Jump to content

Sizzlers


Biltongboer

Recommended Posts

Hier is nie 'n Spur nie, ook nie Mikes Kitchen of Saddles nie. En ons ken nog nie veel van die plekke hier nie, behalwe Hungry Jacks, wat 'n hamburger "fast food" plek is, en Dominoes, wat 'n pizza plek is.

Ons het nou al 'n goeie verstandhouding met Dominoes, maar mens kan ook nie aanmekaar pizza eet nie, ne. Ek bestel sommer oor die internet, en dan wys hulle op die skerm hoe ver die order is, en dan kan jy dit gaan haal of laat aflewer - hang af hoeveel jy wil betaal. As jy dit gaan haal kom dit baie goedkoper uit, selfs al werk jy die petrol in die koste in.

In elk geval. Ons het nou al die plek gesien, maar nog nie uit-probeer nie, en om een of ander rede kan niemand vir ons sê hoe dit is nie, want hulle was nog nie daar nie. (Dis nou Sizzlers.) iewesr het iemand gesê dis nie lekker daar nie, en nou glo almal dit. (Net genoeg rede vir iemand soos ek om dit uit te probeer...)

Ons besluit toe vandag is die dag, en daar gaat ons - Sizzlers toe. Dit was al half twee in die middag toe ons hier wegry.

As jy daar aankom, staan daar 'n lang ry mense. Jy gaan sit nie by die tafel en order jou goed soos wat ons dit gewoond is nie. Jy wag in die ry, en as jy uiteindelik voor in die ry kom, bestel jy jou kos. Jy betaal sommer daar, en dan vat hulle jou na 'n tafel toe. Daardie deel was bietjie simpel, want ons het lank in die ry gestaan voor ons kon gaan sit.

Hier moes ons maar weer probeer-en-tref om uit te figure hoe die storie werk. Hulle sit 5 skoon borde op ons tafel neer, met messe en vurke, en daar gaat hulle. As jy koeldrank bestel, kry jy die glas, en jy kan self gaan volmaak, soveel keer as wat jy wil, net soos hulle by Hungry Jacks en IKEA ook maak. Daardie deel van die storie ken ons mos nou al. Ons weet wat om met die glase te doen, maar nou weet ons nie lekker wat moet ons met die borde maak nie.

Ek het 'n rump steak bestel, en ek kan nie glo dis iets wat ek net iewers moet gaan opskep nie. Ons sien toe later wat aangaan:

Daar is 'n "salad bar". Die skoon borde is vir die slaaie. Jy kan solank daar gaan opskep terwyl jy vir die kos wag. Daar is hope goed om van te kies, en selfs ek het so paar goedjies uit die slaai-stalletjie uitgekrap. Die ander kos bring die waiters vir jou.

Die kos het nie lank gevat nie, en was regtig goeie gehalte. Die rump steak was puik, en vroulief se hoender was baie lekker. Intussen het ons al so baie koeldrank gedrink dat ons amper nie kan eet nie. Jy kan enigiets drink, daar is 'n masjien waar jy net kies en dan gooi jy in - Coke, Sprite, Raspberry, en so aan. As jou glas leeg is, hol jy net weer en refill. Ons Afrika-mense is mos maar niks gewoond nie, en drink asof dit ons laaste is.

Ek wonder toe nogal hoe bestel mens nou poeding as jy klaar ge-eet het? Moet ek nou weer voor in die ry gaan staan? Ons vind later uit hier is 'n hele poeding-buffet rak ook - en dis ook ingesluit in die prys. My seun maak weer 'n spektakel van homself, en gooi daai bakkie dat hy oorloop van die roomys en marshmallows. Hy het later erken dat sy ogies dalk te groot was vir sy maag...

Die kos is relatief duur, maar as jy byreken dat jy al die liters koeldrank, die slaai, en die poeding verniet by kry, is dit nie te sleg nie. Ek het ook 'n lekker flat white (koffie) gedrink. Ook bottomless, natuurlik.

Die hele bedryf het my $95 uit die sak gejaag. In Suid-Afrikaanse geld is dit tussen 600 en 700 Rand. Eina. Maar gelukkig verdien ek nie ZAR nie, ek verdien Dollas, en dis eintlik nogal 'n goeie deal.

Volgende keer sal ons weet hoe dit werk, en sal ons beter voorberei wees vir die storie.

Dit was nou lekker.

Onthou nou as julle eendag hier aanland - gaan Sizzlers toe, en moenie by 'n tafel gaan sit en wag vir 'n waiter om jou bestelling te kom vat nie. As jy sommer net gaan sit, gaan jy dalk die Polieste op jou kry. As jy eers in is, is jy in - dan looi jy die saladbar, die koeldranke, die poeding, die sop - daars selfs spaghetti bolognaise waarvan jy soveel kan skep soos wat jy lus het. Bestel dus die goedkoopste ding op die menu en vreet jou dik aan al die ander goed daar binne.

Moenie vir hulle vertel dis ek wat so gesê het nie.

Link to comment
Share on other sites

Klink julle kon genoeg eet vir 'n paar dae :rolleyes: Sodra ons geldsake settle gaan ons definitief so 'n plek hier in Melbourne moet soek.

Link to comment
Share on other sites

daar is n Sizzlers in Mermaid beach op die Gold Coast, en een in die Logan Hyperdome in Brisbane

Goeie waarde vir geld en puik kos.

