Jump to content

Ruby & Leo is uiteindelik by die huis


Dedrei

Recommended Posts

Hi almal

Dankie vir al die PM's en navrae oor ons reunion. :hug:

Hulle vlug was effens vertraag gister en ek en my man moes toe maar ons self besig hou in die airport vir so 30-40min. Ons gaan toe terg en ek teken toe vir hulle en my emosies is nog alles heel ok. Toe mos ons gou buite wag sodat sy hulle bokse na ons toe kan bring. Jong, toe ek daai bokse sien en ek kry n glimpse van hulle, het ek in trane uit gebars. Ek sê toe vir hulle hallo by die gedeelte van die boks wat oop is en hulle my kan sien. Leo het my dadelik herken en begin toe moan en onrustig raak in die boks, hy wil nou uit. Ai sies tog my ou Ruby'tjie. Sy't nie geweet wat aangaan nie en het nie dadelik die connection gemaak nie. Ons kry toe hulle leads aan en vat hulle toe net gou vir 'n stappie op 'n stukkie grassie. Leo is toe heel in sy skik dat sy mamma en pappa nou hier is en spring heeltyd op.

Ons het met twee karre gekom, omdat ons nie geweet het hoe groot die bokse is nie. Wel ja, manlief moes toe maar weer terug ry later die aand om die ander boks te gaan haal. Leo ry toe saam met hom huis toe en Ruby saam met my. Sy sit toe ewe rustig op die agterste seat. Soos ons ry steek ek my hand net agter toe laat sy kan ruik aan my. Was nie lank nie of sy begin toe my hand te lek. Sy't finally die connection gemaak en ek breek toe weer. :blush: (julle kan seker verstaan die emosies involved)

By die huis gekom en hulle het alles wat kan geruik word geruik, omtrent hulle neusies gewerk jong. So deur die aand raak Ruby meer rustig en kom lê by my. Hulle is nog presies dieselfde as wat ons hulle 7 maande terug gesien het. Die klein goedtjies wat elkeen doen en hulle maniertjies. Was te kostelik ek kon hulle opvreet.

Wel ja mense, die kinders het wel nie by ons geslaap in die kamer nie, maar in hulle eie beddens, maar ai was dit nou vir jou 'n rowwe aand. Manlief stap toe voor slaaptyd buite rond met hulle met die flits en hy gewaar 'n Cane Toad, was nie lank nie of Leo sien hom toe ook. :blink: Die jaag toe agter die cane toad aan en ek skree net vir my man dat hy Leo net moet optel. (Die van julle wat nie weet van die Cane Toads nie, hulle is vreeslik gevaarlik en gee half 'n skuim af om homself te beskerming. Die skuim is baie giftig en as jou hond die padda dalk net in sy mond optel en die ding gee daai goed af, kan jou hond binne 15 min dood gaan. Mens moet dan dadelik hulle monde uitwas met die tuinslang en dadeilik vet toe vat.)

So gaan slaap ons almal toe en ek worry heeltyd Leo gaan een van die paddas mee speel en dalk 'n hap probeer vat. Ek was wakker van net voor half 5 vanoggend, met hulle wat al weer aan die beweeg is en rond hardloop buite. Ek hou hulle toe maar dop deur ons kamer venster en as hulle te lank op 'n kol ruik, is ek soos 'n rocket by die skuifdeur uit om te keer vir die vale, maar gelukkig was daar niks. Die tweetjies slaap in ons eetkamer (dis afgecorner van die res van die huis) en hulle kan in en uit gaan buite toe soos hulle wil.

Vandag het heel goed gegaan, ons kon toe winkels toe glip na ons hulle bietjie kongs gegee het met peanutbutter. Was so geworried hulle gaan hulle self uit grawe en terug kom dan is hulle nie daar nie. (Al het ons dit gedoggy proof met wiring onder ons fencing). Kom toe by die huis en hulle is heel rustig, asof ons nooit die 7 maande wat verby was gehad het nie. Hulle is net soos hulle was, behalwe nou vir Rubytjie wat bietjie gewiggies opgetel het :) SS ons sal haar maar moet join vir onse club ;)

So alles het goed verloop met die reunion en dinge is nou weer normaal, ons familie is nou weer bymekaar.

Ruby

post-2-1162016266.jpg

post-2-1162016283.jpg

post-2-1162016359.jpg

Leo

post-2-1162016298.jpg

post-2-1162016374.jpg

Link to comment
Share on other sites

Ai, ek is so bly vir julle part! Sit nou sommer self hier met trane in die oë.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

WooooHooo!!

Ai Dedrei dis darem maar lekker ne....was alles die moeite (en geld) werk ne?

