Jump to content

New Zealand Avontuur Vervolg...


Riekie

Recommended Posts

Ons volgende hoof-stop is 'n plekkie aan die ooskus vd Coromandel : Haihi Beach. 'n Pragtige klein dorpie by die see. Dit was al sterk skemer toe ons daar kom - die skedonk se "fan-belt" draai nog, toe is al ek met my kamera op die strand!

Ons slaap hier oor en vroeg die volgende oggend gaan ons op 'n staproete na Cathedral Cove � die enigste manier om die plekkie te bereik is voetslaan oor berge en in dale!! Ek was morsdood, want ek het nog my driepoot ook saamgesleep en my hele kamerasak! Dit het gevoel of ons net nooit daar gaan kom nie, en ek het geblaas soos 'n bees! Die sweet was die moeite werd, want ons was beloon met die mees ongelooflike mooi wat natuur seker vir mens kan gee! Weereens sal geen foto reg doen aan die skoonheid daarvan nie, maar ek kan net probeer. Ons was stoksiel alleen op die strand en ek kon die mooiste foto's geneem kry. Vir iemand wat nie "mornings" doen nie, was hierdie vroeg opstaan ten minste elke oomblik werd!

Dag7: Van hier af is ons na Hotwater Beach � net 'n baie klein entjie weg. Dit is 'n strand waar jy met laagwater kan gate grawe en die water wat deursyfer is warm!! 'n Unieke natuurverskynsel wat ons ook net moes gaan ervaar!

Nou is ons sterk oppad na Bay of Plenty om vandaar binnelands te gaan na ons eintlike bestemming: Rotorua & Lake Taupo. Oppad stop ons op 'n piepklein, maar pragtige dorpie Waihi. Daar is 'n reuse oopmyn (die rooi kolletjie op die foto is 'n gebou!!) en dit was vir ons nogal iets om te sien!

Ons kom laatmiddag by Mt Munganui aan, waar hulle kookwarm minerale swembaddens het in die buitelug � die water is 38 grade! Heerlik!! Toe ons wil ry, besluit ek om gou vir ons paar goedjies te koop vir aandete, by 'n kafeetjie op die hoek vd straat. En daar is 'n groot bord wat se: "South African Biltong Available here"! Ek moes dit 2 keer lees om my o� te glo! Nodeloos om te s�, vergeet ek toe nou sommer van die "budget" en koop 2 groot pakke biltong! Was DIT nou lekker!!! Vandaar is ons so paar kilometer strandlangs Suid na Papamoa waar ons die aand oorgeslaap het. Wat 'n pragtige plek en sover die beste vakansiepark waar ons NOG oorgebly het wat geriewe en fasilitiete betref! Hier werk die storte met 20 sente vir 5 minute. Kyk, dit is die vinnigste wat ek nog gestort het, want ek het net twee 20c stukke! Dit is vrek koud as die water net skielik ophou loop en jy staan met 'n kop vol skuim en probeer die gleufie kry waar die geld moet ingaan sodat jy net weer warm water oor jou lyf kan kry!! Baie vakansieparke vra geld vir stort � al is dit nou so min. Of hulle het "timers" op hulle storte: jy moet 'n knoppie buite die stort druk om hom te aktiveer en na 'n sekere tyd � gewoonlik 'n paar minute � dan sny die water af. Dan het jy 'n problem, want om die water weer aan te kry, moet jy uit die stort uit kom! Ek het gou NOG vinniger leer stort!...... Hier eet ons vir die eerste keer in 'n ordentlike restaurant - wat 'n pragtige plekkie! Die kos wat uit die boeke! (Wel, na karavaankos vir 'n week lank was dit soos manna uit die hemel!)

Ek & Marilee het soos wat ons van vakansiepark tot vakansiepark gegaan het, die storte ge"rate" en party baie mooi parke het regtig storte wat goor is, en ander plekke lyk heel "skiwwie" maar dan het hulle die lekkerste warm, sterk storte!! Party storte het nie stortkoppe nie, en jy kan net sowel onder 'n tuinslang staan! Ander storte het sulke yslike luggate in die mure dat dit voel of jy onder 'n boom staan en stort terwyl 'n orkaan deur jou waai! Of jy deel jou stort met paar spinnerakke en ander gediertes waarvoor jy liewer net jou o� toeknyp en net die nodigste plekke was om so gou as moontlik daar uit te kom! Daar was storte met warm water wat net sowel gister se badwater kon wees en die wat 3 druppels per minuut laat val � jy moet omtrent rondspring net om jou hare nat genoeg te kry om dit te kan was! (Afspoel was NOG meer "tricky"!) En dan was daar die lekker storte: warm water wat sterk spuit uit n stortkop met baie gaatjies en die stoom wat trek soos wat jy net nog 'n rukkie langer afspoel en die oomblik geniet�.. Moeilik om te glo ek kon 'n hele paragraaf net oor storte skryf!! (As ek op skool 'n opstel oor storte moes skryf sou ek seker gedink het die onnie is vertraag!.....)

En so kom ons toe nou op Dag 8 in Rotorua aan. 'n Plek amper in die middel van Noord Eiland langs 'n groot meer (Lake Rotorua) en omring van "Thermal" verskynsels: Hier was vreeslik baie om te doen en dit is ook 'n baie gewilde toeriste dorpie. Ons het basies 3 dae hier deurgebring en skaars genoeg tyd gehad vir alles wat ons wou doen. Ons dae was propvol en ons was in die aande doodmoeg!!! Ons het besluit om "wild" te wees en alles te probeer � wel, AMPER alles! Maar, meer daaroor later......

PS: Moes van my foto's afhaal a.g.v. limiete....sorrie!!

Link to comment
Share on other sites

Thanks Jules! :lol: Yes, we had an absolute fantastic time! Unforgettable! Breathtaking! :ilikeit: We only did part of the North Island this time - they say the South island is the best of the two - so can you imagine?! We decided to start off with the North as we want to do the whole of NZ in 3 trips over a period of time - and we wanted to save the best for last.... :lol:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...