontmoet met wie hy groot vriende geword het en hulle het oor-en-weer gekuier die vakansie. Ongelukkig bly hulle redelik ver van ons af, maar ons sal verseker plan maak om hulle te gaan ontmoet. Die tweede een het net 'n klein dogtertjie (4jr) maar ons het al lekker gesels. Dankie ook vir jou uitnodiging vir koffie - sal dit beslis onthou.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...