Jump to content

Spacemuis: G'day All


Spacemuis

Recommended Posts

Hi almal

Wat moet ek julle vertel??? Wel laat ek sien! Ons is nou al amper 2 jaar in Perth, lekker ingesettle en alles. Geniet die leefwyse hier, baie rustiger as in PTA en om nie eers van die verkeer te praat nie want hier is nie so iets nie!!! Te heerlik, ek is gek oor die public transport :ilikeit: Deon werk vir 'n internasionale ingeneurs firma en ek is ook 'n werkende vrou! Ek gesels elke liewe dag met mense oor die hele wêreld (en nou is ek nie seker of die kappie op die regte "e" is nie!!). Ek doen "whitecolor recruitement" in die engineering industry (mining, oil and gas etc...) Baie lekker en geniet dit vreeslik!

Ons seuntjie is nou 4 jaar oud en hy is in daycare - Neal geniet sy maatjies baie siende dat daar nog nie 'n boetie of sussie is nie :ilikeit: Hy praat Engels met daai lekker Aussie aksent, maar ons hou ook die Afrikaans lewendig - hy kan moes nou nie sy eerste taal verloor nie!

Hoekom is ons weg uit Suid-Afrika, wel ons het die geleentheid gekry om hier te kom werk en ons gaan waar die geleentheid is!! Ek is baie lief vir SA en sal weer terug gaan om te gaan bly ook.

Okay, dis nou eers genoeg...moet nou weer werk!

Gesels weer

Karin

Link to comment
Share on other sites

Hi Spacemuis

Goed om te hoor dat julle gelukkig is daar in Perth. Julle is brawe mense om een of ander tyd weer alles optepak en weer te trek(al is dit terug na die bekende SA)

Maak net seker julle die trekkery doen voor Neal te "ingesettle' raak maw-n tiener word-want dan trek julle alleen terug na SA. Hy sal dan uit en uit n Ozzie wees.

lekker bly!

Link to comment
Share on other sites

Welkom Spacemuis!!

Hoop jy het 'n heerlike tydtjies hierso en maak klomp nuwe vriende.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...