Jump to content

Rison: Swanepoels Groet


Rison

Recommended Posts

Hallo aan almal op hierdie interessante webwerf! Ek en my gesin is reeds sowat 11 maande hier in Suid-Australie se platteland. Ek is betrokke by Projekbestuur (Opleiding en Indiensneming) en my vrou (Sonja) gee onderwys. Pas lekker aan en leer baie veral in die werksplek. Ons kinders gesels reeds lekker "Australian" aksent en al. Ons is voorheen van die Vaal Driehoek (Gauteng) en is bly om hier in Australie te wees. Dinge begin nou normaliseer na 'n paar insigewende maande as ek dit so kan stel. Ons het baie vinnig permanente verblyf gekry na 'n paar maande op 'n 457. Die mense is vriendelik op die platteland en ek dink dit het die aanpassing makliker gemaak. Sterkte aan almal wat oppad is na Australie! Dit is wat jy daarvan maak wat tel. :D

Groete

Riaan & Sonja

Link to comment
Share on other sites

Hey Riaan & Sonja,

Welkom by die forum, hoop om sommer nog baie van julle te hoor.

Jong 11 maande in Australie maak julle sommer al "oumanne" as jy na al die nuwe "gesigte" op die forum kyk.

Lekkerbly

C'bug

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Hi Riaan & Sonja

"Dinge begin nou normaliseer na 'n paar insigewende maande as ek dit so kan stel."

Soos wat? Give us examples of the 'interesting' things that happened to you in the past 11 months please?

Bronwyn

Link to comment
Share on other sites

Hi Bronwyn,

I can only comment on my own situation and surroundings. To start off I just want to say is that it is definitely not easy to leave your country of birth and start all over again. It is a huge challenge and I think you have to firmly stick and believe in your assessment / reasons why you left SA and see Australia as a total new beginning. My commitment is to stay permanently and live a normal family life. I have already achieved that and more. So I am positive about Australia being the right choice after a few months. Australia really reminds me of the "old" SA if I may say so. I am happy to answer any specific questions you may have otherwise I am going to write a book here. :ilikeit:

Riaan

Link to comment
Share on other sites

A nee a, die Suid Oz platteland is groot! Waar woon jy? Moenie 'n man so in die duister hou nie....

Link to comment
Share on other sites

Hi Riaan,

Welkom hier by ons hoekie van die web. :ilikeit: Goed om nog plattelanders te sien! Dis darem lekker hier, né?

Soos jy sê, dit voel amper soos die ou SA. Praat van insigewende maande en boeke skryf! Ons sal almal maar moet co-author, en 'n ensiklopedie skryf. ;) Expat Confessions sal maar die knie moet buig voor ons meer superieure boek :ilikeit: (weet nie eers of ek daai groot woord reg gespel het nie :ilikeit::blush::ilikeit: )

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir die verwelkoming. ;)

Jammer Otto, wil nie te veel te gou praat nie, is maar versigtig.

Ons bly in die Upper Spencer Gulf gebied in 'n klein dorpie met die naam Crystal Brook (200 km vanaf Adelaide) wat baie rustig is. Hier is groot plase om ons met heuwels en vlaktes vol koringlande. Die skape is groot, weet nie wat eet hulle om so te lyk nie. Heelwat Bloekom bome in ons dorpie en die mense is baie vriendelik.

Ons kinders is in 'n Christelike Privaat Skool met min kinders en dit is voordelig. Die Aussies hou van sport en ons is sommer gou gou betrek by die Sport Klub (Netbal en Footy). My dogter speel byvoorbeeld saam met volwassenes alhoewel sy 15 is, vaar uitstekend en leer baie. Die kinders kan buite speel tot laat en fietsry sonder dat ons hoef te vrees oor hulle veiligheid. Ons sluit werklik nie eers ons huis se deure as ons werktoe gaan nie. Niks word gesteel nie. Almal respekteer mekaar en daar heers goeie buurmanskap. Dit het ons 'n ruk geneem om gewoond te word om sonder mure en hekke te lewe (Hier is dit oopplan hoor!).

Die Flinders Ranges is nie ver van ons af nie en ek reis van tyd tot tyd na die Outback waar mens baie Wedgetail Eagles / Kangaroos en Emu's sien. Jy kan 700km maklik in 'n reguit lyn ry en net karoo sien - dit gebied het sy eie mooiheid en groei nogal op 'n mens. Dit was maar bleek gewees vir ons in die begin want ons kom van 'n groen SA gebied (Somer Reen) en hier was dit droog en warm in die Somer (Winter Reen). Maar mens pas gou aan sonder dat jy dit besef.