Link to comment
Share on other sites

daar is n Sizzlers in Mermaid beach op die Gold Coast, en een in die Logan Hyperdome in Brisbane

Goeie waarde vir geld en puik kos.

Mikes Kitchen Goldcoast http://www.mikeskitchen.com.au/

Nandos 3 in Brisbane 1 at goldcoast 2 in Melbourne I have visited and elsewhere in Au http://www.nandos.com.au/

Subway. Australian franchise. Excellent quality foods. Seven types of bread, with lots of variations of filler. Turkey Chicken Beef ham Salami etc http://www.subway.com.au/content.asp

Pizza Hut similar to RSA and www.pizzahut.com.au/

Pizza Capers, best take away Pizza in Aus www.pizzacapers.com/

Link to comment
Share on other sites

Die hele bedryf het my $95 uit die sak gejaag. In Suid-Afrikaanse geld is dit tussen 600 en 700 Rand. Eina. Maar gelukkig verdien ek nie ZAR nie, ek verdien Dollas, en dis eintlik nogal 'n goeie deal.

That's not bad. The missus and myself was at Cattle Baron in Centurion the other evening, and keeping in mind we were two people, with no starters and not even a bottle of wine, just juice, a beer, desert and coffee had a bill of just over R500. These days we're happy if we get out of a restaurant for a proper supper for under R400 for two.

Link to comment
Share on other sites

That's not bad. The missus and myself was at Cattle Baron in Centurion the other evening, and keeping in mind we were two people, with no starters and not even a bottle of wine, just juice, a beer, desert and coffee had a bill of just over R500. These days we're happy if we get out of a restaurant for a proper supper for under R400 for two.

And I must add that we were a family of 5.

Link to comment
Share on other sites

BB, probeer bietjie Hog's Breath, daar is 1 by Mindarie ne 1 by Joondalup.

Cheers

Link to comment
Share on other sites

Hi!

Ons bly in Gladstone, hierdie KLEIN dorpie het nou nie 'n sizzlers nie, maar rockhampton nie ver van ons af nie het wel 'n sizzlers. Ek is op die oomblik besig om my learner ure op te maak (wat verewig vat). Ek se toe vir my een vriendin by my TAFE klas dat ons die naweek rockhampton toe gaan ry sodat ek bietjie ure kan opmaak, die eerste ding wat sy se: "OH! they have sizzlers in rockhampton!!" Ek het gedink ja...wel ok great??!!

Selfde dag gaan werk toe se vir die girl by die werk ons beplan om bietjie deur te ry rockhampton toe om bietjie ure op te maak vir my learners, ja raai wat was haar woorde : "They have sizzlers in rockhampton" :ilikeit: Ja wel daar het jy dit! haha nevermind ek leer bestuur...sizzlers hier kom ek! :P

Was darem nou al een keer by sizzlers en moet se die lang ry aan die begin kan 'n mens nogal af sit maar die kos is lekker en die bottomless koeldrank werk vir my!

Domino

:angry:

Link to comment
Share on other sites

Hi!

Ons bly in Gladstone, hierdie KLEIN dorpie het nou nie 'n sizzlers nie, maar rockhampton nie ver van ons af nie het wel 'n sizzlers. Ek is op die oomblik besig om my learner ure op te maak (wat verewig vat). Ek se toe vir my een vriendin by my TAFE klas dat ons die naweek rockhampton toe gaan ry sodat ek bietjie ure kan opmaak, die eerste ding wat sy se: "OH! they have sizzlers in rockhampton!!" Ek het gedink ja...wel ok great??!!

Selfde dag gaan werk toe se vir die girl by die werk ons beplan om bietjie deur te ry rockhampton toe om bietjie ure op te maak vir my learners, ja raai wat was haar woorde : "They have sizzlers in rockhampton" :ilikeit: Ja wel daar het jy dit! haha nevermind ek leer bestuur...sizzlers hier kom ek! :ilikeit:

Was darem nou al een keer by sizzlers en moet se die lang ry aan die begin kan 'n mens nogal af sit maar die kos is lekker en die bottomless koeldrank werk vir my!

Domino

:(

Ek het nou gesoek op google maps, maar kry nie eers vir Gladstone nie, so klein is hy. Waar is dit? (Ek soek 'n plek om paasnaweek te gaan bly.)

Link to comment
Share on other sites

Ek het nou gesoek op google maps, maar kry nie eers vir Gladstone nie, so klein is hy. Waar is dit? (Ek soek 'n plek om paasnaweek te gaan bly.)

Hi biltongboer,

Ja dit is nogal moeilik om ons te kry op die map - in die "search box" tik in : Gladstone, QLD, 4680

Maar ons bly in Tannum Sands - in gladstone maar so half uur se ry, dis lekker naby die see! Paasnaweek is hier 'n groot "opskop" in tannum sands/boyne island. Die Coconet Classic. Bands, Kite Surfing ens. Gaan baie lekker wees! www.coconetclassic.net.au

Lekker dag!

Edited by domino
Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

There is actually a Spur in Penrith here in Sydeny, just as a matter of interest. I keep meaning to go.

Link to comment
Share on other sites

Okay Guys, now you have made me hungry!!!! he he he. Ladyfingers - we have you been stranger. Looking forward to one of your juicy posts again.

Link to comment
Share on other sites

we have been to the Spur in Penrith - it was just like "home" right down to the Wooden menus and the cow-print seats !! it was great :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...