Jump to content

Waarheen wil God he moet ons gaan?


Ilani

Recommended Posts

Hi almal,

Ek en my man is nou al 6 jaar in Engeland. Ons weet ons wil nie permanent hier bly nie, maar ons weet ook nie of ons terug SA toe moet gaan of Australia toe nie. Ons lewe al vir 6 jaar met die idee dat alles hier in die UK net 'temporary' is, omdat ons weet ons nie hier wil bly nie.

Ons het die 7de Des 08 ons online application vir 175 na Australie gedoen. Ons het nog nie kinders nie, maar ons reken ons is die eerste generasie wat die 'punch' gaan moet vat om vir ons kinders 'n beter toekoms te gee, een wat hulle nie noodwendig in SA sal he nie.

As ons na die feite kyk, die ekonomie, die CRIME en werksgeleenthede, die koerante, dan se alles in ons koppe vir ons om Australie toe te gaan - alles maak dan sin. Maar...ons het Kersdag met my ouers geskype. My hele familie was daar, tot ooms en tannies, nefies en niggies. Toe ons klaar geskype het, het ek vir 'n half uur onbeheersd gehuil. Daai huil wat jy huil dat jy snik na die tyd! Ek het vir my man gevra of ek veraltyd so gaan voel op kersdag?

Ons kry dan nog bo-op dit verskillende boodskappe van God af. My man se gister hy het 'n podcast preek geluister waar God se ons moet nie in vrees lewe nie, dus dink hy ons moet huistoe gaan. Ek het dieselfde preek die vorige dag geluister en ek het gedink God bedoel ons moenie bang wees vir Australie toe gaan nie - Hy sal vir ons sorg.

Dis die 1ste Januarie 2009 en ons is so deurmekaar dat ons altwee baie af voel. In gaan ons inelkegeval nie om die draai van ons familie bly nie, want manlief gaan 'n job moet he en dit sal net in Jhb of Kaapstad wees. Ons ouers bly alby in die Karoo. Moet ons maar net terug gaan en gaan suffer onder die ekonomie en by ons ouers wees wat ons dalk 1 keer in 3-4 maande sal sien?

Mense se jy mis jou familie nog meer as jy eers kinders het, want wat van hulle oumas en oupas? Ek is 27 jaar oud en het nie gedink dat ek sulke groot besluite moet maak nie. Moet ons Australie toe gaan en as ons eendag 60 is, spyt wees oor die besluite wat ons gemaak het?

Ons se altyd, ons moet dankbaar wees vir wat ons het, nie wat ons nie het nie!!! God is SO goed vir ons. Ons bid vir antwoorde maar niks!

As daar enige iemand is wat iets kan voorstel, dan sal ons dit baie waardeer! Ons het ook gebed nodig asseblief!

Groete uit koue, grys London:

Ilani & Ohann

Link to comment
Share on other sites

Ja is maar baie moeilik. Julle moet dalk 'n LSD trip maak voor julle die besluit maak. Wanneer laas was julle in Suid-Afrika? As dit lanklaas was maak maar een soontoe ook. Die Vader sal vir julle deure oop maak.

Soms is daar nie 'n verkeerde besluit nie. Net een wat bietjie slegter is die ander een. Ek wil nie sê warheen julle moet gaan nie. Maar ek het gesê ek sal nooit SA verlaat nie. Tot ek my kinders gekry het.

Seën vir julle

Jacqueline

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle,

Ek wil net eerstens se dat NIEMAND kan vir julle die Wil van God se nie. (ek vermoed julle weet dit)

Geen antwoord is nie altyd NEE nie, partykeer is dit WAG(dis in my geval so)

My voorstel

1. Maak maar lysie van waarom julle wil gaan of waarom nie.

2. Besluit ook of julle wil gaan omdat julle nie in SA wil wees nie en waarom nie(dit sal jule later help as dinge moeilik lyk)

3. Dink aan die 1820 setlaars en die voortrekkers - dit was nie vir een van hulle "maklik" gewees of selfs finansieel voordelig om te skuif nie, maar hulle was meestal binne God se wil as mens nou terugkyk.

