Jump to content

Die biddende vrou voor die Bank


Legalbuff
 Share

Recommended Posts

Nou ja.

Laat dit altyd aan LB oor om haar naam onherroeplik te vergat voor 'n nasie. Of dan, ten minste, 'n paar verteenwoordigers van die nasie.

Maar voor ek die kar voor die perde span, laat ek by die begin begin...

Gisteraand vertel manlief vir my, land en sand en in groot detail, van 'n jong vrou wat hy op die trein gesien het. Sy moes 'n ernstige val gehad het, of iets vreesliks oorgekom het aangesien haar hele knie potblou was. Hy kry haar vreeslik jammer. Volgens hom was dit meer soos haar hele onderste gedeelte van haar been, maar ek weet in die hitte van die storie kan mens partymaal so bietjie aandik, so ek laat dit daar. Ek sien al dis net 'n gewone bloukol en in my heiden hart dink ek, ja, seker nie eens regtig seer gewees nie.

Ek moes toe al geweet het die gode het dit IN vir my op hierdie Dinsdag.

Ek besluit toe middagete om bietjie af te wandel bank toe. Trek gou my hakke uit, flat skoentjies aan en kordaat wikkel ek af met die terrace. Vir die wat nou nie Perth bewoon nie, dis die hoofstraat waar al die main peanut kantoorgeboue is. Die vrouens is meestal vreeslik fancy - almal het 'n stad houding en gluur oor hulle donkerbrille vir mekaar. Ek voel maar erg geintimideer, maar is darem nou al 'n rukkie in omloop en raak dit gewoond.

Ek loop nogal so en obsess in my enigheid met my lyf. Julle weet mos hoe is 'n vrou. Daar is heelwat kilos te veel, hoe gaan ek dit afkry, as ek dit nie afkry nie gaan ek 'n diabeet word en net kort van daar af begin ek wonder hoe oud ek gaan wees voor ek blind word van diabetes ens ens ens. Geweldig positief, dink julle nie?

Ek het egter so 'n bietjie, soos ons favourite Heksie, vergeet dat wanneer my hakke uitgetrek is, is my broek langer. Langer as my flat skoene. Sug. Ek raak sommer weer rooi as ek daaraan dink.

Als het goed gegaan tot ek die trappies voor die bank aangevat het. Ek het nogals so 'n wip in die stap. Ek is daar op en toe gebeur dit. My broek haak aan my eie toon vas. Maar VAS. Maar die brein se boodskap dat die voet moet stop het nog nie gekliek nie, en voet wil vorentoe met ALLES in hom en AL daai ekstra kilos agter hom. En daar kom ek toe tot 'n baie abrupte stop voor die bank. En hoe val ek? Op beide kniee, soos een wat met mening hiernatoe gekom het om ernstige gebed op die bank se stoep te kom doen.

Nou ja - soos julle kan raai is daar GEEN manier om grasieus te recover van so iets af nie. Ek het maar net doodeenvoudig opgestaan. Gemaak of niks hoegenaamd verkeerd geloop het nie en die bank binnegestap. Daar gestaan met kniee wat klop en my besigheid gedoen.

Ek dink ek sien al klaar 'n blouigheid om die kniekoppe.

Dit sal my leer om te wonder of iemand anders dan nou REGTIG so seer het.

Link to comment
Share on other sites

:blush:

Jy moes miskien maar gevra het vir seen op jou finansies terwyl jy daar was in die regte posisie!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...