Jump to content

New Zealand Avontuur


Riekie

Recommended Posts

Ons het so lank uitgesien na ons New Zealand vakansie en daar sit ek toe nou, maande later, met 'n glasie rooiwyn in die hand en 'n uitsig van 'n pragtige sonsondergang bo 'n waterval in New Zealand! Maar laat ek by die begin begin:

Dag 1 land ons in Auckland en kry ons "motorhome" � wat 'n storie! (Moenie alles in pamflette glo nie!!) Hulle wil toe nou sommer $5000 h� vir versekering (die versekering wat ons deur die reisagent uitgeneem het, is nou nie vir hulle aanvaarbaar nie!) Ons kry toe ook die oudste skedonk wat hulle seker nog op hulle boeke het! Die verskoning vir 'n tafeltjie wat ons veronderstel is om by te eet bly nie eers regop nie, die toilet lek, die dak lek, en as mens ry klink dit of die hele ding uitmekaar gaan skud! (Dit alles vind ons toe nou uit so langs die pad en te ver weg om om te draai vir 'n beter een). Die "logo" op die ding bestaan nie eers meer nie � so oud is dit! Maar nou ja, wat maak mens? Die beste van 'n slegte saak�..

Die 1ste aand slaap ons in 'n karavaanpark by Orewa Beach in die Noorde van Auckland � reg langs die see! Net die lug en die sonskyn tussen ons en die strand! Die geriewe was baie mooi skoon en ek begin dink ek sal hierdie vakansie lag-lag kan maak so kamp-kamp. Die aand toe ons daar aankom, was die kantoor reeds gesluit en ons soek toe nou sommer vir ons 'n ou staanplekkie uit, en die volgende oggend toe ons wou ry, is die kantoor steeds gesluit en ek besluit om ons geld vir die nag in 'n koevertjie te sit en onder die deur te stoot. Net toe ek daar aankom, kom die oompie ook daar aan, en toe ek vir hom verduidelik wat ek wou doen, toe gee hy my sommer die staanplek vir halfprys!! (Eerlikheid betaal beslis!) Blykbaar is dit maar hoe dit werk : as jy kom en gaan buite kantoor-ure, dan los jy maar net jou geld vir die nag! WOW!

Dag 2: Ons besluit om eers koers te kies Noorde toe: Bay of Islands. Dit vat ons 'n hele dag om daar te kom, want ek wil oral stop om foto's te neem! (Eintlik is dit net 'n paar uur se ry). Alles is so mooi! Die natuurskoon is asemrowend!! Arme Martin moet net die hele tyd brieke aanslaan en dan gooi hy amper die skedonk om! Op 'n stadium het dit ger�en ook, maar ek laat my nie afskrik nie � ek trek 'n stortmussie oor die kamera en laat waai nog steeds! Na 2 dae het ek so 'n seer nek van die afbuk om deur die "viewfinder" van die kamera op die "tripod" te kyk, dat ek Voltaren moes drink!!

Bay of Islands is amper soos 'n Knysna met 'n klomp eilande. Die dorpie is klein en "arty" en die hoofaktiwiteit is bootritte deur die eilande, om dolfyne te gaan kyk, met dolfyne te swem en uitstappies met 'n boot na 'n klein dorpie (Russell) aan die anderkant van die baai. Ons bespreek toe vir ons 'n bootrit deur die eilande en na die klein dorpie, en gaan pak af vir die nag by Hururu Falls � 'n vakansiepark langs die Hururu Watervalle. Wel, eintlik net 'n bietjie water wat oor 'n paar rotste val � niks in vergelyking met wat ons al gesien het nie, maar vir die inwoners van die area is dit (lyk dit my) iets om oor te juig, want ons is vertel dit is die mooiste uitsig wat ons sal sien! Ek moet erken, dit is lekker om langs die "motorhome" te sit en aandete eet, met 'n uitsig op die waterval � hoe klein ookal. (Beslis baie beter as 'n hotelkamer se binnemure!....) Die badkamers hier is van daai "spinnekop teen die dak" tipe en die water is flou en lou. Ek begin my bedenkinge kry oor my inisi�le entoesiasme oor die "kamp ding doen"�.

Die volgende dag (Dag 3) is ons op ons bootrit, en was dit nou ongelooflik mooi! Ons het pragtige dolfyne gesien en deur 'n groot gat in 'n nog groter rots in die see gery! Dit is 'n 3 ure rit en elke oomblik was net mooier as die volgende een! Ek het vreeslik baie foto's geneem! Mens vaar so tussen al die eliande deur � asemrowend!!

Oppad terug het ons by die dorpie Russell aan die oorkant van die baai afgeklim om die res vd dag daar deur te bring. Wat 'n oulike plekkie! Dit is asof tyd daar gaan stilstaan het!! Dit was NZ se eerste hoofstad en een van die eerste dorpie met Europse Setlaars. Toe ons daar aankom is die hele "jetty" vol kindertjies wat visvang! Ek kan dit nie probeer beskryf nie � ek hoop maar 'n foto sal help verduidelik. Oral is mense met hulle kinders wat op die strand speel, piekniek hou en swem. Die dorpie is net 'n paar strate groot en het die oulikste kafeetjies en winkeltjies en oral is daar kindertjies wat rondspeel � sommer so op hulle eie! Die huise het nie regtig erwe voor nie � die stoep is reg langs die straat en by een so 'n huis staan 3 dogtertjies en verkoop "chocolate brownies" wat hulle self gebak het. Die strand het nie sand nie, maar "pebbles" � donkerbruin. Die strand is reg langs die straatjie en net 'n paar meter breed. Die straat is sommer die sypaadjie ook en almal kuier-kuier so in die straat. As daar 'n kar kom, dan staan hulle maar opsy, en as die kar verby is, gaan hulle verder aan met waarmee hulle besig was. Ek kan die dorpie net nie in woorde beskryf nie! Dit is beslis 'n plekkie wat ek altyd sal onthou!