Die SA caners het intussen gegroei tot sowat nege gesinne (meestal Ingenieurs en Onderwysers) en ons het onlangs ons eerste "Get Together" gehad. Daar is nog baie ander SAcaners in Wyalla en Roxby Downs en die getalle groei daagliks want hier is baie werk (Trades) weens die "Mining Boom" wat teen 2009 in volle swang sal wees.

Lewenskoste lyk laer as in die Stede en mens kan met een salaris regkom. Al altwee werk kan jy geld wegsit / spaar. Behuising kos ook minder alhoewel die mark sterk opgetel het en nuwe huise skaars raak. Vir ons was die grootste uitdaging die werksplek en nie die omgewing of mense om ons nie. Die Engels is n faktor wat nie sommer lig geag moet word nie. n Mens dink jou Engels is goed, maar daai eerste paar maande is maar woes soos jou tong knoop en hulle met vraagtekens na jou kyk of jy kan hulle nie altyd mooi verstaan met die Aussie aksent nie. Die werkskultuur is beslis anders - Salarisse verskil nie so drasties tussen poste/posbenamings nie en status is 'n relatiewe begrip. Jy werk baie onafhanklik en ek het nog nie werklik sterk Bestuur gesien nie. Jy vind half jou eie pad, maar dit is eintlik 'n goeie leerskool.

Dinge wat lekker skeef geloop het in die begin was ons huurhuis. Regte krot en ons het geweier om daar te bly en drie weke in 'n Motel geslaap todat ons 'n behoorlike plek gekry het. Mens moet maar versigtig wees met die internet, kan baie misleidend wees. Vra eerder iemand om vir jou te gaan kyk indien moontlik voor jy land.

Link to comment
Share on other sites

Ons het geland met 'n 457 Sponsorship en dadelik met die wekgewer onderhandel om ons ook te sponsor vir ons 857 RSMS Visa wat permanent is. Al voorwaarde is dat jy vir die werkgewer moet werk vir twee jaar. Daarna kan jy gaan en doen soos jy wil. Die Visa is permanent en jy kry al die voordele daaraan verbonde soos enige ander permanente Visa. Ons kan ook oor twee jaar reeds aansoek doen om burgerskap. Intussen doen jy ondervinding op en jy het werk. Daar is ook oudersdoms toelatings bo 45 en minder streng vereistes ten opsigte van Engels indien nodig.

Link to comment
Share on other sites

Ek wil net byvoeg dat die Regional Sponsored Migration Scheme (RSMS) geld buite die tradisionele groot stede in Australie, behalwe Adelaide wat ook "Regional" geag word. Die werkgewer moet bewys hy kon nie iemand wat paslik gekwalifiseerd is in die "Regional Area" vind om aan te stel in die pos nie. Hy moes die pos geadverteer het. As hy nie iemand plaaslik kon kry nie kan hy jou nomineer vir die pos as jy reg gekwalifiseer is. Die werk moet voltyds wees en vir ten minste twee jaar. Dit is een van die voordele om na die platteland te gaan. Werkgewers is meer desperaat vir gekwalifiseerde werkers weens die tekort en sal meestal onderhandel en inskiklik wees om jou te sponsor vir Permanente Residensie. Terwyl jy wag vir die permanente Visa aansoek gaan jy outomaties oor op wat DIMA noem 'n "Bridging Visa". Die RSMS Visa aansoek word gewoonlik baie vinnig afgehandel en kos sowat $1,800. Na die twee jaar op die RSMS kan jy skuif na enige ander area of werkgewer van jou keuse en aansoek doen om Burgerskap soos ek gemeld het. Ek dink ook die platteland sal minder finansiele druk he as in die stede wat dit makliker maak terwyl jy jou voete vind. Dit is maar net my opinie, kan verkeerd wees.

Link to comment
Share on other sites

Is ook hier op RSMS, en dis die moeite werd. My visumaansoek het 4 weke geneem vir PR! En dit van SA af! Myns insiens is dit die beste opsie vir SA'ners, maar jy moet twee jaar op die platteland wees.

