Jump to content

Vat jou goed en trek, mate


Biltongboer

Recommended Posts

Ons het so tydjie terug mense ontmoet wat ‘n huis gekoop het, en uittrek uit die huurhuis waar hulle nou is. Hulle is ook van Suid Afrika af. Die huurhuis is reg langs die kinders se skool, Kingsway college. Ons het besluit om aansoek te doen vir die plek, siende dat ons bietjie ver van die skool af bly, en dit sal my maklik 10 minute se rytyd spaar in spitstyd. Die kinders kan dan sommer stap skool toe, en ons spaar tonne geld aan petrol - en vroulief het baie meer tyd in die dag oor.

Ons het toe die plek gekry, en trek 28 Januarie daar in.

Ons het egter nog twee maande se “lease†oor op ons huidige plek, en moes nou al ‘n paar keer ‘n “public viewing†hou vir belangstellendes om deur die huis te kom stap. Dit het natuurlik Celesti se gemoedstoestand nie goed gedoen nie.

Intussen moet ek ook naarstigtelik sukkel om die tuin aan die lewe te hou. Die skielike warmer weer van die laaste drie weke het die gras amper laat vrek, en ek spandeer klomp van my tyd om dit te probeer regmaak. Tony het destyds “gardening services†gedoen, en hy weet alles van tuinbou af. Hy het belowe om my te kom help om die plek te probeer regmaak. Ek het net weereens besef dat ek nie ‘n tuinier is nie. Dis lekker vir ‘n week, en dan stel ek nie meer belang nie. Ek het so patetiese tuinier gekry wat elke drie weke my gras kom sny, maar sy naam kon net sowel Bongani gewees het, so min traak hy oor my gras. Hy het een massiewe masjien wat hy teen hoë spoed oor my grasperk jaag, en dan sny hy sulke lelike diep kolle wat drie weke vat om weer reg te kom. Man, ek wens Eugene wil hiernatoe trek. Vandat hy destyds my tuin oorgevat het daar in Windhoek, was daar nooit moeilikheid nie.

Ons het bietjie gestress, want tot nou toe was daar nog geen aansoeke van huurders vir ons (huidige) huis nie, hoewel ons al klomp voete hier deur gehad het. Vandag het ‘n gesin van Suid Afrika af ook hier deurgedraf en die vroutjie het vanaand gebel om te sê hulle gaan more die aansoek insit. Dankie tog. Om twee huise se huur te betaal vir twee maande lank, is nie regtig snaaks nie.

Dinge werk mos bietjie anders hier. As jy ‘n huis wil huur, gaan kyk jy na die plek (saam met drieduisend ander belangstellendes), en as jy belang stel, moet jy ‘n aansoekvorm invul. Een van daai tipiese Australiese prosesse wat vreeslik burokraties is. Op die vorm moet jy jou hele geskiedenis invul, jou gewig, jou lengte, jou familiegeskiedenis tot vier geslagte terug, mediese rekords van voor geboorte af, police clearance, Militêre rekords, Interpol rekords, en so aan. Ek oordryf nou so bietjie, maar dit gee jou ‘n idee. Hulle wil alles van jou weet - hoeveel geld verdien jy, waar werk jy, hoekom wil jy in die huis bly, en so aan. Jy moet selfs verwysings gee van jou werkgewer, mense wat jou ken - die hele toetie.

En dis nie net sommer van vorms invul nie - jy moet ‘n week se huur-deposito neersit saam met die aansoek. Kontant. In ons geval was dit $450. Die eienaar kan dan loer deur al 100 aansoekers se dokumente en besluit van wie hou hy die meeste. Die 99 losers kan dan weer hulle kontant deposito’s terugkry na ‘n lang gewag. Die Eiendoms-maatskappy lag al die pad bank toe - al die geld hardloop deur hulle bankrekening.

Dan, as hulle jou geweeg het, en jy die skaal reg getip het, laat weet hulle jou jy kan die dag voor jy intrek die kontrak kom teken. As jy daai kontrak teken, bring sommer asseblief nog 5 weke se huurgeldjies saam. Kontant. In ons geval was dit laas keer $2250. Dollars, ja - Australiese dollars. Dis omtrent R15000. Die deposito se geld word by die regering in ‘n rekening gehou, en die dag as jy uit trek uit die huis uit, dan doen jy aansoek om dit terug te kry. Die eienaar kan sy motivering gee as hy wil geld aftrek van die deposito.

