Jump to content

FLY IN FLY OUT


TANJA

Recommended Posts

Hallo almal ek het so pas aangesluit by die forum, want ja ons is ook oppad Aus toe. Ons is van Rustenburg in die Noorwes en ons beplan om so einde Januarie 07 te vertrek, dis te se as my paspoort reg. Ek wag al van Junie af glo is daar korrupsie en geen paspoorte word op die oomblik gedruk nie.

Sien baie uit maar is dood bang (is vreeslik familie vas-sal maar daaoroor moet kom).

My man het 'n oorplasing van Sandvik gekry, ons gaan in Perth bly.

Die Fly in Fly out was vir my bietjie drasties want ons sou oorspronklik Cobar in NSW toe gegaan het, ek het laas week daarteen besluit. So ja werk enige van julle mans so? en hoe cope julle daarmee. Ek het ook 'n drie jarige dogtertjie en beplan nie om dadelik te werk nie, wil die drie verlore jare probeer inhaal, werk lang ure op die stadium.

Gaan julle seker nog mal maak met al die vrae.

Maar Dankie vir mense soos julle!!!!!!!

Groete

Tanja

Link to comment
Share on other sites

Hi Tanja,

Welkom hier by die forum. :D Dis normaal om bang te voel, dit is immers 'n groot stap! Moet jou nie te veel daaroor bekommer nie. Mens pas aan, al gaan dit soms moeilik. Perth is 'n wonderlike stad, en daar is baie ander SAners met wie jy kan vriende maak. Julle Rustenburgers gaan Perth oorbevolk! :blush:

Jy sal dit vreeslik geniet om tyd met jou dogtertjie te spandeer. Byt maar vas met die FIFO, jy sal dit ook mettertyd gewoond raak. Geniet die tye wat julle saam is, en vul die dae wat hy weg is met ander aktiwiteite.

Sterkte met die wag vir die paspoort, jy sal sien, dit sal deurkom.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...