Jump to content

16 Desember - Gelofte dag

Beukes Familie

Recommended Posts

Die Gelofte van Bloedrivier in Australië

16 Desember 1838 is opgeteken in Suid-Afrika se geskiedenis as die dag waarop die Slag van Bloedrivier

plaasgevind het toe bykans 9000 Zoeloe krygers ongeveer 450 Boere krygers in hulle laer aangeval het. Die

Boerekrygers het ‘n roemryke oorwinning behaal, nie uit hulle-self nie maar deur God se genade. Die Boerekrygers

onder aanvoering van Andries Pretorius het in die dae wat die slag voorafgegaan het, elke aand tydens

aandgodsdiens ernstig tot God gebid dat indien die vyand in hulle hande gegee word, hulle en hulle nageslag, die

dag sal onthou en eer.

‘n Gelofte is opgestel met die bewoording:

â€Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ‘n Gelofte te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons

vyand in ons hand gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n Dankdag, soos ‘n Sabbat, sal deurbring, en dat ons ‘n

Huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom sal behaag en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin

moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslag. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die

roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.â€

Toe dit duidelik word dat die slag gaan plaasvind en die Boerekrygers hulle-self in hulle laer aan die oewer van die

Ncomerivier verskans het, is die Gelofte elke aand wat hulle in die laer was, tydens aandgodsdiens voorgelees.

Daarna is die wagte uitgeplaas en die ander het gaan slaap.

U mag dalk wonder wat het Bloedrivier met ons in Australië te doen? Baie. Die Slag van Bloedrivier het nooit

opgehou nie. Elke geslag het sy eie Bloedrivier gehad. Ons in Suid-Afrika ook. Ook hier in Australië en enige ander

deel van die wêreld waar Boere Afrikaners en ander Suid-Afrikaners hulle ook al mag bevind. Die Gelofte is nou nog

net so van toepassing soos destyds. Die woorde mag miskien nie letterlik meer dieselfde wees nie maar die

boodskap van die Gelofte is wel.

As immigrante in ‘n vreemde land staan ons ook voor baie ‘vyande’, veral op kulturele, godsdienstige en

maatskaplike gebiede. Dit is so maklik om afvallig te raak. Ons kan ook tot God bid vir beskerming én dat dit met ons

voorspoedig sal gaan in ons nuwe land én dat ons magtig sal word. Ons kan weliswaar miskien nie ‘n huis oprig tot

Sy eer nie, maar ons kan sy Woord saam met ons bring en Sy woord met ons kinders deel tot nagedagtenis ook vir

die opkomende geslag. Ons vestig sy woord hier saam met ons en bou sodoende aan die Koninkryk van God.

Daarvoor kon ons ‘n kerkgebou oprig. Ons móét dit doen en dan sál ons voorspoedig én magtig wees.

En as dit met ons voorspoedig gaan soos die Israeliete van destyds in Egipte, en ons is magtig? Wie weet, miskien

vind ons genade in die oë van God en kan ons, of ons kinders, of ons kleinkinders weer terug gaan na ons

geboorteland, die land van hulle voorouers.

Tot dan toe behoort elkeen van ons in die buiteland se Gelofte as volg te lees:

“Hier staan ek voor die Heilige God van hemel en aarde om ‘n Gelofte te doen dat as Hy my en my gesin sal beskerm

teen die vyand, dit met ons voorspoedig sal gaan en dat ons magtig sal word, ons Sy naam sal eer en Sy ryk hier sal

uitbou en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis, ook vir die

opkomende geslag. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van ons welvaart en krag

aan Hom te gee.â€

Dit is ons lot as immigrante in ‘n vreemde land. Ons kan nie ons geskiedenis wil vergeet nie maar ons moet ook

eweneens aan ons aangenome land help bou. Dit moet ons doen met oorgawe. Met ons Drie Enige God se genade

kan ons altwee doen.

Vanjaar is die 170ste herdenking van die Slag van Bloedrivier.

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

[/quote)

Baie dankie Beukes-familie,

Ons het 'n baie besondere Geloftefees geleentheid vanjaar bygewoon by die Vrouemonument in Bloemfontein. Met ons kinders reeds in Oz het ek gewonder of hulle geesgenote daar gaan raakloop wat nog aan God die eer vir hierdie oorwinning gee. Groot was ons dankbaarheid toe ons verneem dat hulle 'n Geloftefeesdiens gaan bywoon het. Dit wil voorkom of daar 'n gedeeltelike volksverhuising na OZ plaasvind en mag dit gebeur dat die Afrikaanssprekende SAners wat daar vestig getrou sal blou aan die gelofte.

Seenwense

Aktief

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hi,

Ek weet dis nie heeltemal dieselfde nie, maar ek werk saam met 'n klompie ouens wat in die "Australian Forces" was, en hulle herdenk Remembrance Day, wat ook bekend staan as "Poppy Day" of "Armistice Day".

Ja dis nie 'n gelofte aflegging nie, maar hulle is baie ernistig om hulle gesneuwelde makkers te onthou.

Dit was 2 Nov 2008 gewees.

D B)

Link to comment
Share on other sites

Hierdie foto’s wat ek geneem het by die Voortrekker monument was vir my treffend:

Die Senotaaf

post-207-1231016561.jpg

‘n Uitbeelding van die Bloukrans, Moordspruit en Weenen moorde. Opmerklik dat almal, vrouens en kinders ook doodgemaak is en dat tydens die slag van Bloedrivier het Andries Pretorius en sy manne nie die vrouens en kinders aangeval het nie. Is ‘n deel van die geskiedenis besig om himself te herhaal?

post-207-1231016955.jpg

Die lewe van die Republiek van Natal was van korte duur. In 1843 annekseer Brittanje die land en in 1978 val hulle Zoeloeland in en annekseer die land in 1879. Daarna word 26 000 vroue en kinders in die Britse konsentrasie kampe vermoor tydens die oorloë wat volg.

post-207-1231017255.jpg

Edited by Dreams
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...