Ons container lê nou nog lekker snoesig in veilige bewaring. Die ding het toe hier aangekom net na Kersfees, maar ons het besluit om hom maar by die “nuwe†huis te laat aflaai as ons volgende week daar intrek. Die “storage†kos ons $85 per week, en ‘n trek van ons huis af sou ons maklik $800 uit die sak gejaag het. En om dan alles weer in en uit te pak - klaviere en al - maak nie sin nie.

Dus, volgende Woensdag is ‘n groot dag. Ons trek in ‘n ander huis in, reg langs die skool, omtrent dieselfde grootte huis as die ene waar ons nou is. Maar ons kry ook ‘n slag ons eie goed terug, allie pad daar van Nambobejania af. Na meer as 4 maande gaan dit vet pret wees om al daai goed weer te sien.

En daai Vrydag net daarna sit ek en Michael op die WACA saam met ‘n ozzie-vriend en sy seun, en kyk die laaste eendag-wedstryd tussen SA en Aus. Kan nie meer wag nie. En, o ja, ek het kaartjies gekry vir die opwarmings-wedstryd tussen die Crusaders en die Western Force hierdie Vrydag. Cool, ne. Ek het ook al kaartjies vir die Western Force teen die Cheetahs.

GO FORCE!!

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die bietjie inligting, kom nou handig te pas met ons wat nou begin huis soek! Bly jul container is darm al hier! Hopelik gaan als goed vir julle van hier af vorentoe! Ons het natuurlik die naweek bietjie gaan rondry om 'n idee van die verskillende areas te kry en ja mens kan sien die son brand die gras maar lelik! Laat weet maar as jy enige voorstelle het van areas waar mens kan bly (waar ook SA ners is) of die wat 'n groot nee -nee is!

Groetnis

Yo!

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die bietjie inligting, kom nou handig te pas met ons wat nou begin huis soek! Bly jul container is darm al hier! Hopelik gaan als goed vir julle van hier af vorentoe! Ons het natuurlik die naweek bietjie gaan rondry om 'n idee van die verskillende areas te kry en ja mens kan sien die son brand die gras maar lelik! Laat weet maar as jy enige voorstelle het van areas waar mens kan bly (waar ook SA ners is) of die wat 'n groot nee -nee is!

Groetnis

Yo!

As dit in Perth is, bly net Noord van die rivier, en jy sal later gatvol raak om heeltyd Afrikaans te moet praat met almal wat jy raakloop...

Link to comment
Share on other sites

BB ek het nou lekker gelees!! En alles wat jy se is die waarheid! Sien jy is nou in die stadium wat jy agterkom alles werk so goed omdat alles volgens die Aussie resepie gedoen moet word!! Kan nogal bietjie irriterend raak op 'n kol, die burokarsie!! Hie hie hie

Ek moet jou net gou vertel. Vir ons is die skoen amper aan die ander voet, ons het gevorder van huurders na landlords en sal dalkies een van die dae ons eie huis moet uitverhuur! (dis as my man die fantastiese werk in Bunbury kry!!Eish!! Eks moeg getrek!!) Nou ja dit gese is ek blerrie bly vir al die vormpies en geweeg en informasie want wragtag ek soek 'n huurder wat my huis net so mooi gaan oppas soos ekke die ander ouens se huise opgepas het!!

So vir almal wat op die stadium huur, byt maar vas, druk maar deur, verdra maar al daai inspections!! Dalkies een van die dae gaan julle baie bly daaroor wees.

Link to comment
Share on other sites

Ja die huur storie is maar moeilik! sien julle by die rugby vrydag!

Link to comment
Share on other sites

Ek was gelukkig, BB. Terwyl ons so in die twee dae wat ons gehad het om huise te soek voor manlief weer moes see toe vir werk (wat toevallig Saterdag en Sondag was), kry ons 'n koerantjie met 'n privaat advertensie in, en NET DAAR het ons 'n huisie, sonder al die red tape.

Nou moet hulle net my bleddie container bring. Het ek al hier gemoun oor die &*(#( in Auckland wat toe my container Melbourne toe stuur pleks van Brissie? Bleddie skip draai toe mos suid in Seedney pleks van noord. En toe dog die Kiwi-koekie ek is te stupid/gestres om een ou skippie te track op die internet en lieg vir my. Tot ek haar die tracking site stuur en se sien, dolla, die skip is in Melbeen, not Brisbeen.

