Jump to content

Die Groot Trek - uitpak aan die Onnerkant

Biltongboer

Recommended Posts

Ons het op 29 Augustus 2008 die papiere geteken toe die container in Windhoek se deure gesluit is. Op 28 Januarie 2009, kon ons uiteindelik al daai goed weer uitpak Doer Onner.

Ons het op 18 September 2008 in Perth geland, en het 'n huis gehuur in Hocking. Net voor die container uiteindelik deur die doeane is, het ons 'n ander huis gekry in Darch, reg langs die kinders se skool. Die container het ons maar so bietjie langer laat stoor voor ons hom laat aflaai het.

Dit beteken ons het die goed ten minste 5 maande laas gesien. Ons het eintlik al heel gewoond geraak om sonder die gemors klaar te kom, en as die skip gesink is op pad hiernatoe, of deur pirates besteel is, sou ek eintlik die versekering se uitbetaling verkies het.

Nou skielik sien jy goed waarvan jy al heel vergeet het - en die emosionele baggage wat daarmee saamgaan maak jou sommer depressief. Dis lekker om die herinneringe terug te kry, maar dis ook sleg, want dit bring goed terug waarvan jy al heel vergeet het.

Dis ongelooflik hoeveel gemors 'n mens opgaar in 'n paar jaar. Ons het 4 bakkievragte vol goed weggegee in Windhoek. Ons het klomp goed verkoop ook. En steeds land hier twee 20 voet containers vol gemors wat ek nie nodig het nie. Daar is goed waaroor mens bly is, maar wraggies, meeste van die goed is plein gemors wat ek weer net so in die bokse teruggepak het en gevra het hulle moet sommer saam met die leë bokse gaan weggooi.

By the way - my container in Windhoek was een groot 40 voet meneer. Hier by my huis stop hulle met twee 20 voet containers. Iewers het iemand al my goed uitgepak en oorgelaai.

Hier het drie manne opgedaag saam met die lorrie. Net drie. Hulle het altwee daai containers afgelaai, met vriendelike smiles en baie ordentlik.

Die groot oomblik was natuurlik toe hulle Celesti se klavier in een stuk aflaai. Sy het dadelik op die ding gespring en weggetrek met 'n liedjie. Hy is nog verbasend "in tune", so klein bietjie af, maar glad nie soos wat ek verwag het dit sou wees nie.

Ek moes natuurlik sukkel om die internet weer aan die gang te kry. En ek het met Foxtel gereël om die skottel se installasie hier te kom doen, toe hoor ek die eienaar van die huis moet eers toestemming gee om dit te laat doen. En so sit en wag ek - Foxtel ou moes maar weer teruggaan sonder om die job klaar te maak. Ek het skaars hier ingetrek, en ek is klaar kwaad vir die eienaar. Hy sit en slaap en antwoord nooit nie. Wonder hoe lank sal hy vat om te kla oor iets wat ek sonder toestemming gedoen het?

Daardie eerste dag was chaos. Ek en Vonnie moes nog teruggaan na ons ander huis toe, om ons meubels en goed daar te gaan haal. Op 'n stadium het ons die Afrika-ding gedoen, en die tafel bo-op die kar se dak vasgemaak. Sonder Vonnie sou ek dit nie gemaak het nie - ons het ons vrekgewerk tot laatnag toe.

(Dankie Elizna vir al die hulp!)

Kyk hier om fotos te sien

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Ek het al gewonder oor die klavier, ek sal maar swaar kry om sonder my klaviertjie deur die lewe te gaan - moes dit al vir sewe jaar doen en dit was nag ! Blykbaar kan mens klaviere en ander musiekinstrumente daar huur. My ou klaviertjie kan nie saamkom nie, ons vat net onsself, klere, kinders en kitaar oor - en boeke.

Ek lees van baie mense wat Doer Onder spyt is oor die hele container vol goed. Die emosionele bagasie wat saamkom is 'n baie interessante nuwe perspektief. Ek skat 'n container moet mens amper 100% emosioneel pak ? M.a.w. net dinge waaraan jy positiewe emosionele waarde het. Enige ding sonder positiewe sentiment, moet bly. Of, dalk 100% prakties ? Net dit wat jy nodig gaan hê om te oorleef, wat ekonomies is om oor te neem, ens.

Link to comment
Share on other sites

Ag Biltongboer

Daai kinders het gedaan gelyk!!!

Maar wees tog nou gaaf en s'e bietjie vir ons, wat moes jy gelos het en wat was jy toe bly om te sien??

Lanklaas gehoor van julle. Hie gaan die werk env?

Stranded

Link to comment
Share on other sites

Ek het al gewonder oor die klavier, ek sal maar swaar kry om sonder my klaviertjie deur die lewe te gaan - moes dit al vir sewe jaar doen en dit was nag ! Blykbaar kan mens klaviere en ander musiekinstrumente daar huur. My ou klaviertjie kan nie saamkom nie, ons vat net onsself, klere, kinders en kitaar oor - en boeke.

Ek lees van baie mense wat Doer Onder spyt is oor die hele container vol goed. Die emosionele bagasie wat saamkom is 'n baie interessante nuwe perspektief. Ek skat 'n container moet mens amper 100% emosioneel pak ? M.a.w. net dinge waaraan jy positiewe emosionele waarde het. Enige ding sonder positiewe sentiment, moet bly. Of, dalk 100% prakties ? Net dit wat jy nodig gaan hê om te oorleef, wat ekonomies is om oor te neem, ens.

