Jump to content

'n Nuwe lewe in Darwin Nothern Territory


Johan&Karen

Recommended Posts

Gedog ek laat weet so bietjie oor wat aangaan in die deel van Australie....

Ons het hier geland 27 Februarie 2009 in die warm bedompige wet season tyd van Darwin en nooit gedink ek sou so verlief raak op 'n air-conditioner nie. Die swembad se water buite is net so warm soos die kinders se badwater binne die huis so ek bad maar sommer buite onder die sterretjies....en aai daar is baie van hulle hier te sien.....saam met die muskiete en ander goggas :unsure:

Jy loop so tussen stalletjies buite rond en glip gou by Coles of Woolworths in, nie om iets te koop nie, maar om gou so bietjie van hulle yskoue air-conditioner lug te leen om af te koel..... Ek verstaan hoekom die manne...en tannies....hier so baie bier drink....hulle soek lafenis, want jy kry dit nie eers uit 'n swembad nie :thumbdown:

Dis darem nou al begin van die dry season en die weer hier is hemels. Baie toeriste ...... in die warm son..... iets om aan gewoont te raak is die plat see met geen branders en geen wind. Die see trek terug met laag water amper 'n kilometer ver op plekke en storm weer kus toe met hoogwater. Met hoogwater staan jy en visse voer hier rondom jou asof jy in 'n akwarium is........ O ja, skielik is daai swembadwater verstommend koud, al is die dag temperatuur so 33 grade. Ek bad nou maar binne die huis... :whome:

Nou die aand 12 uur die nag gaan visvang op die see.....so plat soos 'n pannekoek.....voel asof jy wil uitklim uit die boot en 'n entjie gaan stap in die maanlig, maar die gedagte verdwyn vinnig met die eerste haai wat gevang word. Vir die vissermanne daar in RSA....hier het jy nie 'n skippers license nodig nie.....dis 'n lekker lewe die :ilikeit: Omtrent elke 2de ou het 'n boot en 90% van alle bote is gemaak van aluminium... Die staat bou bootramps hier asof dit mode is en dis gratis om jou boot in die water te sit. En jy los jou kar net daar....hy is veilig daar...

Hier is baie om te doen en die kinders is vir die eerste keer werklik vry....vry om te doen wat hulle wil in 'n veilige omgewing.... Skole is goed, maar huiswerk is min...... kan nog glad nie oor daai een kom nie..... Juffrou sê pappa en mamma moetie stress nie :blush: En ja....hier is ook maar boelies in die skole.....ook maar net kinders, maar dit word vinnig uitgesorteer. Hulle beskou Suid Afrikaners as tawwe manne.

Kinders doen nou sommer BMX resies, pa speel golf. Naweke gaan kyk ons karting racing of gaan speel by die gratis waterpark met sy slides en swem areas of baljaar in die wavepool wat nou die dag oop gemaak het. Hier is natuurreservate wat jou maande gaan besig hou met net die beste fasiliteite en jy wys net jou rybewys vir gratis toegang.....

Ja ... die rybewys ... moenie daaroor stress nie... ek het dit sommer gou gaan kry in my tee break nou die dag. Een ding wat my gat lam maak is die winkel trollies, hier is al baie gesê oor die goed, maar probeer nou 'n gebuigde trollie op koers hou in Coles. Jy los hom net daar en gaan huis toe.

Die grootste nadeel van Darwin is dat dit duur is om hier te woon. Alles is effens duurder as in ander plekke in Australie. 3 Slaapkamer huurhuise kos jou rondom $550 en meer en brandstof is ook duurder. Afstande is weer korter en dit neem my 5min op kinders by skool af te laai en by my werk uit te kom.

Ons container het uiteindelik Maandag hier aangekom.. 2,5 maande later. Maak maar mooi skoon al julle goedjies wat julle saambring want customs hou nie van RSA grond nie. Hulle het van my skoene en golfskoene mooi gepolish en my houtwerkmasjien silwerskoon gemaak.....teen 'n prys natuurlik.... :thumbdown:

Maar Maandag het ek ook my eerste voorsmaak gehad van hoe die Northern Territory se "Health Services" werk. Die swaar basis van ons bed besluit toe om neer te donn@##r op my groot toon, die nael totaal af te skeur en die toon te breek.