Chatterbug

Link to comment
Share on other sites

Its wonderful to see them where they belong !! I just gave my Sadie (Jack Russ) a big hug and kiss here on my lap - where she always sits when I'm on the computer.... I know the feeling of absolute euphoria too well. So pleased for you guys - enjoy! :)

Link to comment
Share on other sites

Ek dink almal van ons wat D se "doggy saga" gevolg het, is NET so verlig haar "kinders" is by die huis!! Ek is saam met jou bly D - ek weet hoe swaar het jy gekry! (Dit was vir MY swaar en dit is nie eers my woefe nie! - Het sommer weer hartseer geword toe ek jou stukkie lees). Geniet hulle elke oomblik!! :)

Link to comment
Share on other sites

man-dis sommer wonderlike nuus.

Jong-jy gaan mos nie hou by die werk as jy aan die cane toads dink nie.

Ek het nie besef die goed is so gevaarlik nie-vieslike goed-ons het hulle hier ook.

Het julle ook 'dog friendly' strande? Wanneer gaan julle beach toe? Is dit ook so warm by julle nou. Vandag 31 grade en die reen bly weg!

Link to comment
Share on other sites

Welcome home, Ruby & Leo, happy to know you are OK!

Mara

Link to comment
Share on other sites

:blush: Who let the dogs out :blink: whoof whoof whoof :hug:

D dit is great en so bly jou kinders is terug by jou...geniet dit! :)

Lindy-Lee

;)

Link to comment
Share on other sites

Ag jisso maar julle is great pelle! :D

Dankie vir al julle support en dit gaan nou net 10x beter gaan van nou af.

Liefde uit Cairns

:ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Hi Deidrei

Jou (honde)kinders is pragtig!! Ek het al gewonder of hulle toe veilig by die huis aangekom het en was so bly om jou "post" vanoggend te sien! Ek is ook 'n woeste hondjie liefhebber, het 'n miniatuur malteser, sy naam is Frikkie en hy is die punt van my hart!

Ons doen aansoek vir ons 136 visa en wag vir ACS - ek sal baie graag vir Frikkie wil oorbring! Verstaan ek reg? - het dit SEWE maande gevat voordat jy hulle weer gesien het!! :ph34r:

Ek het al gewonder of dit emosioneel nie baie erg is vir hulle nie?

Groete en ons is baie bly om te hoor als het goed afgeloop! :D

Tania

Link to comment
Share on other sites

Ek wil nou net huil. Ons het besluit om ons Staffie eerder 'n ander huis te gee in SA. Ek mis haar so.

Link to comment
Share on other sites

Hey Dedrei,

I have just got back from yet another LSD trip (5th trip :unsure: ) - I was in Sydney on the 26th and could not help but wonder how the reunion was going... It's great to hear Ruby & Leo have settled into their new home so quickly!!! I can only imagine how relieved you & your hubby are that these 7 months are over and done with!!! :ilikeit:

I managed to stop in at the Quarantine Station while in Melbourne and Colleen gave me a quick tour... all seems very clean and organized... but it still doesn't make it any easier thinking of putting my 2 Cocker Spaniels into quarantine. I barely made it without them the last 3 weeks while I was in Oz... :blush: To make it even worse, I walked back to the Spotswood station to catch the train back into the city with a guy from the UK that had just been to visit his dog in quarantine... he was whining about having his dog in quarantine for 1 month... Urghhhhh WHAT A PLEASURE!!!! 1 MONTH!!!!

All I can say is you have helped me so much by sharing your experiences (both good and bad) and in doing so have helped me to make peace with my decision to make the move and take my babies over with me!

Cheers

Tracey

Link to comment
Share on other sites

Aww thanks Tracey. You must let me know how it went with your LSD. Don't know if you have seen the changes to quarantine now, have a look at my pinned topic in Immigration/general.

All I can say is that the first 2-3 weeks are really the worst, you'll be very teary but as soon as you arrive in aus time will really fly and your babies will be with you before you know it.

You can imagine how excited we are about having them home. They have really settled in well and having a ball in our yard.

Keep me posted

Love

D

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Hallo julle!!!

Ruby'tjie het 2 geword en dog ek deel net gou paar foto's met julle en moenie lag nie. :ilikeit:

post-2-1164270266.jpg

post-2-1164270280.jpg

Link to comment
Share on other sites

Awwwwww, that is SO CUTE!!! :ilikeit:

What kind of cake is it? Ruby is so well trained! A lot of other dogs would have demolished that cake before you could even take a photo but look how nicely she posed! :ilikeit:

Gorgeous :lol:

Link to comment
Share on other sites

Jules, it wasn't that easy. She went for the cake at times, but she's much better than Leo. He would have gone for it in a second. She jumps on the chair on her own and loves sitting there.

It is a mud cake. Our local Cheese cake shop made it.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...