4. Onthou God se pad is nie altyd die maklike pad nie, maar dis altyd oor die langer termyn die beste pad.

5. Begin julle voelers uitsteek miskien met 457 ingedagte en kyk hoe Hy lei.

6. Praat nou-al met die familie oor julle bekommernisse - klink weird maar dan kan almal solank hulle insette lewer en kan julle rustig julle mind-opmaak

7. Kyk na julle toekoms asook julle kroos wat moet volg - baiekeer is God se wil baie meer prakties as wat mens wil dink. Kyk ook gerus in die Bybel na mense wat verkuif het veral in die Ou Testament. Ek dink aan Josef en Maria wat vir 2 jr Egipte toe is om Jesus te beskerm ens. Hulle het nie gewag dat God hulle moes beskerm nie, maar het iets gedoen aan die saak.

8. Hou aan bid - God is nooit so haastig soos ons nie, maar Sy horlosie is dikwels baie stadiger as ons s'n. ("He might be slow but God is allways ontime")

Sterkte - en weet dat julle nie alleen in hierdie bootjie is nie - Ons hier op die forum is lekker klomp wat bekaar ondersteun en selfs lekker kan stry, maar dis mos wat families doen...

Link to comment
Share on other sites

Ek stem, dit is 'n baie moeilike besluit om te maak. Al voorstel wat ek het is indien julle lanklaas in SA was, reel om 'n tyd daar te spandeer, sodat julle met insien die besluit kan aanpak.

Ek het 'n broerskind en sy vrou wat in die USA gebly het, hy het fantastiese werk gehad en sy was 'n huismoeder, eie huis besit en die lewe het goed geluik. Toe kom dit dat die verlange vir haar te groot word, hulle het sak en pak opgepak en terug SA toe. Ses maande later het hulle besef dat hulle die grootste vout gemaak het, toe begin hulle maar weer van voor af met die immigrasie storie en nou is hulle in Aus.

Ek bid vir julle!

Link to comment
Share on other sites

Ja, ons moenie in vrees lewe nie, maar ek voel jy sal in vrees lewe in SA. As julle in elk geval nie naby familie sal kan bly nie, dan help dit nie julle gaan terug SA toe nie. AFstand is relatief. Julle kan altyd teruggaan vir vakansie. As jy kinders kry, kan julle die oumas en oupas invlieg om te kom kuier. Die kinders sou dan in elk geval nie vir hulle elke dag gesien het nie. As iets amper 'n dag se ry is... dis net sowel 'n vlieg trip.

Ons het in Pretoria gebly. My ouers in die Kaap. Ek was gelukkig as hulle my kinders een keer 'n jaar gesien het. Daar is nie 'n verskil tussen 2000km en 20 000km nie.

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal,

Dankie julle vir al die ondersteuning en bemoediging! Ons het dit regtig nodig! 2009 het maar met swaar gevoelens in ons harte begin. Ons herinner ons heeltyd aan die 'groter prentjie' wat God vir ons bedoel het.

Daar is mense wat baie groter probleme as ons het. Ons het nog nooit honger of koud gaan slaap nie - so ons het baie om voor dankbaar te wees!

Ek weet ons is besig om die regte besluit te maak - dis net moeilik om jou hart te oortuig!

Dankie vir al die gebede!

Liefde,

Ilani

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal,

Dankie julle vir al die ondersteuning en bemoediging! Ons het dit regtig nodig! 2009 het maar met swaar gevoelens in ons harte begin. Ons herinner ons heeltyd aan die 'groter prentjie' wat God vir ons bedoel het.

Daar is mense wat baie groter probleme as ons het. Ons het nog nooit honger of koud gaan slaap nie - so ons het baie om voor dankbaar te wees!

Ek weet ons is besig om die regte besluit te maak - dis net moeilik om jou hart te oortuig!

Dankie vir al die gebede!

Liefde,

Ilani

Hallo Ilani

As julle ons kinders was het ons julle afgeraai om in SA te vestig, hier is tans veel meer onsekerhede en bedreiginge as in Australie, uitgesluit die ekonomie wat wereldwyd dieselfde tendense toon. Gebruik jul gesonde verstand waarmee ons Hemelse Vader julle geseen het en neem die mees verantwoordelike besluit binne huidige omstandighede. Ons hou van Louw se wenke en stem saam met diegene wat julle aanmoedig om God volhardend te vertrou, ook in rasionele, logiese beredening van jul keuses. Omgord die lendene van julle verstand, julle bemin Hom immers ook met julle hele verstand. Mag julle dan ook soos Job by die Here hoor: "Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou wee skyn 'n lig." (Job 22:21-30).

Aktief55+

Link to comment
Share on other sites

Ek voel presies soos Jacqueline. Ek en my man was ook altyd van die mense wat gedink het ons sal ALTYD in SA bly en hoe wonderlik SA is en hoe goed dinge verander het.

TOT ons kinders gehad het!