Op Russell is daar is 'n stokou kerkie ook op die dorpie en 'n begrafplaas reg voor die kerk met grafte wat terug datteer tot wanneer die eerste mense daar aangekom het. (Dit was die eerste kerk in NZ en is in 1836 gebou.) Die kerkbanke het geborduurde kussings op, maar elke kussing beeld een of ander storie uit.

Dag 4: Na nog 'n nag by die watervalle, en in die r�en, kies ons koers oor die land na die Weste van die "Northland" om met die Weskus terug te ry Auckland toe en dan verder Suid. Dit het die hele nag ger�en en dit was soos om in 'n plaashuis met 'n sinkdak te slaap terwyl die r�en daarop val � ons het soos babatjies geslaap!! Die stukkie pad oorland na die Weste was regtig pragtig, maar ek kan nie dieselfde van die deel teen die Weskus af s� nie. Dit was mooi, maar regtig nie 'n "not to be missed" nie. Die hoogtepunt van die hele dag was 'n oer-oue Kauri boom wat ongelooflik groot is! Dit is die grootste Kauri boom in "existence" (51m hoog) en 1500 jaar oud!! Ek het dit op 'n foto probeer vasvang, maar mens kan nie die omvang daarvan regtig "grasp" as jy nie self daar was nie! Ek het in my lewe nog nooit so 'n groot boom gesien nie!!

So in die r�en kom ons toe nou in Auckland aan en kry 'n plekkie by 'n vakansiepark vir die nag. En net so in die r�en moes ons gaan stort en weer die volgende oggend badkamers toe � dit het so baie ger�en, as jy op die gras trap, dan is jou hele voet onder water! Daar was darem 'n onderdak warmwater swembad waar ons bietjie ons koue lywe kon gaan opwarm! Ons het blykbaar net-net 'n baie groot storm gemis wat Auckland vro�er die dag getref het: huise se dakke is afgewaai en daar was oorstromings & "mud slides" op sommige plekke! (Ek het sommer bomskok gekry toe ek dink wat daai wind met ons skedonk sou aanvang � ons sou sekerlik iewers in die oseaan beland het en met ons "luck" sou die ding nog sink ook!!)

Dag 5 &6: Ons spandeer die volgende paar dae om om die Coromandel te ry en is bly dat ons dit gedoen het � wat 'n pragtige plek! Soveel mooi natuurskoon, en die groenste heuwels! Dit is seker die ding wat ek die meeste sal onthou van NZ : die groen heuwels! Dit lyk asof iemand dit met 'n grassnyer in stand hou, so mooi is dit! Die koeie wy hoog teen die heuwels � dat hulle nie daar afval nie, is 'n wonder, want ek dink nie ek sou daarop kon bly regop staan nie! 90% van die roete om Coromandel ry ons langs die see en deur die kleinste en mooiste dorpies. Party plekkies het net 3 of 4 huise dan is die dorpie verby! Almal bly reg op die strand : aan die een kant vd pad is die see, en aan die anderkant, die berg � wat 'n wonderlike uitsig vir die mense wat daar bly: jou voorstoep is die strand, en jou agterstoep die bosse en die berg! Wow!!

Ons slaap op die dorpie Coromandel oor � by 'n strandjie Shelly Beach � en die volgende dag ry ons met 'n treintjie teen die berg op vir 'n pragtige uitsig oor die dorpie en die see met sy eilande. Daar is vreeslik baie ou geboutjies die hele dorp vol en die mense daar is beslis nie deel van die "rat race" nie. Weereens het my kamera oorverhit soos ek foto's geneem het!!

Ons besoek ook 'n waterpark met ongelooflik baie aktiwiteite � nie soos in "supertubes" en dinge nie, maar goed wat met water werk! Dit was VREESLIK interessant en ons het 'n hele paar uur daar deurgebring! Die tuine was net so pragtig � daar is bome met pienk blare! (Dit lyk soos blomme van ver af, maar dit is blare)!

Word verlvolg...... :ph34r: (PS: Ek moes 'n paar foto's afhaal - spasie oorskry... :D )

Link to comment
Share on other sites

Stunning Riekie, kan nie wag vir die res nie! Dis regtig pragtig daar he?

Bug

Link to comment
Share on other sites

WOW dit klink so nice en dis so mooi daarso. Regtig stunning foto's.

Kan nie wag vir die volgende instalment nie. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Riekie

Hoe laat jy my nie nou terug verlang NZ toe nie. Dit is 'n pragtige land. Ek was al twee keer terug

serdert 1999 en beplan om weer te gaan vroeg in die volgende jaar. Dit is behoorlik a sprokies wereld..so

uit die kleuter storie boeke uit

Kan sien julle het dit geniet.

L'mari

Link to comment
Share on other sites

New Zealand was regtig ongelooflik mooi - ons het dit VREESLIK geniet! Dit slaan jou asem letterlik weg! 'n "Photographers paradise"! En tog sal geen foto ooit al daai mooi kan vasvang nie - mens MOET dit net self sien en beleef! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...