Jump to content

Hoe om 'n haai aanval te vermy


polly

Recommended Posts

Hoe om 'n Haaiaanval te voorkom:

1. Moenie in die see swem nie.

Meer as 99% van alle haaiaanvalle gebeur in groot watermassas, ook bekend

as oseane. Die manier om vas te stel of jy in 'n oseaan is, is om die water

te proe. Dit behoort sout te smaak.

2. Swem saam met vet mense.

Sorg altyd dat daar groot vet mense saam jou in die water is. Die kanse

dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom is baie goed.

3. Dokter die sonblok.

Om jou kanse op 'n aanval verder te verklein, vervang die ander se sonbrandmiddel

met iets wat na gebraaide biefstuk ruik.

4. Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie.

Dis sodat jy die swemmer naaste aan jou kan steek as jy 'n haai gewaar.

Sodra hy lekker bloei, swem so vinnig weg as wat jy kan

5. Luister noukeurig!

Elke Haai het 'n Theme Song - As jy dié volgende hoor, swem vir jou lewe:

da-dam. da-dam. da-dam

As dit so klink: dadam, dadam, dadam - dan is jy klaar in jou moer.

6. Moenie paniekerig raak nie.

Bly kalm as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval in jou moer in en dit sal

nie help jy probeer oorleef nie. Die mense op die strand sal dit waardeer

want om iemand soos 'n mal mens te hoor skreeu en gil, is nie lekker nie.

Dink aan die kinders man

Link to comment
Share on other sites

Hi Polly

welkmo terug. bly om te sien dat jy darem nog n sin vir humor het na als waardeur jy is.

Groete en pas jouself mooi op

Petro

Link to comment
Share on other sites

Sharks are probably the only thing that could keep me out of Australia. I watched "Jaws" as a nine-year old - have not been deeper than waist ever since. (Being a shorty, the water is quite shallow there......)

Your ideas are brilliant, thanx. Like Casper de Vries says: As ek 'n haai sien Skyt* ek 'n damwal!!!!!

* Not the real word - I tried to be polite :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Magnificent creatures, sharks.

While I normally joke about staying away from them I've had the opportunity to dive with sharks at Protea Banks and it has been one of the most memorable diving trips of my life.

Link to comment
Share on other sites

2. Swem saam met vet mense.

(Tegnies sal haaie nie iets aanval groter as hulself, so hou op dieet)

4. Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie.

Dis sodat jy die swemmer naaste aan jou kan steek as jy 'n haai gewaar. Sodra hy lekker bloei, (Haaie ken net visbloed, mensbloed doen niks vir hulle nie.) swem so vinnig weg as wat jy kan. (Ek dink ek swem vinniger deur water as haai deur poef)

Link to comment
Share on other sites

Hi Polly

Dankie vir 'n lekker lag. Ek lees nooit die funnies nie en vanaand besluit ek toe op hierdie een van jou. Ek en my gesin het ons gelag dat die trane loop. Ek kon beswaarlik die grap voorlees.

Dit was goed!

Groete Euneze

Link to comment
Share on other sites

Ons het ons ook lekker simpel gelag. Van my wat so lank weg was, het die joke emails lekker opgehoop. Ek en my man het vir amper 'n uur sit en grpapies lees toe ek teruggekom het. Lag bly maar goeie terapie :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...