Jump to content

Paaie in Australie


5vannemerwea

Recommended Posts

Goeie genade, kan jy dit oorvertel. Hier sit ons al enkeldiep in die jaar 2009. Wie sou kon se dat 2008 so vinnig verby sou vlieg. Weet julle wat, ek glo nie regig daar in nie en ek weet dit werk nie regtig nie maar, hierdie jaar ............

Hoeveel van ons het aan die begin van 2008 gese dat ons voor einde 2008 in Australie wil wees? Ek was een van hulle. Om die eerlike waarheid te se, ek en vroutjie het die aand van 30 Desember 2007 die eerste keer besluit om ons vlerke te sprei en ander weivelde te soek. Daardie besluit is grotendeels uit moedeloosheid geneem. Ons het besef dat die huidige weivelde is opgevreet en vernietig en die bietjie wat oor is laat veel te wense oor. Julle weet waarvan ek praat. Wel, so stap ons Hemelse Vader met elkeen van ons 'n pad, 'n pad wat HY in sy alwysheid al toentertyd bereken en beplan het, fyn beplan het. Einde Januarie toe is ons sake gereel en die visa aansoek is in proses. Ek moet erken, as ek daardie tyd nie hierdie forum ontdek het nie dan was ek vandag dalk eerder in groendakkies as in Kangarooland. Aag, wie stel nou belang in die hele ou storie van gemengde gevoelens, al die baie vrae en vrae wat net eenvoudig net nie ophou nie. Antwoorde wat, behalwe vir die forum, maar soms moeilik kan wees om uit te krap. Ons almal gaan deur daardie simpel tydperk - glad nie lekker nie. Wel, dit was nie vir my nie.

Tog, nou as ek terug dink dan maak dit nie meer so erg saak nie. Al die wonder, skuldgevoelens en emosies wat ek nie geweet het bestaan nie en ek seker is nog nie name het nie. Die uitkruiery as veraaier, die "julle laat ons in die steek" beskuldigings, selfs die dominee wat een Sondag teen ons gepreek het. Nou pla dit my nie meer nie, ek voel soos 'n olifant met twee velle, dik velle!!! Ek het nou maar eenmaal Australie beleef en ek is tevrede met my besluit. Die plek klim gou onder ‘n mens se vel in. Dit was verseker al die drama werd. Julle weet al die... aaag, kyk net. Amper begin ek al weer met die gesanik!!!! Sukkel soms om my kop bymekaar te hou met twee woelige kindertjies wat om 'n mens karjakker.

Gepraat van kinders. My forumnaam is 4vannemerwes. Ek het dit so gekies omdat vroutjie destyds met ons tweede enetjie swanger was. Wel, die is nou gebore en sy was vier maande oud toe ons gevlieg het. Wel, streng gesproke moet ek nou weer my forumnaam verander. Die keer na 5vannemerwes. Moenie vrae vra nie, ek weet van niks. So gelyktydig met die werelwye finasiele krisis. Hoe dit ook al sy, die enetjie word verwag om einde April die wereld te ontmoed. Die keer nog 'n dogterjie. Lyk my as hulle eers begin dan hou hulle nie op nie. Die nuus het ons so onkant gevang dat ons nou na 23 weke van swangerskap nog steeds nie op 'n naam kon besluit nie. Dink nog oor die storie, ons het al hope naamboeke deurgelees, die inernet deurgesoek, al die familie name van beide kante gelys. Alle opsies oorweeg, gemeet, gepas en gelas. Niks. Dan wonder my liewe en geagte mede-forumiete hoekom ons so stil was die laaste tyd? Ghhmmff.

