Jump to content

Drive-in in Perth

Biltongboer

Recommended Posts

(Hierdie is 'n ou storie, kan nie onthou of ek hom al hier gepost het nie:)

Julle sal dit nie glo nie. Ons was nou die dag in 'n inry-teater. Daai waar jy met jou kar inry en stop om movies te kyk. Net soos daai een wat daar in Olympia was, met die hobbels en die paaltjies vir die speakers. Regtig. Deesdae gebruik hulle net nie meer die speakers nie, hulle stuur sommer die klank oor op 'n FM radio kanaal, en jy sit net jou kar se radio aan.

Ons was 'n hele paar gesinne wat deur Nicole en Tony saamgesleep is. Toe ek hoor hulle nooi ons "drive-in" toe, toe dog ek hulle maak grappies. Ek was laas in 'n drive-in toe ek op skool was.

Die movie begin eers negeuur, want die son sak dan eers. Nicole het aangedring daarop dat ons al half agt daar moet wees. Ek kon dit nie verstaan nie, maar later het alles sin gemaak. As jy daar aankom, is die ry karre al baie lank by die hek. Daar werk 'n omie by die geld-hokkie. Hy werk al daar van die eerste wêreld oorlog af, of so lyk dit in elk geval. Hy is baie sorgvuldig en stadig, en knoop 'n geselsie met almal aan voor hulle deurgaan. Dit kos ons $28 vir ons hele gesin.

Toe ons eers in is, kry ons die klomp en ons parkeer daar langs hulle. Almal het stoele en kombersies, en dies wat bakkies het parkeer met die agterkant vorentoe. Ons het later ons kar ook omgedraai, en die kinders het in die Holden se boot gelê en movie kyk. Oral sien jy gesinne wat lekker saamkuier, met kombersies en stoele. Kinders die wêreld vol. 'n Lekker familie atmosfeer. Jy kuier so lekker, jy is amper omgekrap as die fliek begin.

Hulle het twee flieks gewys: Bolt, en Bedtime stories. Toe ons daar uitry was dit al 00:30. (Party van ons het groot dele van die movies gemis...)

Dit was nou lekker. Ek kan nie onthou wanneer laas ek dit gedoen het nie. Ek kan nog onthou hoe ons daar ingeslip het by die inry in Windhoek, aan die agterkant met ons fietse. Dan kyk ons lekker movies en gaan terug na Loots se huis toe. Lekka stout. Gelukkig is ons nooit gevang nie.

Hierdie is blykbaar een van die laaste drive-ins in Australia, indien nie in die wêreld nie. Ek het nie geweet die goed bestaan nog nie.

Link to comment
Share on other sites

AG LEKKER! Jy moet bietjie laat weet waar die plek is! Was julle al by die Movies@ burswood, net so lekker! Dis net soos inry net sonder die karre, jy bring jou komberse of stoele en piekniekmandjie en kyk lekker fliek. Begin ook so 8:30 maar dis beter om al so 7uur se koers te gaan om 'n lekker plekkie te kry en nes te skrop. Dis regtig 'n moet! Ons het die dag na ons geland het toevallig die plek ontdek en sommer gebly om Australia te kyk..was 'n lekker manier om onsself in te burger in die nuwe land in!

Vir mense met kidz, dis wonderlik want die kinders kan lekker op die komberse le en kyk of selfs slaap as hulle wil! Gaan na die link www.moviesbyburswood.com vir meer info. (dit wys nog tot die 4e April as ek dit reg het)

Mooi bly

Yo!

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Die ene is in Whitfords avenue, as jy van Wanneroo road se kant afkom, draai links by Mooro road en draai regs by die t-aansluiting. Die plek sit op die punt van die pad. As jy mooi kyk, dan sien jy die Big Screen van die pad af as jy in Whitford ry.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...