Jump to content

The big move


Springbok

Recommended Posts

Hi everyone

Just got an email from my cousin in Brisbane, she and her husband moved there from Cape Town almost 3 years ago with their 4 children aged between 10 and 18, in January 2004. I'd like to share her email, it's in Afrikaans, but I assume most forumites understand die Taal. :stretcher: Hope this serves as encouragement for those in doubt about their own move. At least all of us are still emigrants and not refugees yet!

Liewe Charl,

Die groot verhuisings groepe se pryse was ongeveer dieselfde en nadat ons al 3 of 4 kwotasies ingekry het, het 'n man in ons straat opgedaag. Hy het toe so pas op sy eie gegaan en sy besigheid was 'n paar maande oud en hy was in ons gemeente. Sy prys is toe so R5,000 laer en hy het wonderlike personeel gehad. Frans was elke dag in ons huis om persoonlik toesig te hou en ek dink net een foto se glas het gebreek. Sy groep is "execumove" (www.execu-move.com) maar ek dink nie al sy kliënte kry sulke wonderlike diens nie. 'n Mens moet net tot op die letter dophou dat hulle doen wat hulle voor gekwoteer het. Soms belowe hulle 4 lae materiaal om jou kosbarehede mee te beskerm en as die ouens kom pak dan doen hulle net een dun lagie. Ek weet net nie of Frans in Gauteng ook pak nie.

As 'n mens die kans kry om 'n agterdeur te ontwikkel, moet 'n mens dit gebruik. Dit raak al hoe moeiliker om in Australië in te kom. Dokters moet eers 'n jaar werk (onder toesig!) dan mag hulle die Austr eksamen skryf en as hulle dit slaag kan hulle eers aansoek doen vir PR en dan is die nuutste plan (nog nie goedgekeur nie) dat jy 4 jaar PR moet hê voor jy burgerskap kan kry. Ons het nog met PR hier aangekom op 'n visum wat nie meer bestaan nie en kon na 2 jaar se verblyf vir burgerskap kry.

Ons hoor natuurlik net slegte nuus uit SA en laas week was hier 'n spesialis wat sake kom uitkyk het. Hy kan nie 'n koper vir sy praktyk kry nie. Van die dokters wat hier aangekom het, het net eenvoudig hulle praktyke toegemaak. Ek verstaan dat die swart dokters ook die land begin te verlaat. Dit bly darem 'n tragedie!

So wat ek wil sê (vir jou jonger boetie) moenie geleenthede laat verbygaan nie. Waar ons nou is het ons nou die keuse waar ons wil bly. Ek het destyds geweet dat die koms hierna toe ons enigste en laaste kans is om so iets as gesin te doen. Ek het vir myself gesê, ek kies sodat ek weer later 'n keuse kan uitoefen. As jou broer ook hier is en dit raak ooit desperaat, sal jy jou Ma-hulle ook kan bring.

Jy weet seker wat die verskil tussen 'n immigrant en 'n vlugteling is .............tydsberekening!

Daar was 'n kort tyd, wat elke ou wat hier aangekom het vir my bevestig het, dat ons "die regte besluit" geneem het, maar deedae maak dit my hartseer, want ek dink aan die skade wat ons 'n wonderlike land aangedoen het deur te vertrek het. Ek sou veel eerder wou erken het dat ons verkeerd was en almal wat gebly het reg was!

Link to comment
Share on other sites

Hi Springbok

Baie, baie dankie vir die deel van die brief, soms het almal van ons net weer dit nodig om in 'n ander een se woorde te hoor ons is op die regte pad. Maar dit bly maar 'n hartseer storie dat dit enigsins nodig is.

Wat my ook hartseer maak is dat ons ons kinders amper in 'n war zone groot maak, ek wil nie eers begin om te vertel (dit wat almal weet) hoe bewus ons kinders is van veiligheid ens nie.

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Wat 'n pragtige brief ... hoe waar is dit nie ...

"Ek sou veel eerder wou erken het dat ons verkeerd was en almal wat gebly het reg was!"

Baie dankie dat jy dit gedeel het ...

Link to comment
Share on other sites

Hi Charl,

Thanks vir die deel van die brief. Vir ons wat nog nie daar is nie help dit altyd as iemand bevestig dat dit die regte pad is om te volg.

Groete

Werner

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...