Dit het ons genoop om sommer dadelik ons aansoek vir ons PR in te sit. Die papiere is in plek en in die week word ons aansoek ingestuur. Hou saam met ons duim vas. Vroutjie moet nog haar IELTS doen en dan behoort ons reg te wees. Die weet ons nog nie waar en wanneer nie aangesien ons nie weet waar ons wanneer gaan wees nie. Opwindend, ne? Oor die betaling van die aansoek en die agentfooie brei ek liewer nie uit nie - inligting wat sensitiewe lesers mag ontstel. Ai, kyk waar trek ek nou al weer. Dit is glad nie waaroor ek wil gesels nie. Regte ou boertjie, altyd aan die trek. Voortrek, saam trek, weg trek, dwars trek maar hopenlik nie onttrek of terug trek nie.

Ons het vir die Desember lekker by die see in Brisbane gaan kuier. Hier het ek my hart verloor. Hier, het ek vir vroutjie gese, net hier wil ek bly. Ek hou van die plek se weer en atmosfeer en dit is mooi hier. Nou moet ek my PR kry en dan moet ek iewers een van die Ozzies oortuig tot wat die boertjie instaat is. Dan is ek 'n "bananabender" soos hulle spottenderwys na Queenslanders verwys.

Ja nee, ek het my kop oopgemaak. Dit was die beste besluit nog om Australie toe te trek. Soek iemand nog verdere oortuiging? Wel, hier kom dit.

Ons het die twee maande wat ons in Brisbane was heelwat mede oud-Suid Afrikaners ontmoed. Sommige het ons sommer iewers op 'n strand raak geloop of in 'n winkel. Julle loop by makaar verby en hoor dat hulle jou moedertaal praat. Net daar word gegroet soos ou vriende mekaar groet. Julle gesels land en sand. Binne vyf minute weet almal omtrent alles van elkeen af. Wie hy is, waar hy vandaan kom, hoe lank is hy al “hierâ€, watter werk hy doen en op watter visa is hy hier. Dan gaan die gesprekke oor hoe baie “van ons is hierâ€, hoe almal klippe kou vir twee jaar en dan gaan dit goed. Dan kom die deel waarvan ek niks hou nie, hoe sleg dit in RSA gaan, hoekom het jy getrek. “Jy weet, een van my vriende het eenkeer, sommer helder oor dag……..†So gaan dit aan. Ek hou niks van die deel van die gesprekke nie. Dit laat my altyd dink aan wat ons Meester vir Sy dissipels gese het dat die een wat sy hand aan die ploeg slaan en terug kyk nie die Koninkryk werd is nie. Nee, ek hou van Paulus se benadering, strek my uit na wat voor is en slaan soos een wat nie mis slaan nie.

Dit is asof die Suid-Afrikaners hier die lewe anders benader. Hulle gee om vir mekaar. Hulle gaan uit hul pad uit om ‘n ander te help en te ondersteun in alle opsigte. Gesles maar so bietjie rond en jy sal stories hoor wat jou ‘n lekkerkry in jou hart laat kry. ‘n Lekkerkry wat jou glimlag laat lyk soos pasgetroudes s’n op wittebrood. Lekker man, baie lekker. Hier maak dit nie meer saak watterkant van die Groot rivier jou voorgeslagte vaandaan kom nie, of jy ‘n GP, NW of FS nommerplaat het nie. Hier is eensgesindheid en samehorigheid. Al waar daar onmiddelike konflik ontstaan is wanneer een of ander ou aankondig hoe trotse Bloubul ondersteuner hy is. Dan bars daar pandemonium los. Ek stel my voor dit moet wees soos destyds toe daardie pawiljoen met ‘n klomp sokkertoeskouers ineen gestort het. Alles is onder beheer en dan ewe skielig is alles chaos. Dan gaan dit soos altyd, ‘n mens skree mos nie vir die bulle nie, jy skree op julle!!! Nou het ek darem ‘n paar ouens lekker opgewerk!!!

