Jump to content

New Zealand Avontuur nog in volle swang!


Riekie

Recommended Posts

Heel eerste het ons gaan Zorb. Dit is sulke groot plastiekballe waarin jy klim, dan rol hulle jou by 'n bult af. Malligheid? Beslis! Maar nou ja, ons boertjies is nie bang nie, en Marilee wou dit doen vandat sy die advertensie daarvan gesien het toe ons nog ons vakansie begin beplan het! Mens kan dit op 2 maniere doen: jy kan OF binne in die bal in 'n harnas vasgemaak word en gaan dan stert oor kop (om dit nou mooi te stel) by die bult af soos wat die bal rol. OF jy kan binne in klim en dan gooi hulle so 4 emmers water saam met jou in, wat maak dat jy dan binne in die bal "slide" terwyl hy teen die bult afrol. Ons het besluit die water opsie klink minder gevaarlik en die lekker daarvan was dat ons al 3 in een bal kon klim. Toe ons eers binne-in is, begin Marilee bedenkinge kry en ek moet net moed inpraat � "meanwhile back at the ranch" het ek nog voor ek ingeklim het besluit ek is sekerlik van lotjie getik om dit te doen! Maar nou ja, so gaan ons toe nou by die bult af en was DIT nou 'n "adrenalien rush"! WOW! Ek sal dit beslis weer doen!!

Terwyl ons toe nou so op 'n "high" is, pak ons dadelik ons volgende avontuur aan: "extreme freefall". Jy gaan l� op 'n lugtonnel en word dan met ongelooflikge groot en sterk waaiers in die lug in geblaas � amper soos valskermspring, maar jy begin net op die grond (en daar is darem 'n net bokant jou om te keer dat jy op die maan opeindig)! Jy "vlieg" dan vir 'n paar minute voordat hulle die wind afskakel en jy op jou maag te lande kom. Weerees het ons almal so in die stilte by ons selwers "second thoughts" gehad, maar nou ja, die "suit" was aan en die bril op en daar was nie omdraaikans nie. Martin het eerste gegaan maar ai, het hy gesukkel om in die lug te bly! Dit is nogal moeilik, want mens moet basies jou lyf hou soos wanneer mens valskermspring om te kan sweef, anders waai jy in alle rigtings in! Hy het 'n paar keer van die wind afgewaai (daar is darem 'n groot area rondom wat amper soos 'n springkasteel is en met ho� net-heinings - net vir ingeval). Martin het darem 'n paar keer dit amper-amper reggekry en selfs 'n paar sekondes gesweef, maar hy was baie teleurgestel omdat hy so gesukkel het. Volgende was my beurt. Jammer om nou te "brag" maar ek was 'n "natural"! Ek is sommer dadelik in die lug en sweef soos 'n arend�. Bles Bridges se liedjie in my kop en die wind in my hare��. Ek vlieg!! Marilee wou nie opklim tensy die meisie wat ons gehelp het nie belowe het om haar hande die hele tyd vas te hou nie � sy was SO bang sy vlieg bo die net uit � wat natuurlik nie kan gebeur nie, maar daai wind waai WOES � die foto's is getuie daarvan as mens na die velle op ons gesigte kyk (Yuk! Dankie tog vir "gravity"!) Ek dink sy sou die heel beste van ons almal gevlieg het as sy nie die meisie se hande in so 'n klem vasgegryp het nie. Sy was dadelik in die lig en die hoogste van ons al 3. Ons was maar baie verlig dat ons dit oorleef het en sal dit vir enige iemand aanbeveel as hulle ooit die kans kry om so iets te doen � dit is 'n ongelooflike gevoel om so in die lug te sweef! Hmmm � dalk is valskermspring nie so 'n slegte id�e nie�.. As ek van alles moet vertel wat ons in Rotorua aangevang het, gaan ek 'n boek kan skryf maar hierdie was beslis van die hoogtepunte!

