Jump to content

Het nie vreeslik baie kennis nie ...


Hanli

Recommended Posts

Hello julle,

Ek is nuut hier, en wou net 'n paar vragies vra, as ek 'n tydjie kry, sal ek al julle ander topics gaan oplees!

My man het so 2 weke terug gehoor hy het werk gekry in Australië, al ons papierwerk (dws. die police-clearance, die 'unabreadge birth-cerificates' en my en my dogtertjie se paspoorte) is lankal ingestuur, ons behoort dit middel November te ontvang. My man moet volgende week gaan vir psigometriese toetse, en daarna sal ons as gesin seker gaan vir die mediese ondersoek. En as ons dan al ons papierwerk agtermekaar het, sal ons aansoek doen vir die visums - alhoewel ons dink die maatskappy vir wie hy gaan werk dit dalk ook kan reël. En as hy die visums in die hand het, dan gaan hy eers sy bedanking insit. Alles is reg volgens sy nuwe werkgewer, daar is glad nie 'n probleem as hy dit so doen nie. As dinge uitwerk, behoort hy Jan/Feb dalk reeds begin werk daar! Ek en my meisiekind gaan net so klein bietjie agterbly, en dan oorgaan.

Sê vir my hoe lank neem dit as al jou papierwerk afgehandel is om die visums te kry?

Ek weet daar is houtgoed wat mens nie kan saam neem nie, of kan laat behandel, geld dit vir eetkamerstelle, tv kas stelle ens ook?

Wat se goeie raad kan julle my gee vir die trekkery, om huis te soek en alles wat belangrik kan wees. My dogtertjie is nou amper 2, so skole is darem nie nou 'n probleem nie!

Dankie julle!

Link to comment
Share on other sites

Hi Hanli

Watse visa gaan die werkgewer julle mee sponsor. Die een wat meeste mens sponsor is die 457 wat die tydelike een is wat van 4maande tot 4 jaar, of julle kan gelukkig wees en hulle sponsor jou op 'n permanente een.

Vir die 457 visa, kan jy binne 4-6 weke approval kry, regtig baie vinnig. Het nie police clearance of volle geboorte sertifikate nodig nie.

Groete daarso

Link to comment
Share on other sites

Hi Hanlie. Welkom. Jitte jong- Julle kom van n lekker warm plek in SA -julle sal great hier aanpas.

Ons het n paar vakansies op n wildplaas aan die Limpopo gaan vakansie hou en het altyd in Ellisras gestop vir paar laaste groceries op pad plaas toe.

Dis n groot stap maar julle sal nie spyt wees nie. Hoe lank dink jy en julle dogter om agter te bly?Die mans trek swaar op hulle eie.

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Hi Hanli

You can take your wooden furniture as long as it is not raw wood :ilikeit: . It must be treated with a varnish or paint or at least some kind of a 'wash', even underneath. Most household things seem to be ok, except you will pick up a problem with animal skins and raw leather (like on African drums and masks), feathers or eggs and grass baskets, and you will have to have your weedeater and lawnmower steam-cleaned at a shop. They will give you a certificate/slip to prove it was steam-cleaned. You must scrub bicycle tyres and camping and sports equipment well. They will not allow anything containing soil or seeds in. Apparently you must leave your garden hose because it contains water that you cannot always drain well. Garden tools will also have to be scrubbed. You can take your fishing rods if you clean them, but leave the actual lines behind if they have been used.

The company that is doing your container will give you full information.

If you search in the forum under 'container' you will get lots of info. We are using Magna International.

Regards, Bronwyn

Link to comment
Share on other sites

Hi Hanli!

Moed hou jong, ons was maar almal baie dom met die ding toe ons begin het. :blush: Gelukkig vir julle was daar 'n paar mense met baie breins, en het hulle hierdie forum gestig, en hou hulle dit ook mooi aan die gang.

Waar in Australië gaan julle heen? As julle oorkom op 'n 457 visa, sal die werkgewer dit vir julle reël. As al julle papierwerk reg is, kan dit so gou as 'n paar dae vat nadat die finale aansoek ingedien is, vir die visa om goedgekeur te word. Onthou om julle vliegkaartjies deur IOM te koop.

Fabriekvervaardigde meubels is gewoonlik reg om te vervoer. Bronwyn se antwoord is in die kol. Jy kan sien sy het haar huiswerk gedoen :)

Goeie raad vir die trekkery? Moenie agterbly as jy nie anders kan nie. Dit is 'n groot stap in julle lewens, en dis beter om dit saam aan te pak as julle kan. As jy nie kan nie, probeer om nie te lank agter te bly nie.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Ons gaan so 30 km van Perth af wees, my man gaan in Kwinana werk. Enigeen van julle daar naby??? Ek het al 'n hele paar goeie tips gekry van hierdie forum af, dankie vir almal met julle 'input'!

Jy sê ons moet die vliegkaartjies deur IOM koop - wat/wie is dit? Skuus, maar ek is omtrent oningelig!

Dankie vir julle raad sover, ek waardeer dit baie!

Link to comment
Share on other sites

Hi Hanli,

Ek is 'bietjie' verder inland, maar ook in WA. Tik IOM in op die search funksie, dan sal jy dit kry, kyk ook heel bo by die General topic, daar is inligting wat baie belangrik is.

In kort, IOM verskaf vliegkaartjies aan mense wat immigreer (hoewel nie noodwendig in die volle sin van die woord nie) Jy kan ook by hulle kaartjies koop op 'n 457 visa. die kaartjies kos amper helfte die prys van gewone kaartjies, en jy kry 'n dubbel bagasie lading. Absoluut die moeite werd!

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

If you search in the forum under 'container' you will get lots of info. We are using Magna International.

Regards, Bronwyn

We are also planning on using Magna. There is no garuantee that there will not be problems, but they do seem to be the best. We went to an info meeting that they presented and got a very good vibe - they seem to know their business and were very helpful so far.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...