Ek dink baie van die "positiewe" goed het nog steeds die teenoorgestelde uitwerking as dit hier land. Dit laat jou skielik na 5 maande weer terugdink aan goed en laat jou terugverlang na goed wat jy al lankal vergeet het. Dis makliker om net heeltemal ontslae te raak van alles. Maar dis my opinie.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

My dogter wou ook nie haar klavier agterlaat nie - ouma het dit vir haar gekoop. So oorleef hy toe al twee containers. Eers van PE af Auckland toe en 4 jaar later kwart pad terug Gold Coast toe. So getrekkery laat jou besef hoeveel onnodige(?) goed jy saamdra. En hoe gekompliseerd ons ons eie lewens maak met "stuff" (soos my kinders se). MAAR daar is niks so lekker as om koffie (SA koffiehuis) uit jou ou beker te drink wat jy daai dag op die sale by Clicks gekoop het nie. Uitpak is lekker!!

My 2c

Link to comment
Share on other sites

Aangename kennis Biltongboer! Dis so lekker om afrikaans te lees op die forum. Ons (ek, manlief en n seun van byna 19- wat verlede jaar matriek geskryf het in S.A) bly sedert Desember op Bindoon (iets-in-die-tagtig km. van Perth). Het jy nie dalk n seun van dieselfde ouderdom nie? My kind mis sy maats geweldig en hier is nie juis baie jongmense waar ons bly nie. Hoop julle verblyf is aangenaam en baie sterkte vir julle. Groete, Boervrou.

Ons het op 29 Augustus 2008 die papiere geteken toe die container in Windhoek se deure gesluit is. Op 28 Januarie 2009, kon ons uiteindelik al daai goed weer uitpak Doer Onner.

Ons het op 18 September 2008 in Perth geland, en het 'n huis gehuur in Hocking. Net voor die container uiteindelik deur die doeane is, het ons 'n ander huis gekry in Darch, reg langs die kinders se skool. Die container het ons maar so bietjie langer laat stoor voor ons hom laat aflaai het.

Dit beteken ons het die goed ten minste 5 maande laas gesien. Ons het eintlik al heel gewoond geraak om sonder die gemors klaar te kom, en as die skip gesink is op pad hiernatoe, of deur pirates besteel is, sou ek eintlik die versekering se uitbetaling verkies het.

Nou skielik sien jy goed waarvan jy al heel vergeet het - en die emosionele baggage wat daarmee saamgaan maak jou sommer depressief. Dis lekker om die herinneringe terug te kry, maar dis ook sleg, want dit bring goed terug waarvan jy al heel vergeet het.

Dis ongelooflik hoeveel gemors 'n mens opgaar in 'n paar jaar. Ons het 4 bakkievragte vol goed weggegee in Windhoek. Ons het klomp goed verkoop ook. En steeds land hier twee 20 voet containers vol gemors wat ek nie nodig het nie. Daar is goed waaroor mens bly is, maar wraggies, meeste van die goed is plein gemors wat ek weer net so in die bokse teruggepak het en gevra het hulle moet sommer saam met die leë bokse gaan weggooi.

By the way - my container in Windhoek was een groot 40 voet meneer. Hier by my huis stop hulle met twee 20 voet containers. Iewers het iemand al my goed uitgepak en oorgelaai.

Hier het drie manne opgedaag saam met die lorrie. Net drie. Hulle het altwee daai containers afgelaai, met vriendelike smiles en baie ordentlik.

Die groot oomblik was natuurlik toe hulle Celesti se klavier in een stuk aflaai. Sy het dadelik op die ding gespring en weggetrek met 'n liedjie. Hy is nog verbasend "in tune", so klein bietjie af, maar glad nie soos wat ek verwag het dit sou wees nie.

Ek moes natuurlik sukkel om die internet weer aan die gang te kry. En ek het met Foxtel gereël om die skottel se installasie hier te kom doen, toe hoor ek die eienaar van die huis moet eers toestemming gee om dit te laat doen. En so sit en wag ek - Foxtel ou moes maar weer teruggaan sonder om die job klaar te maak. Ek het skaars hier ingetrek, en ek is klaar kwaad vir die eienaar. Hy sit en slaap en antwoord nooit nie. Wonder hoe lank sal hy vat om te kla oor iets wat ek sonder toestemming gedoen het?

Daardie eerste dag was chaos. Ek en Vonnie moes nog teruggaan na ons ander huis toe, om ons meubels en goed daar te gaan haal. Op 'n stadium het ons die Afrika-ding gedoen, en die tafel bo-op die kar se dak vasgemaak. Sonder Vonnie sou ek dit nie gemaak het nie - ons het ons vrekgewerk tot laatnag toe.

(Dankie Elizna vir al die hulp!)

Kyk hier om fotos te sien

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
Aangename kennis Biltongboer! Dis so lekker om afrikaans te lees op die forum. Ons (ek, manlief en n seun van byna 19- wat verlede jaar matriek geskryf het in S.A) bly sedert Desember op Bindoon (iets-in-die-tagtig km. van Perth). Het jy nie dalk n seun van dieselfde ouderdom nie? My kind mis sy maats geweldig en hier is nie juis baie jongmense waar ons bly nie. Hoop julle verblyf is aangenaam en baie sterkte vir julle. Groete, Boervrou.

My kinders is jonger as dit, my seun is elf. Ek dink nie hy gaan so lekker maatjie wees vir jou laaitie nie! :whome:

Link to comment
Share on other sites

Laat ek gou nog bakkievrag vol gaan wegsmyt terwyl ek nog 'n bakkie het.

Ek dog jy ry 'n bike? Jy is mos een van daai harige bikers met ringe deur hulle watse-name? :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Jy vergeet vannie tattoos?

Kannie dit als hier herhaal nie, hier is onskuldige kinners (soos jy). :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...