Nou wag ek........

Link to comment
Share on other sites

So gepraat van vormpies invul. Wees bly!

Hier in Azania werk dit so.

Ek moet client gaan sien en uithelp. I.e. hulle is die verlee party.

Nou skryf ek die email wat moet gaan by die parking peoples van die client. Die parking peoples gesoek hom die nommer van my kar en die make en model. Nou is die Isuzu so aangeskryf. Nou hierdie gebeur oppie vrydag se more.

Nou gekom ek die maandag se more by die client innie stad saam. By die se parking garage, niks van isuzu by my se naam of se registration nommer nie. Nou ek vra die security die nommer van die parking se baas. Nou bel ek weer, die baas (of eerder miesies in die geval) en sy antwoord die foun like so "Heloo".

Ek seg in my mooiste ingils "Good morning, who am I speaking too"

Die miesies tune my "Who do you want to speak too"

So I start loosing it... slowly. Ek begin weer: "What are my choices, how many people is there I can possibly speak to?"

She goes ... silent.

So I start again "Can I speak to the person in charge of parking arrangements"

Sy tune my "Yes you can speak to me"

So I go "OK ME, can you tell me if ME arranged parking for the 2004 model white isuzu reg nr bla-blah-blah or whom else do I need to speak too?"

Now she tunes me her name is (for lack of better word) Mamparra.

Nou tune ek haar weer, "So why do we have to go through all this if you could have stated your name right at the start?"

She goes "Eish"

anyway, moving on swiftly....

Na omtrent 20 minute kry ek parking. Ek klim by die dubbelcab se agterdeur uit want die parking is net groot genoeg vir Ethiopier se fiets. Van basement na grondvloer. Vul vormpie in: "Naam, Van, Tel Nommer, from, purpose of visit, you have a fire arm, vehicle reg no, time in, signature." Done. Kry papiertjie.

Nou vang ek lift 11de vloer toe. Kom by reception en raai wat? Vul vormpie in!

"Naam, Van, Tel Nommer, from, purpose of visit, you have a fire arm, vehicle reg no, time in, signature."

Ok, kry temp kaart. Gaan na 7de vloer. raai wat? Vul vormpie in!

"Naam, Van, Tel Nommer, from, purpose of visit, you have a fire arm, vehicle reg no, laptop number, time in, signature." En net daar vat hulle weer die temp kaart van 3 minute gelede uitgereik is deur vloer 7 se meme.

Ok whatever...

Lunch. Glip net gou uit om broodjie te koop. Het nog steeds ground floor se papiertjie. uit by die deur en kom terug, gaan weer terug tot vloer 7. No stopping me now.

Huis-toe-gaan-tyd. Gaan uit by grondvloer, waar is my papiertjie? Nee tune meme my, dit moet eers geteken word. My host is intussen lankal huis toe (onthou - government werk strictly net tot 15:30) en nou is daar niemand om te teken nie. Ek strip my moermeter innie rooi, gryp meme se pen en teken self my release vormpie.

Af basement toe, gelukkig is die kar langs my weg, so ek kan darem nou by passierskant se deur inklim en nie by agterdeur nie. Kom by die boom gate, tatie tune my waar is my kaart. Ek kyk hom net so snaaks aan en trek my skouers op. Dit werk soos bom! die boom gaan oop.

So doen mens konstruktiewe vormpies in efrika.

Edited by Biker
Link to comment
Share on other sites

Eish, Biker, nou laat jy my so terugverlang na Bobbejania.

In party opsigte is hierdie Ozzies ook so. "Form X", the blue form, the green form, etc. Sonder daai vorm staan jy doodstil en kom nerens nie. Al verskil is, jy kan die vorm kry, en hy het een of ander funksie.

Link to comment
Share on other sites

It gets better too:

My project manager is BEE. Very good one I might add. Anyway, he parks outside in the street in front of the building, say at 07:00. The reason being they come in with their laptops etc. By 08:00-09:00 they all team up with everyone else in the office to go fetch their cars from downstairs to park at allotted undercover parking 2 blocks away. They then walk back in a pack.

Now this is BEE people having to do this in a city where you dare not walk with a laptop on you!

I say - bring on the forms. better than going through the above every morning.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...