Link to comment
Share on other sites

Doen wat jul dink vir jul die beste gaan wees. Almal kan raad gee, maar as jy nie so voel nie, sal dit nie vir jou werk. Baie mense kan die aanpassing maak in Oz of n ander land en ander weer glad nie. Hul sal maar eerder in die crime volle land van Sa saam hul familie wil wees en bid elke dag dat dinge moet uitwerk. Bid, bid, bid en dit sal als vir jul uitwerk! Hoop jul maak die regte besluit. My niggie was nou vir n jaar in London en het besluit om terug te gaan Sa toe net omdat sy die weer en sonder familie nie kon hanteer. Sterkte, Cecile

Link to comment
Share on other sites

Ja glo my, ons het almal daardie stryd tussen dit wat jou hart voel en dit wat jou verstand redeneer. Altwee het reg, maar ons mag nooit dat ons emosies die hele tyd voortou neem nie. Emosies verander te gou en is eintlik meer reaktief as wat ons besef. 'n Verhaaltjie som vir my baie mooi op van hoe God jou lei: 'n vrou het eenkeer Israel toe gegaan op 'n toer en sy wou so graag sien hoe die herder - volgens legende - die skape roep en lei. Die toerbus ry op 'n stadium verby 'n trop skape wat verward vorentoe storm en hierdiekant en daardiekant toe gejaag word deur 'n persoon wat agter hulle aanhardloop en skree. Teleurgesteld vra die vrou die toergids wat dan die storie is, sy het anders gehoor ? Die toergids antwoord: mevrou, daardie man is nie die herder nie. Hy is die slagter. Net so is dit in ons lewens. Die skape ken die stem van die Herder, en wat is die gevolg van daardie stem wat jou roep ? Sekerheid, vrede, rustigheid en 'n ervaring van ek-weet-waarheen-ek-gaan. As enige besluit of gedagte jou onrustig stem, is dit die slagter, die mensemoordenaar, wat jou jaag. Oortuiging deur die Heilige Gees is 'n vredevolle oortuiging of aandrang in jou hart. Die Satan kan jou nie oortuig nie, hy probeer jou jaag in die rigting wat hy jou wil jaag, want jy ken nie sy stem nie, so hy moet jaag. Volg die pad wat vir jou vrede in jou hart gee na jy daaroor gebid het, die gejaagde, onrustige stem agter jou wat jou ontstel en uitput nie.

Dit is waar die lysie-makery handig inkom. Kyk hoeveel van jou redes om te skuif logies is en hoeveel is emosioneel/sentimenteel ? Emosies en sentiment sal sorg dat ons nooit uit SA trek nie, want ons sal die berge, bekende dinge, vriende mis. Logika sê kanse bestaan dat ons binnekort nie uit ons huise sal kan kom nie (soos in Tvl reeds die geval is), dat ons nie sal kan bekostig om die kinders by Oupa en Ouma te kry vir 'n kuier nie, dat van ons en/of ons vriende slagoffers van enige vorm van kriminele dade kan wees (mag God ons bewaar daarvan).

Ons kan altyd eendag terugkom. Maar huidiglik is dit, veral met klein kindertjies, nie logies om hier te bly nie.

MHO

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle,

Ek wil net eerstens se dat NIEMAND kan vir julle die Wil van God se nie. (ek vermoed julle weet dit)

Geen antwoord is nie altyd NEE nie, partykeer is dit WAG(dis in my geval so)

My voorstel

1. Maak maar lysie van waarom julle wil gaan of waarom nie.

2. Besluit ook of julle wil gaan omdat julle nie in SA wil wees nie en waarom nie(dit sal jule later help as dinge moeilik lyk)

3. Dink aan die 1820 setlaars en die voortrekkers - dit was nie vir een van hulle "maklik" gewees of selfs finansieel voordelig om te skuif nie, maar hulle was meestal binne God se wil as mens nou terugkyk.

4. Onthou God se pad is nie altyd die maklike pad nie, maar dis altyd oor die langer termyn die beste pad.

5. Begin julle voelers uitsteek miskien met 457 ingedagte en kyk hoe Hy lei.

6. Praat nou-al met die familie oor julle bekommernisse - klink weird maar dan kan almal solank hulle insette lewer en kan julle rustig julle mind-opmaak

7. Kyk na julle toekoms asook julle kroos wat moet volg - baiekeer is God se wil baie meer prakties as wat mens wil dink. Kyk ook gerus in die Bybel na mense wat verkuif het veral in die Ou Testament. Ek dink aan Josef en Maria wat vir 2 jr Egipte toe is om Jesus te beskerm ens. Hulle het nie gewag dat God hulle moes beskerm nie, maar het iets gedoen aan die saak.