Ons het 'n tradisionele Maori "Village" gaan besoek en was DIT nou 'n ervaring!! Net daaroor alleen kan ek 'n hele boek vol skryf! Ons het regtig nie gedink dit gaan so uniek en spesiaal wees nie, maar het gereken ons kan mos nie NZ toe gaan en NIE 'n Maori "ervaring" h� nie. Die aand begin wanneer hulle jou met 'n bus kom oplaai. Almal wat by die "ervaring" betrokke is, is Maori en so ook ons busbestuurder. Hulle s� altyd op die Air Mauritius advertensies jou vakansie begin sodra jy op die vliegtuig klim? Wel, ons Maori ervaring het begin sodra ons op die bus geklim het! Daai ou was vir jou die beste toergids wat ek in my lewe nog ontmoet het! Hy het in 57 tale gegroet � en nie net "hallo" nie � maar 'n hele groet-gesprek!! Hy het dit almal oor die bus se mikrofoon gedoen � en dit was vreeslik snaaks, want hy het ook in die aksente van die verskillende tale gepraat! Hy kon soos die Queen of England klink en soos 'n Hollander � en natuurlik het hy ook sy eie spottende kommentaar oor elke land en nasie gehad, dit was VREESLIK snaaks � ons het omtrent gel� soos ons gelag het! Daar is elke aand 4 busse wat na die "village" toe gaan en elke bus moet 'n "chief" kies. En so gebeur dit toe dat Martin ons bus se "chief" is. Deel van die pligte van die "chief" was om die "tribe" se oorlogsdans te aanskou � gesig tot gesig � sonder om 'n spier te trek en glo my, die haka lyk soos 'n sondagskool piekniek! Die "village" se "chief" sit dan 'n varingblaar op die grond neer wat jy moet optel om te wys jy kom in vrede.

Om 'n baie lang storie kort te maak: daarna het ons deur die"village" gestap waar ons al hulle gebruike en tradisies kon aanskou en ook 'n konsert waar hulle gedans en sing het � alles tradisionele goed, en was dit nou mooi! Ek het vir my 'n CD gekoop � dit is baie soos "eiland" musiek � heel anders as wat ek verwag het � om 'n id�e te gee: dink aan die meisies op Hawaii met hulle strooi rompies�.

Die hoogtepunt van die aand was die ete wat hulle in 'n "hangi" (earth-oven) maak � nogal baie (verbasend) soos die voortrekkers! En die kos was ook nogal baie dieselfde � die naaste aan boerekos was ek geproe het in 'n ander land! Nou ja, Martin se "duties" vir die aand was nog nie verby nie � na die ete moes hy die haka leer! Was DIT nou iets om te sien, want jy moet jou gesig so trek en jou tong uitsteek soos wat hulle doen � geen uitsonderings nie! Elke "chief" het ook 'n tradisionele Maori geskenkie gekry. Terug in die busse wou ons net lekker terusgsit en ontspan toe die busbestuurder vir Martin dankie s� omdat hy ons "chief" was en hom vra om Suid Afrika se "anthem" te sing � hy (die busbestuurder) begin toe ook sommer wegval met Nkosi Sikelela nog voor Martin kon verksonings uitdink! Ek besef dadelik Martin se dilemma (hy ken nie eers "Uit die blou van onse hemel" se woorde nie � wat nog van Nkosi Sikelela! Ek het hom nog nooit so benoud gesien nie en val toe nou maar weg tot sy redding � met Marilee vir ekstra ondersteuning (en Martin wat so elke 3de woord deurkom�.) en daar kry ons toe nou 'n "standing ovation"! (Martin kon sy "support group" nie genoeg bedank na die tyd nie!!) Die busbestuurder het vir die res van die rit amper elke land se volkslied gesing (Ongelooflik � WOW!) en ons het speletjies gespeel soos "The wheels of the bus"�. Ons moes alles saamdoen anders maak hy die deur oop - 'n indikasie dat dit is waar jy gaan opeindig as jy nie "saamwerk" nie! Op 'n stadium kom ons by 'n verkeers-sirkel en hy sing sommer sy eie versie van die bus wat om en om die sirkel ry en die hele versie lank, ry hy om en om die sirkel! Ai, ons het darem maar pret gehad � my maagspiere was SEER gelag! Nooit het ek gedink 'n "cultural experience" kon SO interessant en soveel pret wees nie! Ek sal dit beslis DIE hoogtepunt van ons NZ besoek noem � maak nie saak HOE ek dit probeer vertel nie, mens moet dit self beleef om te weet.