Weet julle wat verstom my die meeste van Australie? Behalwe dat dit veilig, mooi en georganiseerd is, alles werk en is netjies. Ons het in die ses maande wat ons hier is al heelwat kilmoterers afgele. Sommer vir die lekker en ook vir die werk. Selfs al kom ‘n mens in ‘n klein plattelandse dorpie iewers doer anderkant, daar waar dit ver is, dan is die parke netjies en versorg. Die badkamers blink, toilette is heel en daar is genoeg toiletpapier. Die gras is gesny en die eettafel en bankies is skoon en heel. So ent uit Brisbane uit in ‘n suidwestelike rigting is daar ‘n piekniekplek in die berge. So rusplek langs die pad. Die naaste dorp aan die piekniekplek is seker so 80 km. Hierdie piekniekplek kan jy deur ‘n ring trek. Dit is so ‘n belewenis dat ek seker 10 fotos net van die plekkie geneem het, die toilette ingesluit.

Die plekkie het ons ontdek op pad Traralgon toe vir die werk. Ja, ek werk weer vir ‘n slag. Met die tog he tons ontdek hoe masaal groot is die land wat ons Afrika weeskinders aangeneem het. Van die piekniekplek waar ek elke keer gaan stilhou ry ons suid. Warwick, Gooondiwindi, Moree en dan Narrabri. Dit is 600 km en ver genoeg vir eendag met die kinders. Dag twee bestorm ons Coonabarabran, Gilandra, Dubbo, deur Peak Hill na Parkes. Hier is ons net te laat om die jaarlikse Elvis fees raak te loop. Ons vang net die laaste doodsnikke. Ou pienk karre, daardie met die vlerkies agter, met wit wiele. Sjoe, pragtig. Selfs ‘n dame met ‘n ordentlike honeycomb. Parkes is ook bekend vir sy groot skottel wat destyds gebou is om die maanlanding te dek. Neem gerus een aand die fliek uit met die naam van “The dishâ€. Dit sal julle alles vertrel oor die skottel net so entjie buite Parkes. Baie goeie prent met lekker humor in. Wanneer julle in Australie kom, gaan kyk na die skottel.

Van Parkes af nog suid na Forbes, West Wyalong tot in Narrandera waar ons vir die tweede aand oorgeslaap het. Nog 600 km verder. Weereens genoeg vir een dag met die kinders.

In Forbes het ons balasting geld vir ons gewerk. Ons is afgetrek deur die polisie vir ‘n “random breath testâ€. Luister nou hierna. Die polisie mag teenwoordig is twee dames, bet hulle twee en niemand anders nie. Die een wys vir die voertuie om af te trek en die ander doen die asem toeste vir alkahol en dwels. Die dames is so vriendelik en bedagsaam dat ek skoon ongemaklik voel. Indien ek ongetroud was sou ek dalk so bietjie langer by die polisie tannie wou kuier. G’n hordes polisie manne wat rye en rye lank staan aan weerskante nie. Net die twee dames en hulle pas die wet toe en almal gehoorsaam. Dit is mos soos ‘n samelewing moet funksioneer. Wel, eintlik behoort dit nie nodig te wees om wetstoepassers te he nie maar, dit gaan ongelukkig nie nou al moontlik wees nie.

Ek kan miskien net ietsie oor die Australiese paaie noem. Hel, hulle ry lekker. Selfs die plattelandse paaie is en ‘n goeie toestand en skud net so mis soos wat enige snelweg sal wip en skud. Goed, nou nie heeltemal nie maar, dit is nie nodig om valstande uit te haal en die bra stywer te trek nie. Indien die pad growwerig is op ‘n plek dan is daar genoeg bordjies wat jou waarsku. Dan is dit gewoonlik nie eens so erg nie. Vier of vyf meter so growwerige opppervlak en daan gaat ons weer. Ek hoef nie eens aan die “cruise control†te raak nie. Op die hoofpaaie is orde en bedagsaamheid aan die orde van die dag. So erg dat my Suid-Afrikaanse bestuurstyl soms my na ‘n padvark laat lyk. Ek wonder hoe lank neem dit om regtig heeltemal te ontspan op die pad. Ek werk hard daaraan. Kry genoeg oefentyd.

