Jump to content

Marley and Me


domino

Recommended Posts

Vandag was 'n lekker dag! Nie so warm soos die ander dae nie! So dit was natuurlik 'n goeie dag vir Movies! Ons het cinema's toe gery baie lekker en toe besluit op Marley and Me, natuurlik het ek al my popcorn en coke klaar gedrink voor ek in die fliek in gekom het maar dit is 'n ander storie! Lang storie kort... wat 'n great fliek!

Gaan oor mense wat verlief raak op 'n ou hondjie wat hulle gekry het in 'n tyd in hulle lewe wat daar maar baie nuwe besluite is om te maak.

Hier is so ou woefie hier waar ons bly, nie myne nie, maar sy gaan maar van die een mense se huis na die ander. Die "baas" van die hondjie 'n suid-afrikaner familie het ongelukig in woonstel blokke in getrek en kan nie nou die woefie by hulle hou nie, sy (peanut) is toe na die tiener dogter se boyfriend toe, hulle het wel 'n erf, so definitief beter vir 'n ou hondjie.

Die lot het toe laas desember in Suid-Afrika gaan kuier vir familie en los toe vir peanut in die sorg van 'n ander "persoon" (ons noem hom persoon want dis wat hy is - geen maniere geen niks - maar inelkgeval) Kon nie genoeg hoor van die persoon hoe lief die hondjie is vir hom nie (ok big deal, who cares?) Maar "persoon" het toe ook weg gegaan vir 'n week en die hondjie is toe aan "gepass" na my toe, ja dis nou al die derde keer en die baas is tien teen een onbewus - wat hulle ook nie regtig pla nie! Ons het baie lekker gekuier met die hondjie, gespeel en darem 'n lekker was gegee nadat die "persoon" haar gebad het my shampoo wat parfume en al sulke snaakse goed in het moes ek haar(Peanut) se ou vel 'n rus kans gee ek het ook toe vir die persoon laat weet dat 'n mens wel honde was met honde shampoo hoe moeilik kan dit wees?? Na lang gepraat het ons gedink wel blykbaar wil niemand regtig die ou hondjie he nie, ons sal die "baas" bel, dalk soek hulle vir haar 'n huis. Maar net soos die persoon is, het hy besluit om ons nie die geluk te gee nie en wil nie die "baas" se nommer aan ons gee nie, niemand wil haar he nie, maar ek wat wel wil ... kry nie 'n kans nie.

Dis baie lekker om nie altyd te dink aan 'n hondjie by die huis nie, veral as 'n mens wil weg gaan, maar soos mense altyd se, only a dog is loyal, en dis baie waar.

Dis amazing om by die deur in te loop en Peanut storm op jou af en spring op en af, blaf en gaan aan asof sy die honde lotto gewen het! Dit bring dadelik 'n groot glimlag op jou gesig! hoe kan dit nie??

So hou duim vas! die fight vir Peanut gaan begin!

Kyk gerus Marley and Me, gaan jou wil huis toe gaan en jou hondjie wil styf vas hou!

Groete!

;)

Link to comment
Share on other sites

Great, I hope you get the right to call Peanut your own! If you get too much uphill, you can always resort to the RSPCA, who knows perhaps they can get the information that you need to get hold of the owner!

Link to comment
Share on other sites

Domino, ek hou styf duimvas vir jou & Peanut!

Honde le my BAIE naby aan die hart, so ek verstaan 100% van waar af jy kom.

Jou storie laat my dink aan Andy Rooney wat gese het: "The average dog is a nicer person than the average person."

Link to comment
Share on other sites

BAIE BAIE Baie sterkte met die stryd vir Peanut.

Ek wil net so graag 'n hondjie he, maar ons wil oor 6 maande aus toe, so dis net eenvoudig nie moontlik nie. My hond bly by my ma-le in die vrystaat en my hele wese verlang elke dag na my brakkie (wat ek een keer 'n jaar sien.

Link to comment
Share on other sites

BAIE BAIE Baie sterkte met die stryd vir Peanut.

Ek wil net so graag 'n hondjie he, maar ons wil oor 6 maande aus toe, so dis net eenvoudig nie moontlik nie. My hond bly by my ma-le in die vrystaat en my hele wese verlang elke dag na my brakkie (wat ek een keer 'n jaar sien.

Ja shame nig, ons honde is omtrent al so oud soos joune, so ons gaan onse ou brakkies nie saam vat OZ toe nie, snik!!

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
Ja shame nig, ons honde is omtrent al so oud soos joune, so ons gaan onse ou brakkies nie saam vat OZ toe nie, snik!!

Hallo julle hondeliefhebbers,

Ag shame man, my hart bloei vir julle wat die arme goedjies moet agterlos daar anderkant. Meeste van ons is ook daardeur en al wat ons vandag oor het is die foto's en die memories van hulle.

En dan begin ons mos nou 'n nuwe lewe hier, nuwe kar, nuwe huis, meubels, vriende.....en dierekinders. Ek het vir my 'n ou baba hondeasempie gaan kry want ek wil my hond in Afrikaans leer oppies, sit en dagsê.....nie dat ek iets teen Engels het nie, ek is mos 2 talig, maar ek wil praat soos ek wil praat.

Ek weet van 'n vriendin, ook van doei kant en nou hierdie kant, wat vir haar 'n brakkie gaan haal het by die RSPCA. Ook op die nippertjie want sy dae was getel. Die ou dingetjie was seker so jaar oud hy is 'n weggooi enetjie. Vandag, spring hy deur 'n hoola hoop, sing saam op Who Let the Dogs Out....hy is glinsterblink van gesondheid en liefde. My vriendin het hope liefde om te gee......ek ook......julle ook. Hier êrens wag daar 'n dieredingetjie spesiaal net vir julle.

Domino, Peunut is vir jou bedoel....vat hom vir jou en basta met die res. BTW...mooi post D!

Ek het Marley and Me gehuil (nie gesien nie, gehuil), skoon vergeet om my popcorn te eet toe ek sien hy sukkel om so die trappe op te klim. Ek sal nie meer sê nie, vir die wat dit nie gesien het nie. As jou hartjie klein is en jy huil maklik............gaan sien maar nogtans die movie, vat net mans tissues saam.

Ek dink aan julle wat julle diere moet agterlos, dis hartseer en dis vreeslike opofferings wat ons maak ter wille van 'n goeie saak.

Sterkte julle!!

Link to comment
Share on other sites

Oh, i hope that you get Peanut! I have to leave my old dogs and although i have been lucky enough to get really good family homes for them where i know they will be loved, it breaks my heart. Especially when i have to explain to the kids why the dogs are going to stay behind. As soon as we are settled we will get another dog. I cant imagine raising my kids with no pets in the house, i think it helps to soften the soul and teach empathy. Anyway only a soft nose really helps when you are so upset that even your hubby wont do (especially if the reason you are upset is your hubby!! :lol:

Al

Link to comment
Share on other sites

Ek lees die topic, en die replies, maar nie die name nie. maar toe ek so lees van die hondjie wat sing en spring, toe weet ek sommer dis die lieflike Ringo. Ek hoef toe nie eens te lees dat dit jy is nie, B. Sorry ek sukkel om te tik want my Bella wil gaan slaap en le op my hande voor die keybord.

Gee vir Lols 'n drukkie.

Wou net se ek hoop uit my hart uit dat Peanut joune word, klink my julle is vir mekaar bedoel. Wonder of die veearts nie dalk hulle details het nie??? is hy gechip?

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Hoop als gaan goed en good luck vir die mense wat hulle woefies moet agterlaat in sa!

:ilikeit:

Edited by domino
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...