Link to comment
Share on other sites

Otto, Snaaks hoe min SA caners na hierdie Visa opsie kyk. Ek weet nie of hulle nie bewus is daarvan nie, gebrek aan inligting en of hulle voel die stede bied meer. Ons boeremense pas einlik baie goed aan in die platteland en moet nie sommer as opsie uitgelaat word nie. Die Visa is vinnig en as dit nie was dat DIMA my ge-e-mail het na SA toe nie (kan jy glo!) terwyl ek in Aus was. Omtrent 4 maande se tyd so verloor. Mens moet maar opvolg het ek geleer.

Link to comment
Share on other sites

Otto, Snaaks hoe min SA caners na hierdie Visa opsie kyk. Ek weet nie of hulle nie bewus is daarvan nie, gebrek aan inligting en of hulle voel die stede bied meer. Ons boeremense pas einlik baie goed aan in die platteland en moet nie sommer as opsie uitgelaat word nie. Die Visa is vinnig en as dit nie was dat DIMA my ge-e-mail het na SA toe nie (kan jy glo!) terwyl ek in Aus was. Omtrent 4 maande se tyd so verloor. Mens moet maar opvolg het ek geleer.

Hi

Het gewonder -

My man het laas week 'n telefoniese onderhoud gehad met firma noord van Brizzies en die ou het genoem dat hy moontlik my man kan oorbring op die 121/856visa, maar dat hulle eers mooi moet uitvind oor die visa opsies aangesien die firma nog nooit iemand van oorsee gesponser nie. Ek verstaan dat 'n firma eers 'n "oudit" moet ondergaan om iemand te sponsor. Weet julle hoe lank so "oudit" vat.

Ons wag nog vir ACS en het voor die (belowende) onderhoud gedink om vir 'n 136 visa aansoek te doen. Ek is net skrikkerig dat die firma nie die "audit" gaan slaag nie en dat ons dan eintlik kosbare tyd mors. ?? :whome:

Ek veronderstel dat as 'n firma voorheen iemand gesponsor het, dit nie 'n probleem sal wees nie, maar in ons geval waar dit die firma se eerste keer gaan wees, hmmm... weet ek nie so mooi nie. Sou jul dink dat 'n mens in ons geval eerder nog vir die 136visa maar met 'n "job offer" aansoek moet doen.

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Ek is nie 'n kundige op die spesifieke visa nie maar sover ek weet is dit die ENS (Employer Nomination Scheme) en jou beroep moet of die ENSOL lys wees. Die Firma se goedkeuring om te Sponsor hang af van die volgende:

Employer requirements

To participate in the Employer Nomination Scheme, the employer must:

• be actively and lawfully operating a business in Australia

• have a genuine need for a paid employee to fill a position in their business

• follow all relevant Australian laws and have a satisfactory record of meeting immigration laws

(if applicable)

• have a current training strategy for existing Australian employees, or if a newly established

business, have a training plan for future training of Australian employees

• provide the employee with an offer of permanent employment.

Position requirements

The position being nominated must:

• be full-time

• be permanent and ongoing

• meet all relevant Australian award requirements

• be an occupation that is on the Employer Nomination Scheme Occupation List (ENSOL)

Hierdie Werkgewer keuringsfase en vereistes is nie veel meer as vir die 457 Visa nie en baie SA caners maak hiervan gebruik sonder probleme. Ons werkgewer (privaat Skool) het hulle "Business Sponsor" goedkering in twee weke gekry en hulle het ook eers nie mooi geweet wat om te doen nie.

Ek weet 'n mens voel bang om te "waag" omdat jy van SA af dinge doen en die onsekerheid maar knaag. Dit help egter baie as jy weet waar jy gaan werk en wat jy gaan verdien. Altwee opsies wat jy genoem het is goed. Hang net af hoe haastig julle is. :blush: PS: Ek hoop iemand anders op die forum wat op die ENS Skema oorgekom het en eerstehandse ondervinding het kan op jou vraag antwoord.

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir jou antwoord. Ons het uitgevind dat my man se beroep wel op die ENSOL lys is... so dit is gecover.

Ek is net nie mooi seker wat hierdie punt presies behels nie, maar die firma sal seker weet, nè:

• have a current training strategy for existing Australian employees, or if a newly established

business, have a training plan for future training of Australian employees

Hierdie hele proses verg baie geduld (wat nie my sterk punt is nie)! :hug:

Tania

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...