Nadat ek 'n hele nuwe vloekwoordeboek uitgespreek het oor die bed is ek noodeenheid toe. Hier is daar geen haas nie.....na seker so 4 ure en deur x-strale word ek meegedeel ek bly maar daar vir 'n operasie.....sodra daar 'n opening is.....behoort opening te wees so oor 5 ure....ek kon darem verlore slaap inhaal.... :whome:

Ja....medies is goedkoper hier, maar wees bereid om te wag......lank te wag :thumbdown: My opvolg doktors afspraak het 5 ure geneem....

Maar Darwin is 'n lekker plek......hier is baie ondekking wat nog hier gedoen moet word. Hier is oor die 70 Suid Afrikaanse gesinne reeds gevestig en steeds meer om te kom.

Ek mis my braaivleis en brandewyn en coke, maar niks kom by die vryheid en vrede wat ons hier ervaar nie. Jy word hier getoets aan jou eerlikheid en respek vir ander en as 'n geskenk kry jy mense wat jou vertrou.

Wel tyd om weer te werk.....

Link to comment
Share on other sites

Hi Johan en Karen

Dankie vir julle positiewe post, is bly julle ervaar alles so goed daar bo in Darwin.

Ons sit hier onder in Victoria waar die weer baie koeler is as daar by julle maar is ook baie gelukkig.

Groete

Oosie

Link to comment
Share on other sites

Karen- klink lekker! was verlede jaar Junie daar en dit is een van ons lekkerste vakansies ooit. Was julle al by Lichfield National Park????

geniet die winter break!!!!

Link to comment
Share on other sites

Hi QG,

Ons moet nog by Lichfield uitkom, maar hier is 'n paar fotos van Territory Wildlife Park.

post-11172-1242965387.jpg

Hulle is pragtig!!

post-11172-1242965465.jpg

Varswater pylstertvis. Die kinders kon hulle kos gee!!

post-11172-1242965550.jpg

Die akwarium tonnel....'n fotograaf se droom!!

post-11172-1242965611.jpg

Saagtand haai

post-11172-1242965677.jpg

Saagtand Haai....ala....Casper De Vries

post-11172-1242965733.jpg

Soutwater krokodil

post-11172-1242965793.jpg

'n Walaby en 'n springbok

post-11172-1242965851.jpg

'n Baie trotse oomblik vir hom!!

post-11172-1242965925.jpg

Die Darwiniete!!

Link to comment
Share on other sites

Quick! I have to get off this page - you're almost making me miss the NT!!

Very glad you're all happy up there!

Link to comment
Share on other sites

Baie nice post. Maak mens dink of Darwin nie dalk die regte plek vir mens is nie.

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir 'n "refreshing post"

Wat doen jy vir 'n lewe daar in Darwin?

Ek stel voor jy begin so dokumetere boek skryf oor die omgewing - vra vir Discovery Channel vir finansieële

ondersteuning. Net nie van ons vergeet waneer jy beroemt raak nie.

Hoe gaan dit nou met daai toon?

Groete en alles van die beste,

Andre

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir 'n "refreshing post"

Wat doen jy vir 'n lewe daar in Darwin?

Ek stel voor jy begin so dokumetere boek skryf oor die omgewing - vra vir Discovery Channel vir finansieële

ondersteuning. Net nie van ons vergeet waneer jy beroemt raak nie.

Hoe gaan dit nou met daai toon?

Groete en alles van die beste,

Andre

Ek is 'n Argitek vir die Department of Planning & Infrastructure. Dis 'n baie groot staatsdepartement wat die hele infrastruktuur in die Northern Territory bou. Baie van my projekte vind in Alice Springs plaas, so ek vlieg gereeld rond en sien ander dele van die Territory, 'n baie interesante plek.

Die toon en voet is in gips en vrek seer...sal maar been in die lig lê die naweek.

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die fotos. My kinders het saam met my na dit gekyk en hulle dink nou dit is die beste plek!

Sterkte met die toon.

Link to comment
Share on other sites

lekker post

hou aan om te skryf, ek het dit geniet :ilikeit:

groete

Kobus - Sabie - oor drie weke NSW

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...