Van Narrandera af na ons bestemming in Traralgon in Gippsland. Op die stukkie pad het ek baie lesse geleer. Nommer een: luister vir jou GPS tannie. Moenie slimmer probeer wees as sy in ‘n land en omgewing wat jy nie ken nie. Nommer twee: Die land is groot, vrek groot en wyd. Nommer drie: Hier pak jy nie sommer enige grondpad aan onvoorbereid is nie. Veral as dit langer as jou duim se breedte op die kaart is nie. Nog minder as die grondpad deur ‘n bergreeks loop nie.

Op die epiese tog het ons in die dorpie Mansfield gestop. Die “High Country†en die gebied waar die rolprent “The man from Snowy River†gemaak is. Nog ‘n fliek wat jy moet sien as jy dit nie alreeds die laaste jaar gesien het nie, so nie kyk hom weer. Hierdie is in die winter ‘n ski paradys. Die Snowy Range wat deel vorm van die Great Dividing Range. Julle dink die Kaapse berge of die Namakwa berge is groot? Kom kyk hier!! Die omgewing is ongelooflik mooi. Dit is beslis die moeite werd om die tog aan te pak. Wees net gewaarsku, ek sou nie die pad met ‘n gewone kar aanpak nie. ‘n Bakkie of ‘n ding sal beter wees. In die winter kan ek nie dink dat enigiets buiten ‘n 4x4 hier sal kan ry nie weens die sneeu. Om ‘n lang storie kort te maak. ’n 300km draai later, vier en ‘n half ure agter ons beplande tyd en teen gemiddeld 12 draaie per kilometer (as dit goed gaan) is ons weer op ‘n snelweg op pad Traralgon toe. Ek verstaan nou die wysheid en insig in CJ Langenhoven se woorde: “Pasop vir kortpaaie, hoekom is die oorspronklike pad dan daar?†Waar en wys. Slim man daardie gewees.

So, ons is nou in Traralgon en dinge begin terugkeer na normal na die vakansie. Ek moet werk, ma maak kos, kinders word groot en ons wonder al klaar wat gaan ons hierdie komende Desember maak.

Link to comment
Share on other sites

Mensig, dankie vir die lekker geselsie. Het ook al gewonder hoe lyk die paaie en of die plek regtig so skoon is.

Link to comment
Share on other sites

Wow, 4vannemerwes - skies, 5vannemerwes :blush: !! Baie welkom terug op die forum, ons het julle so baie gemis ! Weereens 'n heerlike leesavontuur ! So julle sê Australië het toe wraggies regte, regte berge ? Neem asseblief vir ons foto's, want Google Earth wil dit nie baie mooi wys nie !

Link to comment
Share on other sites

Dit was nou 'n great post! Baie dankie. Ek hoop om julle te ontmoet daar in Brisbane vroeg in 2010.

Jimmy

Link to comment
Share on other sites

Mnr vannemerwe,

Ek weet nie in watse beroep jy is nie maar oorweeg gerus om 'n skrywer te word. Great leesstof!

Link to comment
Share on other sites

Baie geluk met die nuwe aankomeling. Jy het my nooit eens laat weet as ons ge-pm het nie? Se asb vir vroulief BAIE geluk. Een van die dae is dit die 6 Van der Merwes???? LOL

Dankie vir die lekker lees en al die inligting. Jy weet net hoe om lesers se aandag te hou.

Link to comment
Share on other sites

Mnr vannemerwe,

Ek weet nie in watse beroep jy is nie maar oorweeg gerus om 'n skrywer te word. Great leesstof!

Stem saam.

Jy skryf so lekker ek het sommer lus vir n Ozzie Roadtrip. Dankie

Link to comment
Share on other sites

Nog maar, dan is geluk verseker in orde.... Baie geluk julle!!!

Ek is tog te bly om te hoor dat daar nog so paar SA meisiekinders gebore word, dit beteken dat die kanse groot raak dat een van my 3 seuns n egte SA vroutjie sal kan trou eendag, SA vroutjies is maar net so bietjie meer spesiaal, ek hoop hulle is nog oor 10 jaar net so spesiaal!