8. Hou aan bid - God is nooit so haastig soos ons nie, maar Sy horlosie is dikwels baie stadiger as ons s'n. ("He might be slow but God is allways ontime")

Sterkte - en weet dat julle nie alleen in hierdie bootjie is nie - Ons hier op die forum is lekker klomp wat bekaar ondersteun en selfs lekker kan stry, maar dis mos wat families doen...

die pos van Louw het vir ons vandag ook baie beteken...dankie!

ons moet ook besluit tussen langer bly in die UK of oorgaan na oz, werk en die ekonomie beinvloed dinge baie. Is baie onseker op die oomblik. Ons gaan maar ons 175 ingooi in Feb09 maar is nie seker oor Oz nie. Ilani ons dink aan julle. PM my as jy wil.

groete

Link to comment
Share on other sites

Ilani en Maplasies sterkte met julle besluit! Julle is op die regte pad deur die Here se hulp te vra. Ek glo die Here sal deure vir jul oopmaak....waarheen Hy jul ookal wil neem. Ek persoonlik dink die Here gee nie werklik om waar ons ons vestig nie, solank ons net Sy Naam verheerlik.

Ons is steeds in Pretoria. Na donker gaan ons nie uit nie, nie omdat ek nie op die Here vertrou nie, maar dis maar net common sense dat jy nie moeilikheid daar buite gaan soek nie. Ek sal nooit na n park of ontspannings plek sonder my man gaan nie. Dit voel net of mens nie genoeg oe het om na die kiddies te kyk nie. My kinders speel nie in die strate nie, want die mense ry soos hul wil. Daar is geen wet en orde nie. Ek dink n LSD trippie na SA sal julle help in die besluit.

BasinOzson

Edited by BasinOzson
Link to comment
Share on other sites

Liewe Ilani

Buiten almal se goeie raad soos hierbo, is julle alreeds op die regte pad deur hierdie 'n gebedssaak te maak. My broer en sy gesin het ook dieselfde gedoen. Hulle bly in SA, wou nog nooit vroeer SA verlaat nie, het einde laas jaar die besluit gemaak, was baie onseker oor die hele affere, MAAR, het dit ook 'n gebedssaak gemaak, en alles het so perfek in plek geval met hul proses, dat hulle alreeds oor 'n week Perth toe kom.

Ek en my man was ook onderskeidelik 8 en 10 jaar "tydelik" in Engeland. Sou seker daar kon bly, totdat ons seuntjie gebore was. Die besluit om Aus toe te kom was maklik: 1. Beter opbrengs ek glo selfs weg van Engeland af. 2. Alhoewel jy nooit die gemis van jou familie afskud nie, julle het alreeds 6 jaar terug daardie "breek" gemaak, en Australie voel meer soos 'n adres verandering as immigrasie. 3. Kinders in die prentjie maak dit veel swaarder om weg te wees van familie, maar jou kinders se toekoms is jou prioriteit. En hierdie toekoms mag dalk wel Suid-Afrika wees as dit die Here se Wil is.

Hou aan om te bid!

Baie sterkte, B

Link to comment
Share on other sites

Australie is kinderhemel .. dis verseker!! My twee jol hulleself moeg en die aussies weet hoe om pret te he. So aan feeste en dinge is daar nie n tekort nie. Werk is nog steeds volop en die lewe hier is goed. Wat se jou hart vir jou? Want dis waar God praat. Julle is nog jonk en die lewe le voor julle.

Bid , bid en bid nog en jy sal jou antwoord kry. HIerdie lewe is baie kort en partykeer dink ek ons verloor perspektief oor wat einltik belangrik is op die einde van die dag. ... To live for the glory of God.

Sterkte en ek bid vir julle

Blessings

Link to comment
Share on other sites

Hi There,

Sorry for the English but I'm faster at it than Afrikaans st the moment, I can understand your doubts, but like everyone else seems to have said Australia is a great place for children (at least we think Perth is) to grow up. I cannot see how God (whom I also believe in) would want you to put your entire family saftey and future at risk. Migration is not easy, but you know that, I can only ask that you look long term, which country has a definite future, which country can provide schooling, health care, safety etc etc. in your lifetime.

Good luck with your decision. I'm sure you'll be guided by God and the people he has directed to reply to your question.

Peace My friends

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...