Die res van ons dae in Rotorua was gevul met besoeke aan al die "thermal wonders" soos die "mud pools" - kookwarm poele modder in die aarde en "thermal pools" kookwarm water wat uit die aarde borrel dat die stoom meters hoog in die lug opstyg! Party huise is sommer so tussen hierdie gate gebou! Ek s� waar 'n rokie trek is 'n vuurtjie, en ek is beslis nie lus om een oggend in die middel van 'n vulkaan wakker te word nie!! Dan is daar ook die "geysers" � water wat meters hoog (tot 30m) in die lug op uit die aarde skiet! Die hele Rorotua is basies vol van al hierdie goed en dit is ook waarom hulle toersime draai. Ons het 'n hele paar keer in hierdie "thermal pools" geswem � natuurlik nou nie die wat in die aarde is nie, want ons sal doodbrand, maar op plekke waar hulle die water basies afkoel maar nie die minerale ens daaruit verwyder nie. Ons het ook in 'n modderpoel gaan sit en onsself goed gesmeer met die warm modder � blykbaar fantasties vir mens se vel! Daai Sulphur reuk is genoeg om enige mens af te sit, maar mens raak later so gewoond daaraan, jy ruik dit nie eers meer nie � tot ons terug is by die huis en ek 7 wasse later nog steeds nie die reuk uit ons swemklere & handdoeke kan kry nie! Boonop het ek die fout gemaak om dit saam met ons gewone wasgoed te was en nou ruik ALLES wat ons NZ toe gehad het na Sulphur!! Kort kort as ek weer 'n hemp of iets aantrek wat NZ toe was, ruik ek net Sulphur en selfs febreze help net tydelik om dit te laat beter ruik! Dit is ongelooflik dat dit nou nog so in mens se klere vassit!!

Terwyl ons in Rotorua was het ons ook gaan "luge" - sulke karretjies waarmee jy teen die berg af ry op sementpaadjies � amper soos 'n moderne kaskar, gelukkig met goeie remme! So, jy bepaal die spoed waarteen jy afry. Ek het soos 'n ouma gevoel met die jongklomp wat hier by my verbyskiet teen die spoed van wit lig, maar ek wou nie kanse vat nie � die berg was hoog en die draaie skerp. Dit is SO hoog op teen die berg dat mens met 'n kabelkar moet opry! So, dit is nie 'n kwessie van bangbroek wees nie�� Ons het ook 'n maze gaan doen � een waarin jy loop - en glo my, dit is gladnie maklik nie! Ek het by myself gedink � ag, kinderspeletjies! Ek sal dit lag-lag doen�. TOE NIE! Ons was URE binne die ding vasgevang en ek was absoluut "useless"! As dit nie vir Marilee en Martin was nie (dankie tog ons het besluit om bymekaar te bly) was ek NOU nog iewers daarbinne!!

Nog 'n hoogtepunt (hoeveel hoogtepunte is daar nou al?... :ilikeit: ) was om 'n kiwi te sien! Dit is gladnie 'n klein vo�ltjie nie hoor! Dit is groter as hoenders!! En hulle eiers is omtrent die helfde die grootte van 'n volstuis eier! Ons was by 'n plek wat die kiwi van uitwissing probeer red en kon die kiwi in 'n natuurlike habitat sien (dit sou net nie dieselfde gewees het deur die glasvenster van 'n dieretuin hok nie).

Rotorua is BESLIS 'n "must see & do" as mens New Zealand toe gaan! And the adventure continues....

PS: Ek moes van my fotos afhaal want ek het my "limiet" oorskry - oops!!

Link to comment
Share on other sites

Weet darem nie of ek genoeg guts het om in daai balles rond te rol nie. Shoe!

Klink of julle 'n ball van 'n tyd gehad het daarso.

Link to comment
Share on other sites

Dankie Riekie,

Dit klink "awesome" - ek sit dit beslis op my "to do" lysie!!

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Maggies!!!! Defnitief iets om te gaan doen!

Edited by Reinhardt & Christa
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...