Ek is nou so opgewonde om Brisbane toe te gaan, kan nie wag vir Stephen se eerste welverdiende verlof nie, ek wil so graag ook al die mooi plekkies sien buite ons onmiddelike omgewing wat alreeds asemrowend mooi is. Was die naweek kus toe en al die plekkies noord van Bateman´s Bay gaan ´explore´. Die see is net pragtig.

Dankie vir die ´great´ leesstof, ek mis glad nie eers die afrikaanse tydskrifte nie, ek lees net jou posts.... :ilikeit:

Groete,

Louise

Link to comment
Share on other sites

Ek stem saam Brisbane klim vinning onder jou vel. Ek was al in Sydney maar daai eerste keer to ek voet sit in Brisbane to kry ek 'n lekker warm gevoel en besluit toe dis waar ek wil bly!

Link to comment
Share on other sites

As daar een ding is wat my opgeval het in al dié Van der Merwe se bydraes, dan is dit die besonderse, positiewe gesindheid wat hy aan die dag lê. Niks is te veel nie - alles is goed.

Martin, jou soort is dun gesaai. Jy werk hard, maar jy kla nie. Jy en jou wederhelfte ry kilometers ver agter die volgende "job" aan, maar julle verknies julle nie. Ek kan die verwondering oor jou nuwe omgewing, en jou waardering daaarvoor, "voel" wanneer ek jou bydraes lees. Julle geniet julself en is bly oor al die lekker en mooi rondom julle.

Miskien moet julle die nuwe dogtertjie "Joy" noem.

4vandermerwes, julle gesindheid teenoor die lewe is wraggies iets om na te streef. Sterkte met julle PR-aansoek. :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Jip, ek stem: Tirsa, wat beteken: vreugde. Want dit is wat dié gesin het: VREUGDE !!

Link to comment
Share on other sites

Raakgevat, soos altyd, Martin. Weet jy, Brissie het ons ook gevang, hook line and sinker. Maar ons het die vermoe weens manlief se werksomstandighede om bietjie uit te wyk, so Bribie doen die ding vir ons.

Dis lieflik hier, kom kyk bietjie.

Kiti

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die post... dit maak my sommer nog liewer vir hiedie nuwe land van ons.

As julle ooit eendag in Melbourne is laat weet... dan gaan wys ons vir julle Sherbrooke Forest en die Dandenongs.

Link to comment
Share on other sites

Wow, dit was regtig 'n baie mooi stukkie skryfwerk.

Baie baie geluk met die nuwe bondeltjie vreugde wat vinnig vinnig haar verskyning gaan maak. Ek steem saam Janneman, Joy kan nie meer gepas wees nie. Ek het sommer trane in my oe.

Link to comment
Share on other sites

Best wishes with the 5th Van! What about Sheila or Bruce as a name? (Just joking!!!, unless of course anyone on the forum is called Sheila or Bruce or has kids with those names, then of course they are lovely!

Link to comment
Share on other sites

Julle klink so gelukkig! Ek is so bly vir julle.

Ons het ook 'n laaang pad gery (ook vir 'n nuwe werk), en ek kan nou nog nie glo hoe fantasties die toestand vd paaie is nie. Ons het laas week 3,700km gery, en ons het nie een enkele pothole gesien nie, (ons het spesiaal uitgekyk daarvoor) nie eers in die mees 'remote' areas in die Pilbara en die Kimberly nie. Daar was een plek waar die kant vd pad bietjie weggespoel het maar hulle was besig om dit reg te maak! Ek het ook nou eers werklik besef hoe groot die land is. Ons het sowat 3,700km gery en ons was nie eers uit WA nie!!!

Ek hoop dat julle nuwe geskenkie uit die hemel vir julle baie vreugte gaan bring!

Groete,

Jeanne

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...